Sakelui in oord oorval, beroof

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Kaapse sakelui op besoek aan ʼn oord by Addo, noord van Port Elizabeth, is Woensdagoggend vroeg in hul chalets met vuurwapens gedreig en van klere, selfone en ʼn skootrekenaar beroof.

Kapt. Gerda Swart, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die plaaslike polisie in samewerking met beamptes van Uitenhage se polisiegroepering het ʼn soektog van stapel gestuur na die inbrekers wat by die oornagplek langs die R335 ingebreek en die sakelui met vuurwapens gedreig het.

Sy sê die inbrekers het blykbaar omstreeks 03:40 ruite gebreek om toegang tot die chalet te verkry. Nadat hulle waardevolle items geroof het, het hulle te voet weggekom. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

ʼn Saak van huisbraak word ondersoek. Swart sê die polisie volg alle moontlike leidrade op.

“Die polisiediens doen ʼn beroep op sake-eienaars om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp om hul besoekers te beveilig,” sê Swart.

Sy vra enigeen met inligting wat die polisie kan help, moet ao. Wouter Verwey by 084 846 2273 of Stop Misdaad se tolvry nommer by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

marous ·

Sake eienaars doen ‘n beroep op die polisie om hul werk te doen en die land se inwoners en gaste te beskerm …soos dit hoort.

Ronel ·

Ek het ook nou gesit en wonder hoe op aarde moet sake-eienaars nou vir hul mense se veiligheid verantwoordelik wees? Ek sou eerder sê die oord moet hul veiligheid verskerp deur bv die chalets beter te beveilig.

AW ·

“Most of the research thus far referred to, supports the averment that the police cannot prevent crime, at least not in a direct or primary capacity. Williams and Wagoner (1996:521) even go as far as stating that “there is sufficient evidence to support the assertion that any reduction of crime must come from outside the police” . (Page 62 & 63)

“The answer lies in a multidimensional and multi-agency approach, involving all stakeholders, from national (government) to logal government level, and including nongovernmental interest groups. (Page 63)

“Irrespective of the police’s position on the issue of crime prevention, it is clear that there is not much the police can do in any direct or primary sense to prevent crime and certainly they should not lead any coordinated effords aimed at preventing crime.” (Page 63 & 64)

Strategic perspectives on CRIME and POLICING In South Africa (Johan Burger- 2007)

Niklaas ·

Nou waar in Afrika is mens in staat om vreesloos vakansie te hou , sonder aanranding of diefstal ? Lyk my die eerste vrae aan besprekingskantore , moet wees rakende sekuriteit , nagwagte en alarms .

Christoffel ·

Mag die publiek nie weet presies in watter Addo kamp die inbraak gepleeg is nie?

Daffy ·

Christoffel, dis nie in die Addo Park self nie maar ‘n B&B in Addo dorp

Casper Labuschagne ·

Alhoewel dit ‘n stywe stap sal verg, is ten minste een grens van Addo steeds binne stap afstand vanaf die Motherwell township. Tog sou mens wou dink dat jy op sommige plekke veiliger sal wees as op ander, maar daardie voorreg van persoonlike veiligheid het ons nie meer in die land nie.

KanekVra? ·

Ek was al in verskeie oorde reg oor die land. Tensy jy nie lyfwagte het, wat jy en jou gesin oppas nie, is jy ‘n maklike teiken. Ons probeer in oorde bly met sekuriteit, ongelukkig is die mense wat juis inligting uitgee baie keer die mense, wat vir die sekuriteits firma werk, of oord werk. Ek is jammer wat met die sakemanne gebeur het, maar ongelukkig is dit nou die ” elite ” wat in sekuriteits ” Estates ” bly, en net die beste van als kan bekostig, die ouens wat seker maar veiliger is, as ons gewone mense.

Carlien ·

Net mooi nerens in hierdie land meer veilig nie!!! Ons is so misdaad deurdrenk en besmet met kriminele gedrag.. Ek is so lief vir my land maar goed keelvol vir al die misdaad.. Wanneer gaan dinge beter raak, dit kan nie langer so aangaan nie..

Nettie ·

@Carlien – wanneer gaan dinge beter raak? vra jy?

Wanneer ‘n sekere groep mense begin VERSTAND kry, dit werklik gebruik en besef dat SA nie OPPAD is na ‘n afgrond nie, maar lankal reeds VERBY daai afgrond is. Dinge sal eers beter raak as die groen-geel-swart nie meer aan beheer van daaglikse sake staan nie en dít, weet ons, sal nie maklik gebeur nie, want jy het die skaapkop-element wat, maak nie saak hoe sleg dit met hulle gaan nie, altyd groen-geel-swart sal stem.

Herman van Rensburg ·

Hoe het die boewe geweet die celebs is daar. Meeste van hierdie aksies gebeur wanneer “inside information” dit uitlaat.

AMMIE ·

Ons het Julie maand by Sondela Natuur reservaat Bela Bela (Warmbad) tuis gegaan in een van die huise waar ons die tweede nag van ons verblyf beroof was in die oggend ure en van ons waardevolle kameras en toebehore en nog items beroof was terwyl ons geslaap het. Ek glo ook dat dit definitief ‘n “inside job” is. Ons moet self met ons trauma deel en kry geen samewerking van die oord of sekuriteits firma nie alhoewel daar belowe was dat daar ‘n ondersoek sal wees en ons terugvoering sal kry. Niemand is nerens meer veilig nie en dit is jammer, want dit is sleg vir ons toeriste bedryf.

Karien ·

Die dokters sê altyd; jy het baie stress, jy kort n vakansie. Nou vra ek, hoe ontlaai mens jou spanning as jy nog meer gestress is waar jy nie sekuriteit het nie en n oop teiken is. Nee vat, tuis bly lyk my gaan die norm raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.