‘Sakelui, verbruikers betaal weer vir Eskom-foute’

Gerhard van Onselen. Foto: Sakeliga

Sakeliga het sy kommer uitgespreek oor Nersa se aankondiging van, effektief, ʼn 13,8%-verhoging in kragtariewe in 2019.

Nersa se 9,4%-verhoging op kragtariewe sal saam met ʼn 4,4%-verhoging met betrekking tot die regulatoriese aansuiweringsrekening (RAR) ingestel word. Hierdie kragtariefverhogings sal na verwagting op 1 April vanjaar in werking tree.

Sakeliga het gesê hy is bekommerd dat die goedgekeurde verhoging, hoewel minder as waarvoor Eskom aanvanklik aansoek gedoen het, Eskom steeds sal toelaat om vol te hou met sy gebrekkige sakemodel terwyl sakelui, verbruikers en belastingbetalers die koste dra.

“Uiteindelik beteken hierdie besluit dat besighede en gebruikers sal betaal vir die klaarblyklike korrupsie, diep gevestigde ondoeltreffendheid en strategiese foute wat die instelling tans kniehalter. Verder, deur Eskom in ʼn voorkeur-posisie in die elektrisiteitsmark te verskans, vertraag dit die ontwikkeling van gedesentraliseerde privaat-oplossings vir ʼn elektrisiteitskrisis wat besig is om tot ʼn spits gedryf te word,” aldus Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga.

Sakeliga meen die reguleerder voer ʼn verlore stryd. “Pogings om Eskom se besteding in te perk deur middel van prysvasstelling is, in die afwesigheid van goed funksionerende markte, ʼn onbegonne taak. Eskom se staatsgevestigde monopolie beteken dat verbruikers sal betaal vir die beplanningsfoute en nalatigheid van regeringsburokrasieë, hetsy deur tariefverhogings, belasting of verspilde ekonomiese geleenthede,” het Daniel du Plessis, regsontleder by Sakeliga, gesê.

Sakeliga meen dat hoewel pres. Cyril Ramaphosa se voorgenome opdeel van Eskom in drie afdelings, soos uiteengesit word in die tesourie se nasionale begrotingsoorsig, dalk ʼn stap in die regte rigting kan wees, dit te bevraagteken is of die proses maklik of eenvoudig sal wees. Die gevaar is dat Eskom se beoogde herstrukturering tot blote politieke speletjies verwater.

“Sonder ʼn werklike oopstel van die elektrisiteitsmark aan ware, direkte private deelname, deur die mark te bevry, deregulering en regshervorming, is daar min wat gedoen kan word om werklik die situasie te verbeter,” sluit Van Onselen af.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor energie, het ook gesê dit is ʼn skande dat die publiek weer die las moet dra van Eskom se verhoogde tarief om op te maak vir die wanbestuur by die kragvoorsiener.

“Daar is nou ook erken dat die nuwe peperduur kragsentrales Medupi en Kusile in werklikheid disfunksioneel is weens swak beplanning en bouwerk waarin korrupsie sonder twyfel ʼn baie groot rol gespeel het.”

Alberts het gesê Eskom sal moet optree en die diensverskaffers wat die sentrales opgerig het verantwoordbaar hou om die geld wat daar vermors is, te verhaal. “Dit kan nie van die belastingbetalers verwag word om hierdie rekening ook te dra nie.

“Verbruikers kan eenvoudig nie verder gemelk word deur verhogings vir die wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie wat alles kenmerk waarby die ANC betrokke is nie. Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers was slegs 0,8% in die laaste jaar. Die kragverhoging moet hierteen gemeet word.”

Intussen moet Eskom dringend optree om te sorg dat wanbetalers begin om uitstaande skulde te betaal, veral wat ʼn plek soos Soweto betref, het Alberts gesê. “Diensverskaffers wat ingevolge swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kontrakte gekry het, moet verantwoordelik gehou word vir hul swak diensverskaffing. Gelde wat aan dié diensverskaffers betaal is, moet verhaal word.

“Intussen sal onbillike verhogings soos dié van vandag daartoe lei dat verbruikers al hoe minder krag van Eskom sal gebruik, en toenemend planne sal beraam om selfvoorsienend te raak. Die skrif is aan die muur vir Eskom.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Willem Grobler ·

Ons is die slawe van hierdie onbeboegde regering wat die land wabestuur weens die sosialistiese struggle-kultuur wat steeds in die ANC hoogty vier. Hoe lank kan ons nog die melkkoeie van hierdie spul wees??

Michelle ·

En NIEMAND se en doen steeds niks aan Soweto nie. So ons ape hou hulle krag aan. Skandelik!!!

Jaco ·

Dis hoekom ek nou begin rondbel op kwotasies om my huis van die grid af te kry….n R120 000 verband op my huis gaan my omtrent R1200 n maand kos vir ongeveer 20 jaar se afbetaling aan my sonpanele en batterye, ek het klaar n gasstoof….R1200 n maand is aansienlik minder as my huidige verbruik van R2500 n maand….Eskom maak hierso n GROOT fout. Op die ou eind gaan hul enigste verbruikers die nie-betalers wees.

John ·

Soos Eskom destyds meer belang gestel het in miljarde uit plastieksakaankope en miljardjaargloeilampies vir elke huishouding soek hulle nog miljarde uit die volk en vaderland se spaarvarkies. Eskom aanbid homself en Nersa is sy handperdjie. Die vermoede bestaan dat nog ‘n paar duisend aanstellings gaan volg en nuwe terms vir bo triljoene/miljarde/legioene… en vir onder bank-rot/ kerk-muis/rommel-gespuis gevind sal moet word… en gou… anders sit ons in ‘n Venezuela-donkerte terwyl die nuwe reserwe-lose bank note druk vir Afrika…. bo-oor of onder deur… watwo….

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie aankondiging van Nersa en Eskom het natuurlik net ‘n invloed op diegene wat hulle rekeninge betaal…………Hier naby is ‘n massiewe informele nedersetting. Vir hulle beteken hierdie aankondiging absoluut niks……want hulle kry elektrisiteit van die straatligte, munisipale transformators en ondergrondse kabels………..die plek lyk behoorlik soos ‘n spinnerak. En ek en jy moet nou ‘n ekstra 13,8% betaal, want die politieke partye is te bang om daardie onwettige verbindings af te sny….. Ek moet begin aansoek doen vir ‘n lamppaal reg by my hek!!

C ·

Die helfte van die land sit reeds sonder krag en nou word tariewe weer verhoog! Die land sny sy eie keel af. Zimbabwe is ons voorland!

Marinda ·

Ons het ñ ander krag voorsiener nodig. Iemand wat Eskom kan wys hoe om die ligte aan te hou teen ñ prys wat ins almal kan bekostig.

Eugene ·

Sg “ Eskom route” Dis nie Fourie nie dis krimimineel van aard.

Talk talk ·

Behalwe om te sê wat fout is, wat gaan julle omtrent die foute doen? Ons weet nou al jare lank wat fout is, want julle sê dit al jare lank. Maar jare lank al, doen julle niks daaraan nie.

Annette ·

En so waar as feite! Die meerderheid stem vir die ANC wat dit aan SA doen!

Alida ·

Jaag die stelers en korruptes weg en stel bevoegde mense aan. Almal weet waar die fout le maar CR hou hom blind.

Duimpie se Maat ·

Hoop julle begroot vir minder krag verkope. Ons gaan van die netwerk af. Sal seker een van die dae hoor van son belasting ook.

Willie ·

As mens die bedrog en wanbesteeding in perspektief wil sien. 1 000 000 sekondes is 11,574 dae, n Biljoen sekondes 1000 000 000 sekondes 31,7 Jaar. Dink net hoeveel geld

D B ·

Mense, niks gaan verbeter nie, hierdie is net die begin. Kom van die “grid” af…

Piet parys ·

Die probleem is onbevoegde mense wat helse salarisse kry , (nie verdien nie ) EScom in die grond in bestuur . Dit beteken mense wat betaal ly aan die kortse end en die wat nie betaal nie lag lekker vir die wat wel betaal . Op plase betaal jy heffings van R 1600 voor enige kragverbruik . Met beurtkrag kry ek nie diens nie maar betaal daarvoor in die heffings . Admin fooie,network capacity , network demand , energy charge , ancillary service charge . So wat is volgende. BACKHAND CHARGES ??

Db ·

Wat vir my ‘n baie groot pyn is is die boodskappe wat mens kry om ‘n vorm in te vul dan sal daar saam met jou baklei word om Eskom pryse nie te verhoog nie. Wat het van hierdie mense geword en is daar al ooit baklei vir ons betalers – NEE!

GM ·

Db, ek glo daardie mense baklei wel vir ons, maar ek glo mens kan eerder met ‘n kind probeer redeneer as met die besluitmakers. Hulle weet ons sal aanhou betaal want ons is afhanklik van hulle. En die mense wat vir hulle saak maak tydens verkiesings, betaal nie vir krag nie. Diegene sien glad nie in dat kospryse ook styg as kragpryse opgaan nie. Anders sou hul al lankal bande gebrand het voor Eskom se deure.

ne ·

Julle onthou seker die wet van Transvaal! Betaal, betaal, sodat daar meer is om te vat, want dis die kultuur!

Frederik ·

Ons pensioenarisse sal hul krag maar afsit, want hulle sit nog met ons geld wat ons wanneer sal kry. Die verhooging is te veel vir ons. Ons verhooging per jaar is so tussen R10 en R70.
Veral as die regering nou al die pensioen gelde vir hulle wil vat om die land se skuld te betaal. ??????????

jan ·

Praat,praat,praaaaaaaaaaaaa…………..t niemand doen iets daar aan nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.