Sakeman beboet wat Jan Taks bedrieg

Argieffoto

Henry Samuel Hewitt (51) en sy maatskappy Pavati Trading het Donderdag in die Bloemfonteinse streekhof verskyn. Hy is skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van die Wet op Belastingadministrasie.

“ʼn Voorlopige ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Hewitt se bedrog onthul,” het kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê. Die SAID het tussen 2016 en 2020 verliese van meer as R2 miljoen gely.

“Die saak is by die Valke se eenheid in Bloemfontein, wat ernstige handelsmisdaad ondersoek, aangemeld. Hewitt is op 24 Mei 2021 met ʼn dagvaarding bedien. Hy het ʼn paar keer in die hof verskyn voor hy skuldig bevind is.”

Hewitt is agt jaar tronkstraf opgelê wat in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy die R2 miljoen aan die SAID terugbetaal deur middel van ʼn maandelikse paaiement van R30 000 totdat die geld terugbetaal is. Die maatskappy is met R3 miljoen beboet wat in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is, het Singo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nick ·

Wonderlik. Wanneer kom rampokker no 1 aan die beurt? Gaan haal hom by nkantla.

Pieter ·

Het die anc al hulle honderd miljoen betaal mnr slim kieswetter

SjN ·

Waar is die audits, elke jaar doen hul dit by my en dit vir n paar rand, volgens hul is dit standaard praktyk, inside job.

Riana ·

R2 mil kan hulle outjies vang maar ANC Zuma ect word beskerm …. Bly hulle die ou gevang het… maar hy druppel in emmer…

ES ·

Sjoe, hy het eintlik ‘n ligte straf gekry, gewoonlik kry skuldiges baie langer tronkstraf en dit word nie sommer opgeskort nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.