Sakeman by Durban-winkelsentrum doodgeskiet

Die moordtoneel. (Foto: Argief)

’n Sakeman van Phoenix is Donderdagoggend koelbloedig in die parkeergebied van die Gateway-winkelsentrum in Umhlanga in die noorde van Durban doodgeskiet.

Die man, in sy 30’s, het omstreeks 10:00 van die gimnasium in die winkelsentrum na sy geparkeerde motor geloop en wou net in sy motor klim toe hy verskeie kere in die kop en bors geskiet is.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is nooddienste na die toneel ontbied.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig.

Die man was glo deel van Durban se kompeterende insleepdienste-bedryf en het ook verskeie taxi’s besit.

“Die omstandighede rondom die skietery word as deel van ʼn moordsaak ondersoek,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lindtjies ·

Mense het geen respek meer vir God en Sy gebod nie. Die Bybel sê jy mag nie moord pleeg nie. Dit is wat gebeur as elke man en sy hond ‘n wapen besit. Dit het ‘n nasionale sport geword. Iewers moet die streep getrek word.

J ·

Vir die persoon wat gal afgaan oor wapenbesit, sit die pot ver mis, onthou elkeen wat n mes of hamer of byl of enige skerp ding besit moet dan onder dieselfde soort val, as iemand wil moor sal hy moor, so die probleem gaan nie oor n vuurwapen nie, maar n geldgierige gemors wat nie kan verdra dat n ander mens ook n bestaan probeer maak nie, die land en baie van sy mense is so vrot grootgemaak, as jy nie deur jou ouers geleer word dat jy respek en dissipline moet he noe, is jy alreeds n probleemgeval, kyk hoe word boere en trokdrywers vermoor en geroof, net oor hulle daarmee wegkom, ons regstelsel is net so pateties, moordenaars en verkragters kry borgtlog of sit net maks 5 jaar

En nou? ·

Ek ken mense wat jou dood kan maak met ‘n lepel! Dit het niks te doen met ‘n wapen nie, maar meer met die persoon se gesstes toestand!

Helena. ·

Sommer net so..sonder enige vrae. Hoe is dit moontlik dat sulke dinge sommer net so kan gebeur en niemand sien of doen iets nie..baie baie waaghalsig.

Thomas ·

It is believed that Periasamy was an alleged drug lord and mini-bus and tow truck owner from Phoenix, north of Durban.

Anger, tears as ‘gang boss’ gunned down after gym session at Umhlanga mall.

Trane in my oë?

Rissiepit ·

REAKING NEWS: Phoenix ‘Bloods Gang boss’ shot dead
KWAZULU-NATAL / 6 JUNE 2019, 11:09AM / ZAINUL DAWOOD…See more

Ek is nou nie lelik ni, maar hierdie man sit dan lewensgroot met ‘n gun. Sake sake was onderduims, jammer dit het sy lewe gekos.

Sonz ·

Daar word beweer dat die man wat geskiet en sy familie deel was van n dwelm smouse en soos n “gang”gehad het in durban/ phoenix miskien is dit groot deel rede nie dat ek se dis aanvaarbaar nie maar kan n rede wees

GN ·

Ek lees van ander bron hy was skynbaar leier van Bloods bende in Phoenix.

Wessie ·

Nou volgens watter bronne was hy ‘n sakeman?? Dit was ‘n blerrie gangster en dwelmbaas….

ChrisE ·

Dit is voor die hand liggend. If you live by the gun, you die by the gun

Hetta ·

As ek die nuus kyk en lees en sien wat in ons wêreld aan die gebeur is, is dit wat die kriminele nou deesdae doen want besigheid is mos besigheid. Die lekker sêwoord van die oneerlike besigheidsman.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.