Sakeman dán verhoor ná moord op vrou

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

ʼn Sakeman van Limpopo wat aangekla word van die moord op sy vrou, se verhoor sal eers volgende jaar begin.

Rameez Patel sal op 15 Februarie in die Polokwane-hooggeregshof teregstaan op aanklagte dat hy sy vrou vermoor het.

Patel, wat vroeër op borgtog van R250 000 vrygelaat is, het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn waartydens sy borgvoorwaardes ook verslap is.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy vrou, Fatima (29), aangerand en doodgeskiet het. Patel hou egter vol dat sy noodlottig gewond is tydens ʼn mislukte rooftog by hulle huis. Die voorval het in April in die egpaar se huurwoonstel in Nirvana plaasgevind.

Patel sal in Junie op ʼn tweede aanklag van moord in die hooggeregshof verskyn, nadat hy en sy broer glo in 2013 ʼn man aangerand en dit tot sy dood gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SNEL ·

Baie dink ek, want om R250 000 borg te betaal en hy doen dit asof dit niks is nie.

yvonne N ·

Hierdie klink vir my so na Oscar verweer. Mislukte rooftog vermeende inbreker………

Theresa B ·

Rameez – daardie verskoning is al gebruik. Probeer ‘n ander een. Hoekom word sy voorwaardes verslap? Gee my krag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.