Sakeman deur rowers in hysbak aangehou

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Lede van die polisie se taktiese reaksie-eenheid is Dinsdagmiddag na die 1 Sixty-gebou in Rosebank, Johannesburg, ontbied ná berigte dat ʼn sakeman in ʼn hysbak as gyselaar aangehou word.

Werknemers in die gebou in Jan Smutsrylaan is deur die polisie uit die gebou begelei voordat beamptes die gebou deursoek het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die sakeman is deur vyf gewapende rowers in ʼn hysbak in die gebou aangehou. Die rowers het die man van sy iPad en skootrekenaar beroof voordat hulle op die vlug geslaan het.

Werkers by die Franse bank Société Générale het tydens die soektog na die rowers hulself in hul kantore toegesluit. Volgens die bank se risiko-bestuurder, Jeduthun Campbell, is werknemers by die bank steeds gespanne ná die terreuraanvalle in Parys. “Baie werknemers was erg getraumatiseerd deur die rooftog,” het Campbell gesê.

Dlamini het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fourie ·

Kyk nou slaan ek net my hande tesame – mens is reeds nêrens meer veilig – nou is dit tot nog in ‘n hysbak ook – ek gee werklik oor. Eks geskok! Werklik die regering doen NIKS om misdaad daadwerklik te bekamp!

pop ·

Fourie, die regering moet toepaslike strawwe begin uitdeel om misdaad te bekamp. Maar hulle sal dit nooit doen nie, want netnou beland hulle self daar.

susan ·

Ek doen dit nog my lewe lank, as daar iemand in die huisbak inkom wat n ander “ras”is stap ek uit. Ek word snaaks aangekyk maar ek moet aan my eie veiligheid dink. Noem dit maar paranois. Ons moet onthou in watter land ons bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.