Sakeman eers maande ná moord op vrou vas

court-hammer_thumbʼn Johannesburgse sakeman sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy vrou vermoor het, berig Beeld.

Die 78-jarige man van Parktown-Noord is Dinsdag by een van sy besighede in Craighall Park in hegtenis geneem.

Die man se 70-jarige vrou, met wie hy 15 jaar getroud was, is op 16 Maart in hulle huis doodgeskiet. Die man is tydens die voorval in die heup gewond. Daar is aanvanklik vermoed dit was ʼn rooftog maar volgens Beeld kon die polisie geen bewyse vind dat daar die aand van die voorval ʼn inbraak was nie.

Sers. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, het aan die koerant bevestig dat die man Donderdag in die hof sal verskyn.

Bronne het aan Beeld gesê die arrestasie is eers maande later gemaak, aangesien forensiese toetse op die moordwapen so lank geneem het. Die vuurwapen is glo in die man se naam geregistreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nic ·

Maroela media ons waardeer die gratis nuus, maar leea asb eers nuus voor geplaas word. Jul berig lees “bronne het aan Beeld gesê”. Of is Maroelamedia ‘n naspers produk?

Sune van Heerden ·

Dagsê Nic

Die berig is inderdaad korrek, en Maroela Media is nie deel van Naspers nie. Ons het die berig van die Suid-Afrikaanse Persvereniging (SAPA) ontvang wat nuus verwerk van verskillende bronne af. In die eerste paragraaf meld ons ook duidelik, “berig Beeld”, en die bronne het die inligting aan die koerant verskaf.

Ons hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Koos ·

Nic, voor jy ander mense kritiseer, kyk asb ten minste dat jou spelling reg is,!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.