Sakeman geskors ná onderonsie met swanger vrou

‘n Skermskoot van Romeo Makhubela uit die video.

Die vooraanstaande sakeman wat na bewering ʼn hoogswanger vrou ná ʼn onderonsie by ʼn Wes-Randse winkelsentrum oor ʼn parkeerplek aangerand het, is uit sy pos geskors.

Maroela Media het Maandag berig die vrou, Bianca Fourie (29), ʼn logistieke bestuurder wat byna agt maande swanger is, is na bewering op 25 April omstreeks 15:00 by die Steers-restaurant by Featherbrook Village in Ruimsig aangerand.

ʼn Video van die voorval is op die kitskosrestaurant se sekuriteitskameras vasgelê en die man is later as Romeo Makhubela, uitvoerende hoof van die finansiëledienstegroep Novare Holdings, geïdentifiseer.

Anika Theron, kommunikasiespesialis vir Novare, het intussen aan Maroela Media bevestig Makhubela is as uitvoerende hoof by die maatskappy geskors.

“Novare wil bevestig hy is bewus van die voorval, respekteer die ernstige aard van die gebeure wat plaasgevind het en het dadelik daarvolgens opgetree,” het Theron gesê.

Theron het gesê nadat die raad van die voorval in die media gelees het, het hulle ʼn dringende vergadering gehou en Maandag besluit om Makhubela onmiddellik as uitvoerende hoof van aktuarisse en konsultante te skors.

Daarbenewens het Novare ʼn interne ondersoek na die voorval van stapel gestuur wat gelei sal word deur twee nie-uitvoerende Novare-direkteure met behulp van een van die land se toonaangewende regsfirmas.

“Novare veroordeel enige aard van geweld en die gedrag wat vertoon is, is nie verteenwoordigend van Novare se kultuur nie,” het Theron bygevoeg.

Theron het gesê ʼn tussentydse uitvoerende hoof is reeds aangestel om te verseker dat bedrywighede by Novare ongehinderd voortgaan.

Bianca Fourie. Foto: Via Facebook

Amanda de Lange, Fourie se ma wat medianavrae namens haar dogter hanteer, het Maandag aan Maroela Media gesê Fourie het by die winkelsentrum ingery en gestaan en wag vir ʼn parkeerplek, want die parkeerplekke was baie beperk. Daar was ʼn BMW wat dwars gestaan het en terwyl sy vir die BMW se bestuurder gewag het om reg te trek, het ʼn man in ʼn ander voertuig agter haar sy toeter gedruk en geskreeu. Sy beduie toe vir die motoris agter haar sy wag vir ʼn parkeerplek, maar het toe uiteindelik verbygery en ʼn ander parkeerplek gaan soek.

Makhubela was glo in die BMW na wie Fourie beduie het. Makhubela, sy motor se bestuurder en sy seun is van daar af na Steers. Fourie was ook op pad na Steers, onwetend dat Makhubela ook daar was.

“Toe sy inloop by die restaurant het Romeo haar gekonfronteer en sonder rede aangeval. Sy het hom geïgnoreer, is by die deur uit, waarna sy haar selfoon uitgehaal het in ʼn poging om ʼn foto van hom te neem om hom te identifiseer. Toe sy die foto wou neem, gryp hy haar foon en slaan haar met ʼn vuis dat sy buite oor die marmertafeltjies val,” het De Lange gesê.

De Lange het gesê die bestuurder van die restaurant en veiligheidspersoneel het tussenbeide getree en Makhubela is uiteindelik daar weg. Volgens De Lange is haar dogter tydens die onderonsie op haar maag, kakebeen en bors geslaan.

Fourie het beserings aan haar gesig en bors opgedoen en is uit vrees vir haar ongebore babadogtertjie se welstand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling en is sedertdien ontslaan maar erg getraumatiseerd.

“Die babatjie voel die stres aan, haar hartklop is hoog en sy beweeg baie rond. Bianca moet gereeld vir skanderings gaan om haar ongebore baba se welsyn te monitor,” het De Lange gesê.

Fourie het ʼn aanklag van aanranding teen Makhubela aanhangig gemaak. Die Honeydew-polisie ondersoek die voorval.

Titswa Modise, Makhubela se prokureur, het aan Maroela Media bevestig Makhubela het op sy beurt ʼn saak van crimen injuria by die Honeydew-polisie teen Fourie aanhangig gemaak. Modise het bevestig daar was ʼn voorval, maar voer aan dat Fourie vir Makhubela agtervolg het en hom en sy kind bedreig laat voel het. Makhubela is van plan om Fourie ook by die gelykheidshof te verkla vir die gebruik van “rassistiese taal”.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

Posted by Amanda De Lange on Sunday, May 6, 2018

Posted by Amanda De Lange on Sunday, May 6, 2018

Romeo… does it feel good to hit a 7 month pregnant woman? Punch her with the fists – her face, chest and in her stomache.Start to pray.

Posted by Amanda De Lange on Thursday, April 26, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Koos B ·

Dankie Novare dit is wat nodig was om te doen ek is seker na dese gaan julle nog meer suksesvol wees.

Belegger ·

Ek bele slegs by hoo0gs etiese en betroubare firmas, daarom sal ek beslis hierdie maatskappy oorweeg wanneer ek met my adviseur gesels. Hulle doen die regte ding en word nie mislei deur fals polities korrekte en raskaartfoefies nie.

Cherokee ·

Ag asseblief! Novare het bloot net eties opgetree in èie belang want hulle bedryf besigheid wat nie so ‘n skandaal sou oorleef indien hulle nie drasties opgetree het nie. Hulle sou nie ‘n SPUR kon weerstaan nie. Dit is al. Moet nie oordryf nie.

Ai, hoekom Ras ·

Dis die maklikste “kaart” om te speel, die rasse kaart. Bly die baba en ma is ok, so jammer dit moes gebeur, dit als oor parkering.

Ella ·

Asb Maroela ek het reeds gevra: skuif asb die rapporteer knoppie. Ek druk dit as ek blaai. Dalk is daar meer lesers wat hiermee sukkel. Ek se weer: ek wil niemand rapporteer. Ons mense se frustrasievlakke loop hoog en julle gee n kans om te “ventileer”.

Haan ·

Die haat kook oor. Ons weet nie wat in hierdie mense se kringe gefluister word nie. Ons sien net die simptome daarvan. Dit is tyd om ernstig te dink oor die toekoms

Mollie ·

Makhubela wil nou hardloop en ‘n saak gaan maak teen die dame vir “rassistiese uitlatings”. Ek hoop hy kan sy saak BEWYS en nie omgekoopte getuienis kry wat vir sy part gaan lieg nie. Die dame het meer as genoeg bewyse teen hierdie vent waar hy haar en haar ongebore baba aanrand! Hy weet hy het nou moeiliikheid en gryp nou na strooihalmpies om homself uit die moeilikheid te kry! Ek is moeg vir hierdie swart-teen-wit rassisme, wat gewoonlik gepaard gaan met geweld, en “hul” kom weg daarmee! Maar OH ek het vergeet…. net wit mense is mos rassisties!

notajuba ·

n swanger vrou laat jou bedreig voel…kom aan mnr jy kon iets beters uitding oooeee nee jy kon nie want jou IK is te laag..nee wat ry die perd suster tot jy kan…vat wat jy kan en dan lag jy vir hom…lig mos jou hand hoop hy vrot af…as ons net ons wette hersien kan ons jy dalk laat hang het..wat te genadig is vir jou tiepe wat vrouens slaan veral swanger vrouens…

Toy ·

Hoekom altyd rase haat in bring jy moet n voorbeel vir jou kind wees. So wel vir die same lewing. As daar aan hulle kind is verkeurd gedoen word Dan is die rase haat mos hulle weg kom kans. So kom ons kyk waar draai die din.

KFC ·

ASKIES ?? NOEM JULLE DIT ‘N ONDERONSIE?? Dit was aanranding met doel om ernstig te beseer en poging tot moord. As die KFC ouens van aanranding en poging tot moord aangekla is hoekom word hierdie man se aanranding dan ‘n ONDERONSIE genoem? WEEREENS hou ek nie my asem op dat hy gestraf sal word nie . hy sal net weer die RASKAART speel, sy werk terugkry en dan daarna ‘n medalje kry omdat hy darem lekker ‘n wit vrou op haar plek gesit het .. WALGLIK.

Buks van der Linde ·

Dit was opsetlike poging tot moord met die kind se lewe wat in gedrang was. Kyk na sy groooot lyf en krag. Jy kan sien hy eet lekker …. 2Jjaar tronk toe sal hom seker leer om weer sy hand te lig.

Siek en sat ·

Mooi man daars genoeg bewyse. Klap hom op die gatsak waar dit die seerste gaan maak. Hiephiep hoeraa vir kring opnames.

tess ·

EN NIEMAND DOEN NIKS AAN HOM NIE!!! WATSE TIPE MAN STAAN DAAR EN KYK HOE N ANDER MAN N VROU SO AANRAND

Ag asb tog ·

Die tipe mans wat ons in SA het .. politiek korrektes … diegene wat onbetrokke wil wees, netnou sien iemand hulle of kom hulle dalk iets oor, laat die wit swanger vrou eerder die houe vat, solank die mans dit net nie hoef te vat nie is alles reg . dit is jou EX ARMY MANNE waarna julle kort kort verwys wat die ‘land gaan verdedig’ .. whaaaaaaaa

Jakalas ·

Hy gaan geen genade kry van die publiek af nie. ‘n Man slaan nie aan ‘n vrou nie, veral nie ‘n swanger een nie. Hy gaan sy dag kry.

JK ·

Hoe disgusting dat ‘n groot man ‘n swanger vrou slaan en dan se sy het hom agtervolg

Johann ·

Well done! Vir n begin. Hoekom loop hy nog los rond? Hyt n swanger vrou aangerand! Aresteer hom en maak van HOM n voorbeeld soos die KFC voorval.

Helena ·

Ek hoop sy stel ‘n enorme eis teen hom in. Ek sal verderaan nie verbaas wees as dit sy modus operandi is nie en dit nogal voor sy kind – waste voorbeeld stel hy?

Michael ·

Ja !!!! geskors met alle voordele einde van die jaar kry hy ook sy bonus volgende jaar kry hy sy verhooging so sal dit aan gaan vir 3 tot vier jaar dan laat die ras kaart hom wen en hy stap by sy nuwe werks plek in.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daarsy….”I have a dream that one day………..we will live in a nation where we will not be judged by the color of our skin, but by the content of our character. I have a dream today!”[26] Hahahahahaha………Dan moet ons julle maar “judge” teen julle karakter, né?

Willem ·

Ek keur glad nie die man se dade goed nie, maar dit irriteer my ook grensloos as mense in die middel van die pad staan en wag vir ‘n parkeerplek om oop te gaan.

Wat? ·

Willem, miskien moet ons nasie leer om geduldig en verdraagsaam teenoor mekaar te wees. Sover ek kan aflei het hy ‘n drywer gehad? Niks het hom gekeer om verby te ry of te wag nie. Dit is normaal om by ‘n winkelsentrum te wag vir ‘n parkeerplek. Let wel, WAG. As mense dit nie kan hanteer nie, dan moet hulle maar nie winkelsentrums besoek nie. Die parkeerterrein behoort aan niemand nie en ek dink elkeen is geregtig om te wag vir ‘n parkeerplek wat oopgaan. Dit is as gevolg van ongeduld en onverdraagsaamheid dat hierdie land in die gemors is waarin hy is.

Johan ·

Willem, die parkeer-area was vol. As sy sien daar is ‘n kans om plek te kry, waar moet sy wag? Die berig noem dit nie dat sy in die middel van die pad gestaan het nie.

Eish ·

Indien die maatskappy se webblad besoek word en na topbestuur gekyk word, is blanke dames in die meerderheid by verre.
Uiters vreemde gedrag vir n manspersoon uit so n milieu.

Vraagteken ·

“It takes two to tango”. Daar is die vrou se weergawe, en dan is daar die man se weergawe.

Ja, wat hy gedoen het is baie verkeerd op soveel vlakke. Maar ek is taamlik seker sy is ook nie so onskuldig nie.

Rerig? ·

Vraagteken, miskien is sy “skuldig” aan iets, maar sekuriteitskameras jok nie. Hoe taamlik seker is jy dat sy ook nie so onskuldig is nie? En waaraan sal sy nou skuldig wees wat so ‘n optrede vanaf die man regverdig?

Johan ·

Vraagteken, op grond van wat is jy “taamlik seker” dat sy nie onskuldig is nie. As jy dalk die VRAAG gevra het of sy nie dalk iets gedoen het nie, kan mens dit as ‘n objektiewe kommentaar ag en afvra of jy dalk ‘n punt beet het. Maar jou trant – eish man. Jy spekuleer. Maar ja ons wag, gee ons asb die feite wat jy skynbaar het – deel dit met ons.

Alta ·

So, blameer die slagoffer…? Daar is géén verskoning vir ‘n man om ‘n vrou, boonop ‘n swanger een, aan te rand nie. Daar is tog immers iets soos selfbeheersing.

Vraagteken ·

@Rerig, ek is glad nie 100% seker dat sy skuldig of onskuldig is nie. Maar, ek weier om te glo dat ‘n man ‘n “random” vrou aanval vir geen rede (veral in ‘n openbare konteks) – sy moes iets gesê het wat hom beledig het. Laastens, waar het ek die man se dade regverdig; jy maak gevolgtrekkings.

@Johan, verwys na my kommentaar op @rerig. Soos ek sê, ek weier om te glo dat hy haar net gaan aanval het. Indien dit wel die geval is, dan vra ek onverskoning vir die dame. Daar is wel ‘n rede hoekom hy van plan is om haar van “crimen injuria” aan te kla.

@Alta. Nee, ek blameer nie die slagoffer nie. Al wat ek sê is ons moet beide kante van die storie hoor. ‘n Rationele persoon sal nie net sommer ‘n ander mens aanval vir geen rede nie.

Laat ek die volgende duidelik stel : Ek blameer nie die slagoffer nie; die man se dade kan nie regverdig word nie; en ek wonder net wat sy vir hom gesê het.

Awie Opperman ·

Vraagteken, ek stem gedeeltelik saam met jou dat elke saak drie kante het: Myne, joune en die waarheid. Ek voel ook dat vryheid van spraak uiters belangrik is in enige samelewing, maar dat geen belediging ‘n rasionele persoon tot hierdie optrede sou laat oorgaan het nie. Wat my die meeste ontstel oor die situasie dat daar weerreens dubbel standaarde toegepas word en onewehandig opgetree word, sou dit ‘n blanke man en swart vrou wees kan jy verseker wees dat hy aangekla sou word van poging tot moord, poging tot hoogverraad, poging tot kaping, dronk op straat, poging tot roof, aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot dwarsboming van die gereg ens. Daarby sou hy ook borgtog geweier word, sy werk verloor het, protesaksies voor sy huis gehou word, hy sou alle kitskosrestaurante wat aan dieselfde groep behoort verbied word, hy sou in die gelykheidshof ‘n R100 miljoen boete opgelê word en uiteindelik tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

Parkinoff ·

Eish, taamlik seker dat sy hom die vinger gewys het en daarom is die aanranding minder onaanvaarbaar? Ek wil ontsnap na n ander planeet, hier’s te veel van julle soort.

bekommerd ·

My bloed kook behoorlik!!!!!! Totaal onaanvaarbaar. Met watse mense het ons hier te doen????

Piet Pille ·

Dit is presies hul houding as padverbruikers ook, veral as dit gepaard gaan met ‘n luukse maatskappy motor. Wonder wat die re-aksie sou wees as die ras nou omgekeerd was??

Phillip ·

Waar is die vroue liega nou waar is die mense wat vir vroue regte opstaan .. Nee is mos blanke dame wat geteiken is . Hoop hy word ook weg gehou van daai restoerant af soos by die spur geleenteid

Joshua ·

Dis n rassistiese aanranding wat hy gedoen het, plain en simple.

Anti Novare ·

Ek hoop Novare tree vinnig op om hulle naam te red. Skurke soos hy hoort in die tronk.
Nail hom want dis skurke soos hy wat rasisme laat opvlam. Hy hoort in geen bestuurspos nie.

jessica ·

LEKKER, LEKKER, LEKKER, hope he never finds a job again. The company did well to fire him, well done!!!!!!

Nettie ·

@Jessica – they did not fire him, they just suspended him (probably with salary and fringe benefits too).

CHARMAINE ·

‘n Man en sy seun “bang vir ‘n swanger vrou”….. verskining

Gesina ·

Man en seun bang vir swanger vrou….hmmmm ja en die maan is ‘n groot geel kaas

A ·

Al wat hulle altyd doen is speel die ras kaart en hulle is die victim.

Pateties ·

Ag, gee my krag! Is die enigste manier hoe mense in hierdie land sake “beredder”, om rassisme in te bring? Pateties!

SL ·

Dit is dwaas om iemand te konfronteer as jy swanger en weerloos is. Jou kind moet eerste kom, ongeag hoe kwaad jy voel omdat jy tena gekom is. Dit kon erger gewees het. Sy weet mos hoe staan sake in ons land.

VanAfrika ·

Lees die artikel, sy het hom nie gekonfronteer nie, toe hy haar sien toe rand hy haar aan, asseblief

AH ·

Ja, SL, lees die berig. Sy het hom juis probeer vermy! Hy is ‘n boelie en vroueslaner! Geen regverdiging kan gevind word vir ‘n man wat sy hand vir ‘n vrou lig nie! Goeie ding dat hy geskors is. Ek hoop maar nie dit is tydelik van aard en met volle vergoeding nie…….

Liberaal ·

Ek weet nie wat ons liberales oor hierdie saak te dink nie. Dis n honger swart man en sy onskuldige kind, so ons moet eerder hierdie honger direkteur se kant vat. Ons moet ook opkom vir n swanger vrou, maar … velkleur…. NEE EK WEET NIE, KOM ONS LIBERALES BLY NET STIL.

Jacks ·

HOEKOM sal n swanger vrou by sulke goed betrokke wil raak of so man konfronteer? Hy gaan seker nog weg kon omdat die rasae kaart gespeel is! En dit als oor parkering!!! Hele storie is belaglik!

GM ·

Ek kon skaars ordentlik buk toe ek 8 maande swanger was, wat nog te sê van iemand bedreig laat voel!

Daan ·

Dis poging tot moord, daai baba kon dood gewees het en die ma ook dalk. Dis die selfde as die Kentucky ding daai man hoort innie tronk.

Erika ·

Watse soort skepsel behandel n vrou so..Dit is nie n ware man nie om n vrou te mishandel-N swanger vrou boonop om sy manlikheid te bewys ..en rassekaart te gebruik.. terwyl Hy Rassisme openbaar het . Hy het sy Ware Karakter verraai .Daar is gevolge vir sulke gedrag… Jy kies hoe jy optree teen ander. (Maar lee Blikkie maak meeste Geraas. Ne) …Mentaliteit

jakes ·

Die maatskappy tersprake moet hom summier afdank want hy is nogal n uitvoerende hoof van die maatskappy en wat se voorbeeld stel hy in die openbaar? Hy het uit die aard van sy vieslike optrede nie kon dink dat dit verreikende gevolge kon inhou wat sy werk betref nie. Wat se voorbeeld het hy ook vir sy kind gestel? Agnee wat, hy moet toer en op n ander plek loop skandes maak want n mens twyfel of hy ooit hieruit iets sal leer?

Marinda ·

Dankie Ella, ek sukkel met dieselfde probleem. Maroela Media, is dit moontlik om die raporteer knoppie op ñ ander plek te sit. Dalk die middel van die bladsy?

Eddie ·

Ek het ook sopas die rapporteer knoppie 2 keer per ongeluk gedruk. Dit gebeur ook gereeld met my en elke keer voel ek sleg daaroor. Help asb Maroela.

Spur ·

Spur storie was hell groot, was op die NUUS even en op die Radio. almal het daai man aangeval en gedreig. Ek het op die Man se facebook blad gaan kyk en niemand se iets vir hom nie. so in SA is dit nie fine as n WIT man opstaan vir sy kind nie maar n SWART man kan n swanger vrou slaan? Nice…

Deurmekaar ·

Lafaards lig hul hande vir vroue. Ongeag wat wie se in geen omstandighede slaan n man n vrou nie. As n man n vrou slaan wil ek net se. Baklei met iemand wat kan terugslaan. Spreekwoord se ” MAN TO MAN”

Johan ·

Kan iemand asb aan my verduidelik hoekom hy ‘n “vooraanstaande sakeman” is?

Mellivora ·

Johan, hy is CEO van sy firma (nou geskors), was voorheen ook by ‘n ander firma en sy naam is ook al genoem tov hogere poste by van ons groot finansiële maatskappye.

Magda ·

So geweet hy gaan die rassekaart speel. Mens hoor egter niks van die kastige rassistiese aanmerkings wat sy geuiter het nie.. waar is die mense wat die voorval aanskou het, waarom het jul nie ingegryp toe n ver swanger vrou aangerand is nie? Wonder maar net…

Petronella ·

Stem. Hoekom kontak niemand die polisie nie? Hoekom word hy nie die perseel belet deur die bestuurder nie, daar is tog reg van toegang voorbehou?

Grens ·

Wys jou maar net, daai kitskos is baie gevaarlik…. bly weg!!

smurfie ·

Seker geskors bet volle betaling. Nou kan hy lekker gaan rus …

Gert ·

Ag siestog. ‘n Vooraanstaande sakeman behoort so bietjie meer klas en volwassenheid aan die dag te kan lê. Wys jou net nog steeds so insecure as kan kom! Om nie te praat van ongemanierd nie. Shame arme ding!

VAN N ANDER FOURIE ·

EK hoop jy klap hom harder op sy beursie as wat hy gedroom het om jou te klap Genugtig hoog swanger en hy kom vir jou Ek dankbaar jy lewe Daai man kon jou baie seerder gemaak het Dankie aan mense wat gekeer het

Malva ·

“Onderonsie” met swanger vrou?..’well I never’ soos ant Stienie sou se. Was doelbewuste aanranding gedryf deur sin van mag m.a.w rassisme…

Jannie ·

Julle sweep mekaar onnodig op, die slagoffer het hom beslis nie probeer vermy nie kyk die video.
Ek praat nie die man se optrede goed nie maar ń swanger vrou moet van beter weet ons weet hoe onregverdig en vol geweld dinge in hierdie land is.

Elize ·

Jannie, gaan lees my kommentaar aan Vraagteken. Dieselfde geld vir jou hoor

Vraagteken ·

Jannie, ek stem saam. Soos ek gesê het, ‘it takes two to tango’.

Elize, jy mis die punt. Ons beledig niemand nie. En niks regverdig wat hy gedoen het nie. Maar ek glo nie sy is so onskuldig nie.

By the way, moet asb nie woorde soos ‘hoor’ en ‘luister hier’ gebruik nie – dit beledig mense

bgj van der westhuizen ·

hy gooi ras kaart en kom dan niks oor nie soos altyd wand hy is mos swart daar sal niks van kom nie sy sal op die einde klagte he teen haar kyk uit

Die Leeu ·

Nee, Novare het hom maar net “as uitvoerende hoof van aktuarisse en konsultante geskors”. Maar hy blyk steeds in hul diens te wees.

Ore ·

Gaan ‘n stille dood sterf…….net soos die NWU student wat rassistiese uitlatings op FB gemaak het,net soos die wat uitlatings maak soos hulle wil

charmaine ·

Ag hoe lekker lag ek nou, n man met n bestuurder wat bang en bedreig voel deur n swanger vrou HAHAHAHAH! Dan moet hy baie baie bang wees. Goed dat hy uit sy pos is en sy drywer kwyt is. Nou kan hy heeldag in STEERS gaan sit op eie onkostes.

Hannetjie Harvie ·

ONDERONSIE???? Asseblief, dan was die doodskis saak seker “wegkruipertjie” Jy slaan n hoog swanger vrou met die vuis, en word uit jou pos geskors, maar as ek my kind n pak slae gee omdat hy stout was, kan ek toegesluit word vir aanranding. Dan vra hulle hoekom is daar nog steed rassisme?

Soesie ·

Goeiste, daai was ‘n senior tipe hoërgraad klap as ek nou al ooit een gesien het! Dit lyk asof hy dit al baie voorheen gedoen het. Deel van sy kultuur dalk? En dís nou ‘n ‘geleerde’ man wat so optree!! Ek hoop net daar is getuies wat kan bewys dat sy nie rassitiese woorde gebruik het nie.

Tanzie ·

Shame, altyd die rasse kaart. En oo weë!! ‘n swanger , 28 jarige vrou is ‘n verskriklike bedreiging vir ‘n groot volwasse man. Nou moes hy iets doen om sy reaksie te “regverdig” en dit is om die rasse kaart te swaai. So man moet net eendag in die regte vrou vasloop.

Andre ·

Hoekom is hierdie “meneer” wie so sterk is om ‘n verwagtende vrou aan te rand, nie in aanhouding in die tronk nie? KFC voorval – hoe werk dit kan iemand dit aan my verklaar asseblief?

Wiehan ·

Kom Solidariteit en ArgiSA, waar is julle nou? Seker bang julle word ook rassiste genoem. Polities korrek!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.