Sakeman gevonnis vir miljoene rande se bedrog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sakeman van Oudtshoorn in die Wes-Kaap is vandeesweek gevonnis nadat hy ABSA uit byna R5 miljoen bedrieg het.

Ockert Johannes Stephanus Fourie (57) is in Oktober 2014 op aanklag van bedrog in hegtenis geneem en in Desember verlede jaar skuldig bevind. Hy is Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Fourie, die enigste direkteur van Sunprix Grape and Citrus Distribution, het die bank uit R4 866 819 bedrieg. “Dit het gebeur nadat hy voorheen suksesvolle transaksies met die bank aangegaan en sodoende die bank se vertroue gewen het. Dit het daartoe gelei dat die betrokke transaksie goedgekeur is sonder die nodige bewyse.”

Volgens Ramovha is die geld in Fourie se rekening inbetaal met die verstandhouding dat hy ongeveer €597 535 sou ontvang van oorsese maatskappye na wie hy na bewering vrugte uitgevoer het. Fourie het die geld in die rekening gebruik, maar nooit die beloofde buitelandse geld ontvang nie. Hy het daarna sy sakeonderneming se rekening na ʼn ander bank geskuif.

“Ná ʼn ondersoek deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad, is Fourie in hegtenis geneem,” het Ramovha gesê. “Die hof het hom verlof toegestaan om teen sy skuldigbevinding te appelleer en hy is tans uit op borgtog met streng voorwaardes hangende die uitkoms van die appèl.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ampie ·

Weet nie wie is daai ou se bankbestuurder nie wat so maklik geld weggee nie. Vir my vir hulle nie eers oortrokke rekening verhoog nie.

VRA MY EK WEET ·

Ek kan julle waarborg die ou dobbel. Wat doen jy anders met 5mil en kan niks terugbetaal of verkoop om jou bas uit die tronk te hou…

Magda ·

Volgens my is die bank net so skuldig soos hy, want hulle het die geld aan hom oorbetaal sonder om die nodige waarborge te kry van die klient.

Vrugteboer van weleer ·

En hy is een van baie uitvoerders wat nie regtig baie eerlik is nie. Kyk hulle leefstyl en voertuie ens. ens. So dom was hy om bank te verneuk. Hy moes by ander geleer het hoe verneuk jy boere. Dan kan niemand iets aan hom doen nie. . Lekker om n uitvoerder van vrugte te wees in die land. Binnelandse markagente het n baie streng wet. Maar om n uitvoerder te wees maak jy net sooos jy wil met boere se produkte. Geen wette vir jou. Sorry my ou maat. Jy moet maar gaan sit. Ek ons boere hoop daar gaan nog n paar vir jou kom kuier.

Christa ·

As die Valke so suksesvol is om hierdie sakeman vas te trek EN gevonnis kry, waarom kan hulle dit nie regkry om almal in die staat wat miljarde per jaar steel, vas te trek nie? (Dit sluit die president en sy trawante in)!!!!

CHRIS.L ·

Voor ek kommentaar lewer hoop ek nt maroela media gaan nie weer kommetaar verwyder
verwyder nie want dit gebeur daagliks se maar net.
ek stem saam met Christa die valkr moet biekie die lotto bekyk ek glo daars n slang in die gras

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe is dit dt arme Absa weekliks in die nuus is met probleme met niksvermoedende kliente? Ek is ook een van wie daar vir jare van gesteel is en Absa dit nie agtergekom het en selfek dit per ongeluk itgevind het . Ek het al my honderde Rande teruggekry maar waar was Absa se rekenmeesters, hul ouditeure, dat een van hul werknemers so lank daarmee kon wegkom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.