Sakeman glo deur vrou doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Hennie Kruger, ‘n bekende sakeman van Malalane in Mpumalanga, is glo Maandagmiddag deur sy vrou doodgeskiet.

Die gemeenskapskoerant Corridor Gazette berig dat Kruger die eienaar was van Kruger Makelaars. Volgens die berig is Kruger deur sy vrou, Martie, doodgeskiet. Sy wou glo ook haar eie lewe neem. Volgens ‘n voorlopige ondersoek was daar geen vorige voorvalle van huishoudelike geweld nie.

Maroela Media sal later vandag breedvoerig hieroor berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.