Sakeman het oog op Jhb-burgemeesterspos

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba. Foto: http://blacklikeyou.co.za/

Herman Mashaba, uitvoerende voorsitter van Lephatsi Investments en stigter van Black Like Me, het aangekondig dat hy homself in 2016 as burgemeesterskandidaat van die Demokratiese Alliansie vir Johannesburg beskikbaar sal stel.

Mashaba het die nuus Donderdag in ʼn verklaring bekendgemaak. “Ek het te lank op die kantlyn gesit en kyk hoe korrupte en selfsugtige ANC-politici Johannesburg, Afrika se ekonomiese reus, wanbestuur. Die tyd het aangebreek dat hardwerkende en eerlike mense hulself beskikbaar stel vir staatsdiens,” het hy gesê.

“Ek is daarom bereid om myself ten volle toe te spits in my aansoek om die DA se burgermeesterskandidaat te wees. Ek glo Johannesburg sal eendag weer as ʼn ligtoring vir die hele Afrika dien en ʼn veilige hawe vir ons burgers kan wees.”

Volgens Mashaba is werkloosheid een van sy grootste bekommernisse in Johannesburg, maar voeg by die DA het “die korrekte beleid en prosesse in plek” om die hulpeloosheid aan te spreek wat deur werkloosheid veroorsaak word.

“Korrupsie moet ook doodeenvoudig uitgeroei word,” het hy gesê. “Die DA wil verseker dat die stad se aansienlike bates en inkomste nie gemors, wanbestuur of verkwis word nie, maar eerder ingespan word tot voordeel van diegene wat in die stad wil bly en werk.”

Mashaba het bygevoeg dienslewering moet dringend en vinnig aangespreek word, en volgens hom is die DA die enigste party wat dienste binne die bestaande gebroke fasiliteite en infrastruktuur kan lewer, “soos hulle reeds in die Wes-Kaap bewys met hul uitstekende prestasie”.

Hy het na die onlangse afdanking van Nhlahla Nene, minister van finansies, verwys en gesê dit is ʼn bewys van ʼn “gebrek aan leierskap wat visie het of besorg is oor die land”.

Mashaba is grootliks daarvoor bekend dat hy sy onderneming, Black Like Me, in die apartheidsjare begin het en sodoende sy lewe van armoede in Hammanskraal omgedraai het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Zirk ·

‘n Teksboek voorbeeld van iemand wat hom uit armoede aan sy eie skoenveters opgetrek het. Hy verdien respek van die hele land.
Maar daar is meer van sulke gevalle in die swart gemeenskap. Ek was in my matriek vakansie in Des. 1963 vir ‘n week in Soweto. ‘n Ongewone en vreemde plek vir ‘n wit seun vanuit die Bo-karoo.
Maar daar het ek mooier en groter woonhuise gesien as wat daardie tyd in SA.se spogbuurt, Waterkloof gebou is.! Daar was heelwat baie ryk swart interpreneurs wat defnetief nie deur apartheid teruggehou was nie. “You cannot keep a good man down”.
Ek wens daardie swart mense se stem moet nou gehoor word.

Zirk ·

‘n Teksboek voorbeeld van iemand wat hom uit armoede aan sy eie skoenveters opge0trek het. Hy verdien respek van die hele land.
Maar daar is meer van sulke gevalle in die swart gemeenskap. Ek was in my matriek vakansie in Des. 1963 vir ‘n week in Soweto. ‘n Ongewone en vreemde plek vir ‘n wit seun vanuit die Bo-karoo.
Maar daar het ek mooier en groter woonhuise gesien as wat daardie tyd in SA.se spogbuurt, Waterkloof gebou is.! Daar was heelwat baie ryk swart interpreneurs wat defnetief nie deur apartheid teruggehou was nie. “You cannot keep a good man down”.
Ek wens daardie swart mense se stem moet nou gehoor word.

charlie ·

Zirk hul sal kommentaar lewer. As jy eers deur arbeid adel jou brood verdien, is dit moeilik om te sien hoe andere net wil skep

Carla ·

Ek wou graag die artikel op Facebook deel, maar dan verskyn ‘n ander artikel. Dit het nou met 2 berigte so gebeur, het ni nog getoets nie. Maroela sal julle asb ondersoek instel? Sal graag sulke positiewe nuus wil deel.

Sune van Heerden ·

Dagsê Carla,

Ek stuur jou navraag deur aan die tegniese span.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Carla

Volgens die tegniese span wil dit voorkom of daar ‘n tydelike onderbreking was tussen die verbinding tussen Facebook en ons webwerf.
Probeer asseblief weer en kontak ons asseblief by [email protected] indien daar weer ‘n tegniese fout insluip.

Dankie!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

CHRISTA ·

Daar is weer eens die bewys: waar ‘n wil is, is ‘n weg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.