Sakeman hoor oor borgtog

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez Patel, die sakeman van Polokwane wat aangekla word van die moord op sy vrou en ook verdink word van die moord op sy ma, se borgtogaansoek was onsuksesvol.

Mashudu Malavi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, het Woensdag aan Maroela Media gesê Patel het in die Polokwane-landdroshof verskyn waar hy om borgtog aansoek gedoen het op aanklag van moord op sy ma, Mahejeen Banu Patel (51).

“Hy kon nie daarin slaag om landdros Janine Ungerer te oortuig dat daar buitengewone omstandighede is om hom op borgtog vry te laat nie. Die saak in verband met sy ma se moord is tot 17 April uitgestel vir verdere ondersoek,” het Malavi-Dzhangi.

Patel is op 30 September verlede jaar in hegtenis geneem nadat sy ma in September by haar huis in Polokwane geskiet is. Sy is later in die hospitaal dood.

Patel was toe reeds uit op borgtog nadat hy vroeër in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy vrou, Fatima (28), wat op 10 April 2015 in die egpaar se huis in Nirvana gewurg en doodgeskiet is.

Rameez ontken dat hy enige aandeel in sy vrou se moord gehad het en beweer sy is tydens ʼn huisbraak vermoor. Sy verhoor in verband met Fatima se moord vind van 3 tot 13 April in die Polokwane-hooggeregshof geplaas.

Rameez se pa, Feroz Patel (54), is ook in Augustus 2016 in die Ladine-nywerheidsgebied in Polokwane in sy motor doodgeskiet. Die ondersoek duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Amelia ·

En dit wil voorkom as die mannetjie kwaad is vir familie dan moor hy? Wat doen hy dan aan sy vriende?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.