Sakeman in hof ná hy glo ‘dief’ op plaas skiet

Argieffoto

Argieffoto

Michael Tolou (70) het Dinsdag in die periodieke hof in Modjadjiskloof in Limpopo verskyn op aanklag van poging tot moord.

Tolou het op 4 Januarie die 30-jarige Simon Mmethi daarvan beskuldig dat hy hout op sy plaas gesteel het voor Tolou hom na bewering geskiet het.

Mmethi is steeds in die hospitaal.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Tolou is vrygelaat op borgtog van R10 000 en moet op 28 Maart 2017 weer in dieselfde hof verskyn.

Tolou het intussen ook ʼn saak van diefstal teen die beweerde slagoffer aanhangig gemaak.

Maroela Media het vroeër berig die EFF het gedreig om Tolou self in hegtenis te neem sou die polisie hom nie vastrek nie. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê Mmethi het op 4 Januarie op ʼn plaas hout aangedra toe hy glo deur Tolou geskiet is. Volgens Ndlozi is Mmethi op 12 Januarie na die Mankweng-hospitaal oorgeplaas en sou hy geopereer word om die koeël uit sy been te haal, maar die operasie is uitgestel weens sy lae bloedvlakke. Hy werk glo as ʼn skoonmaker by ʼn plaaslike laerskool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Fritz ·

Wel met die verloop van die laaste paar weke sou hy defnitief dood gewees het as hy nie eerste geskiet het nie. En verseker sal die nou baie meer media dekking kry as al die plaas aanvalle op bejaarde mense die afgelope tyd.

Fanus ·

Om jou goed te beskerm is n n baie groter misdaad as om weerlose ou mense en honde dood te slaan

Scalla ·

Nou wat het die 30 jarige skoonmaker daar gaan soek, ek dink daar het n rusie ontstaan en die 70 jarige het homself net beskerm, hy moet bly wees dit was sy been,

Hennie ·

Dis hoe dit gaan, hulle betree ander se grond met bose motiewe en tjank as hulle seerkry.

Johan ·

Kan jy nou meer.Die boere mag hulle self nie eers beskerm nie

andrea van vuren ·

R10 000 borg! Skande! Die boer was op sy eie regmatige eiendom. Het die skurk nie dalk op Malema se aanbeveling die eiendom betree nie?

Annie ·

Van wanneer af het EFF die reg om arrestasies uit te voer. Miskien moet hulle mense ophou oortree … met al dieoorde tans sal enige boer en oumens hulleself wil beskerm!!!

wilma ·

EFF dreig om man te arresteer maar hukom arresteer hul ni hul eie mense wat moorde pleeg nie. Hul sal ni want hul is voorstanders van plaasmoorde. Malema moet onthou wat het met Mokaba gebeur.

Realis ·

Mense dit is een en dieselfde ” boer” wat die EFF self wou arresteer n ruk terug. Eweskielik is hy nou n sakeman…………. Hierdie persoon het almal in sy sak in daai dorp en omgewing en dit sluit sy ANC kamerade in. Hy is n bekende befondser van die ANC in die omgewing en Ngoako Ramatlodi tel onder sy vriende kring. Ek het al voorheen genome dat as enige ander blanke Boer n swart betreder sou skiet was jy al daai selfde aand in die tronk asook al jou wapens gekonfiskeer !! Hierdie persoon het die misdryf gepleeg al op die Januarie en word nou eers voor die hof gesleep………………laat mens dink………………………………

Piet ·

Betreding is reeds ‘n misdaad, maar om die kroon te span erken die man dat hy besig was om te steel! Die slagoffer het net twee keuses, los die man dat hy alles steel wat hy wil en later terug kom om jou te vermoor, of verdedig jouself en gaan tronk toe. Die staat sal nou aanvoer dat hy die polisie moes bel eerder as om die man te konfronteer. Asseblief, so asof hulle ooit n telefoon antwoord! Jy kry in elk geval geen reaksie uit hulle uit behalwe as hulle vleis by jou moet kom laai, vir “dienste gelewer”.

Monkey ·

Jip die diewe mag jou skiet en keelafsny en martel, hulle mag jou plaas onregmatig betree, moet net nie waag om ‘n dief terug te skiet of hom in ‘n kis te sit nie .. Die EFF beheer klaar die land met sy handjievol ondersteuners .. nog noooit het hulle ‘n plaasmoord veroordeel nie, veroordeel net die tweets en fb inskrywings . .. Wens die EFF wil so vigilant wees met moordenaars wat onskuldige 70 en 80 jarige mense in rystoele doodslaan .. maar nee hulle is te besig om FB te volg en te kyk of iemand nie dalk na iemand anders as ‘n monkey verwys nie.

Johanna ·

nou toe nou!!! dis nou n kriminele oortreding om jouself te beskerm. so dis die wet? Moenie jouself beskerm nie. wees liewer n statistiek!!! Wat meer kan n mens verwag van n korrupte regering. ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.