Sakeman in hof ná ma se moord

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez Patel, die sakeman van Limpopo wat aangekla word van die moord op sy vrou, het Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn in verband met die moord op sy ma.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is uitgestel vir nadere ondersoek. Patel (30) sal in polisieaanhouding bly tot 11 Oktober wanneer hy om borgtog sal aansoek doen.

Mahejeen Banu Patel (51) was twee weke gelede in haar huis in Nirvana in Polokwane toe ʼn gewapende verdagte op haar en haar huishulp losgebrand het. Mahejeen is gewond en na ʼn hospitaal gehaas waar sy ʼn paar uur later gesterf het. Haar huishulp is ongedeerd. Niks is uit Mahejeen se huis geroof nie en die polisie het gesê die motief vir die aanval is onbekend.

Rameez is Vrydag in verband met sy ma se moord in hegtenis geneem. Hy staan ook tereg vir die moord op sy vrou, Fatima (29), wat op 10 April 2015 in die egpaar se huis in Nirvana doodgeskiet is. Rameez ontken dat hy enige aandeel in sy vrou se moord gehad het en beweer sy is tydens ʼn huisbraak vermoor.

Rameez se pa, Feroz Patel (54), is in Augustus 2016 in die Ladine-nywerheidsgebied in Polokwane in sy motor doodgeskiet. Die polisie het destyds gesê Feroz is deur vier mans in ʼn grys Volkswagen agtervolg waarna ʼn jaagtog ontstaan het. Feroz het beheer oor sy motor verloor en teen ʼn heining gebots. Die verdagtes het uit hul motor gespring en hom doodgeskiet voordat hulle ʼn sak uit sy kattebak gehaal en verdwyn het. Niemand is nog in verband met dié moord in hegtenis geneem nie.

Lees alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Annie ·

Klink of die seun ook iets met sy pa se moord te doen gehad het, moet hom nie borg gee nie – wonder wie hy volgende sal skiet – seker homself nogal nie slegte idee nie.

Lollie ·

As hulle hom verdink aan die moord op sy vrou en nou op moord van sy ma dan wonder ek waar was hy toe sy pa vermoor is? Alles darem so toevallig! Wat is die kanse dat ń persoon se pa, ma en vrou vermoor word op verskillende tye en jy word van 1 of meer van hulle verdink? Klink maar baie ‘fishy’!

Dinkbietjie ·

Motief….? Kyk na die oorledenes se testamente miskien.

Asmain ·

Wat n vreemde sameloop van omstandighede, almal om die man word soos vliee afgemaai…is hy die enigste kind?

LBS ·

As hy nie die enigste kind is nie, beter die broers of susters maar so gou moontlik hul eie veiligheid verseker.

Hanna ·

Ai ai… Sal dit nou “greed” wees as almal dood is, kry hy alles.
Beslis moontlik dat hy ook verantwoordelik was vir sy pa se dood.
Waar sal hy die beste behandeling kry? Stikland, Valkenberg of Weskoppies. Hy kan permanent weggesluit word, n gevaar vir homself en ander. Die blinde sambok gaan hom bykom. Shame.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.