Sakeman in hof oor ‘huurmoord’

Dain Neveling. Foto:  tapology.com

Dain Neveling. Foto: tapology.com

ʼn Durbanse sakeman het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy sakevennoot wou laat vermoor.

Dain Neveling (35) se borgtogaansoek is uitgestel om die sy regspan kans te gee om met hom te beraadslaag oor nuwe bewysstukke wat voor die hof gebring is. Hy staan tereg op aanklagte van poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede, diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Neveling is aanvanklik in Oktober saam met Hendrik Nunez en Jorgen Jorgensen deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van ʼn komplot om Grant Jones te vermoor. Jones is in Julie verlede jaar vyf keer geskiet en is nou in ʼn rolstoel.

Die polisie het verneem van ʼn tweede beweerde aanval wat op Jones beplan word. Die Valke het ʼn spesiale operasie van stapel gestuur waartydens hulle voorgegee het Jones is dood.

Die drie verdagtes is kort ná die operasie in hegtenis geneem, maar die aanklagte teen Neveling is laat vaar. Die aanklagte is egter in November weer ingestel nadat Nunez en Jorgensen skuldig gepleit het op aanklag van poging tot moord en sameswering om moord te pleeg. Hulle beweer Neveling was die meesterbrein agter die komplot.

Daar is destyds beweer dat Neveling ʼn polis van R34 miljoen op Jones se lewe uitgeneem het. Neveling sal weer op 12 Januarie om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Al is die leun hoe snel die waarheid agter haal hom wel.
Baie mense misreken hulle slim planne. ‘n Geheim bly net ‘n geheim as daar net een oorlewende is en al die ander dood.

Liewe lulu ·

Elke berig oor huurmoord wat ek gelees het, het versekering n rol gespeel. Die slagoffer se lewe was vir duisende of miljoene verseker.

SNEL ·

Ek kry Jones vreeslik jammer, om te dink dis iemand wat hy vertrou het wat dit aan hom gedoen het en hy kon dood gewees het, maar om ook te weet jy het geloop en is nou vir die res van jou lewe in n rolstol moet baie moeilik wees en is n groot ding om aan gewoond te raak. Baie sterkte vir Jones, en hoop die klomp kry n vonnis wat hulle verdien. Lewenslank sal gepas wees, want Jones se lewe is vir altyd verander.

JaNee ·

Nog nooit gehoor – Mens kom nie met moord weg nie ! As mense maar net wil besef dit neem ń jaar 5 10 maar die waarheid kom altyd uit !

Mariana ·

Moorde, in watter vorm vir watter rede ookal sal nie ophou of verminder solank die skuldiges met TE ligte straf daarvan afkom nie. Bring die doodstraf terug en maak n voorbeeld erg genoeg om n moordenaar 10 keer telaat dink voor hul dit doen. Ons hard verdiende belasting geld versorg hulle in die tronke. Daar kan hul mos nou nog met ons geld verder studeer terwyl derduisende buite die tronk nie aldag weet war vandag se melk en brood vandaan kom nie. Ek troos my dat daar Een straf is wat hul Noit sal ontduik, en dit is God se straf wanneer hul die tydelike vir die ewige verlaat. Sterkte aan Mnr Jones en sy familie – God slaap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.