Sakeman in hof oor skooltenderbedrog van R24 miljoen

Argieffoto

ʼn 43-jarige man van Durban het Vrydag vlugtig in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van bedrog ter waarde van R24 miljoen.

Vishal Seebran word daarvan beskuldig dat hy die Oos-Kaapse departement met R24 miljoen bedrieg het.

Hy is in 2014 vrygespreek in ʼn streekshof in Oos-Londen ná bewerings dat hy en twee ander probeer het om die voormalige hoof van onderwys, Modidima Mannya, wou omkoop om ʼn skryfbehoeftes-tender aan Seebran se maatskappy, Paper Active, toe te staan, het die Daily Dispatch in daardie stadium berig.

Die drie persone wou in daardie stadium glo oorweeg word in ʼn multimiljoenrandse tenderproses, nadat hulle die vorige jaar gediskwalifiseer is.

In sy saak voor die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth, voer die staat aan dat Seebran tussen Oktober 2009 en Desember 2009, deur sy maatskappy, vervalste belastingsertifikate en briewe by die departement ingedien het, om tenders ter waarde van R24 miljoen te bekom.

In die aanklag word daar na drie maatskappye verwys, Paper Active (Edms) Bpk, Mega Papers (Edms) Bpk en African Paper Products (Edms) Bpk. Seebran is ʼn direkteur by elkeen van dié maatskappye. Hy staan ook tereg op ʼn aanklag van vervalsing wat met die belastingklaringsertifikate verband hou.

Die saak teen hom is tot 19 Oktober uitgestel vir konsultasies.

City Press het in Januarie vanjaar berig dat ʼn kontrak ter waarde van R400 miljoen in Desember 2016 aan African Paper Products toegeken is. African Paper Products is een van vyf maatskappye wat deur die Oos-Kaapse departement van onderwys gekontrakteer is om skryfbehoeftes te versprei vir die 2017 akademiese jaar.

Seebran het in daardie stadium gesê die maatskappy het skryfbehoeftes afgelewer in Libode, Maluti en Lusikisiki-distrikte.

Die teenkorrupsietaakspan van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het in Februarie 2013 begin om die tenderbedrogsaak van R24 miljoen te ondersoek.

Mali Mtima, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van onderwys, kon nie dadelik verduidelik waarom Seebran steeds op die regering se databasis is vir tenders nie, ondanks ernstige bewerings van bedrog en ʼn ondersoek deur die Valke wat voortduur.

“Wanneer sake van dié aard gebeur, word dit by die tesourie aangemeld. As die tesourie nie tevrede is nie, dan sal sanksies plaasvind,” het Mtima gesê. Hy het tyd versoek om per e-pos te reageer op vra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Nog meer van dieselfde… Is sekere mense net in die land met planne om te gryp. Die Afrikaners word uitgedruk en die nuwe helpers is bloot selfhelpers. Kan ons swart leiers nog uit hul diep narkose ontwaak?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.