Sakeman in Johannesburg doodgeskiet

Argieffoto ter illustrasie van Johannesburg. (Foto: Unsplash)

’n Tanzaniese sakeman (36) is vandeesweek koelbloedig in sy motor in Braamfontein in Johannesburg doodgeskiet.

Kapt. Musa Shihambe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Shihambe het onbekende verdagtes in ’n BMW X5 Maandagmiddag op die slagoffer in sy Audi in Jutastraat losgebrand voordat hulle op die vlug geslaan het.

Die slagoffer het sewe skietwonde in die voorval opgedoen. Elf patroondoppies is op die toneel aangetref.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici en ’n plaaslike sekerheidsmaatskappy is omstreeks 15:10 na die toneel in Jutastraat ontbied waar die oorledene in die bestuursitplek van die Audi aangetref is. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie, het Shihambe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fedup ·

These kind of incidents will never stop while we have such a incompetent government and police force. Criminals are running this country. From top to bottom.

Niklaas ·

Dit moes geklink het soos ‘n toneel uit ‘n Al Capone dokumentêre film. Wilde weste hier met tye.

Stofdonkie ·

Dit terwyl die polisie besig is om mense te arresteer omdat hulle met ‘n t-hemp aan bestuur, Dis mos nou ‘n groter misdaad om te rook as om iemand te vermoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.