Sakeman in Leeudoringstad doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Jan Lombaard (50), ʼn bekende sakeman van Leeudoringstad, is Dinsdagaand koeëlbloedig deur ʼn groep aanvallers in sy huis op dié Noordwes-dorpie doodgeskiet.

Lombaard is die eienaar van ʼn vulstasie in die dorp en sy huis is sowat 50 m van sy onderneming af.

Kapt. Aafje Botma, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Lombaard is nie by sy vulstasie oorval nie.

“Tussen vyf of ses verdagtes het hom omstreeks 19:00 in sy huis oorval. Volgens ons inligting was hy en sy pa alleen in die huis tydens die voorval. Dit is nog nie duidelik hoe die groep verdagtes toegang tot die huis verkry het nie,” het Botma gesê.

Volgens Bothma is Lombaard in sy huis doodgeskiet en sy pa, Henk, erg aangerand. Lombaard se pa, wie se ouderdom onbekend is, moes na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling. Na wat verneem word, is sy toestand stabiel.

“Dit is nog nie duidelik of die verdagtes enigiets tydens die voorval geroof het nie en word verder ondersoek. Die ondersoekbeampte moet nog ʼn verklaring by die oorledene se pa afneem wanneer hy sterk genoeg is om dit te doen.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die moontlikheid word ondersoek of sy moordenaars hom na bewering van sy vulstasie af agtervolg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacques ·

Ja siestog en skiet hulle hulself in die voet ook . Ek kan nie help om te wonder hoeveel mense op die einde van die dag gaan werkloos wees en honger gaan slaap in die aand nie ? Dan en net dan sal die witman goed genoeg wees om vir hulle kos en werk te gee . Regtig ?
Sterkte aan die familie .

Jac ·

Dis hoekom ek niks meer gee nie, cut the nose to spite the face

Chris ·

Dit is so hartseer misdaad moord en roof ruk handuit. Die Press vergader met alle afrika leiers en maak beloftes, maar wet en orde word nie herstel nie. Die pres se tyd vir slagspreke is verby dit is tyd vir dade. Is dit deel van dit en wonder ek is dit nou tyd vir die uitwissing van die minderheid om gouer op hulle bates beslag te kan le

Nettie ·

@Chris – jou woorde is SO ironies. “Dit is tyd vir dade”. Heeltemal reg, ons ervaar daardie “dade” nou aan eie lyf.

Pierre ·

Ek hoop VF plus werk hard aan om selfbeskikking ‘n daadwerklikheid te maak, anders gaan ons almal die pad loop.

Sterkte ·

Dit is skokkend … en my innige simpatie aan almal betrokke en sterkte met die herstelproses. En vir diegene wat NET GOEIE nuus wil lees . . stel ek voor gaan lees ‘n ander koerant. .. hierdie is REALITEITE in SA en ek weier om enige persoon in SA se PYN te ignoreer omdat ander mense ‘goeie nuus’ wil hoor. Ons kan nie meer stilbly oor hierdie verskriklike aanvalle en moord op onskuldige mense nie . DANKIE Maroela dat julle ten minste oor alles berig, nie net oor die goeie goed nie, die slegte goed is ongelukkig besig om meer te word as die goeie nuus, maar ons MOET dit hoor en ons MOET dit versprei.

Vermeendes ·

Maroela my vermoede is dat hulle onwettig toegang tot die huis verkry het en ook heel moontlik die eiendom betree het, wat dink julle?

Verslae Leeudoringstadter ·

RIV Oom Jan. Altyd n glimlag gehad, oop hand wat bna sy medemens uitgereik het.

Leeudoringstad gaan jou mis verseker!

Ella ·

Ek wens die regering wil so dik raak vir ons dat hulle ons geld gee om n ander heenkome buite die land te kry, sal ek so waaragtig die geld vat en hierdie helhool verlaat maar hulle sal nie. Dis goedkoper om ons almal dood te maak.
Dit gaan nooit weer ophou. Ons kan maar met wag of self plan maak en waai.

Frank ·

Ella, ons hoort inelkgeval nie in Afrika nie. Wens Jan het daardie tyd die Kaap vermy, verby gehou met sy skepe en “pad” gevat Australië toe.

Lynne ·

Stem 100% saam met jou Frank! Jan van Riebeeck het NET een fout gemaak – hy moes NOOIT voet aan wal gesit het in Kaapstad nie! Ons sal NOOIT die einde daarvan hoor nie!

Annatjie ·

Watter skok om van ‘n vriend se dood te verneem. Hy wat so verskriklik hard gewerk het en ‘n hart van goud gehad het. Sterkte aan die familie en ek bid dat sy pa genade en krag sal ontvang om hierdie smart te kan hanteer.

Pierre ·

Ek het nie meer woorde nie Rip jan.en dit maak nie eers die tv se nuus nie dis erg.

Marie ·

Ai dit was so onnodig. Jan was n goeie vriend van my. N goeie mens wat net altyd vriendelik en behulpsaam was. Ons gaan jou mis my vriend. Sterkte oom Henk en Marinda. Ons gebede is met julle.

karin ·

Sjoe, dis moeilik om al hierdie aanvalle te sien en van te lees. My innige meegevoel met die afsterwe van Jan en baie sterkte en voorspoedige herstel vir oom Henk. Ek is spraakloos, maar een ding weet ek verseker – die Koms van ons Heer is hier. Niemand kan ons help nie – net God alleen. Die wraak kom net Hom toe. Al wat ons as mense kan doen, is om onsself en ons geliefdes en kennisse toe te maak met die Bloed van die Lam. Seen vir elkeen en mag God ons veilig hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.