Sakeman in Pretoria-Tuine geskiet

Die eienaar van ʼn tweedehandsemotorhandelaar is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat aanvallers hom in sy winkel in Pretoria-Tuine oorval het.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Ambulink-ambulansdienste, het twee gewapende mans die eienaar Woensdag omstreeks 12:00 oorval.

Volgens Loubser het die sakeman verskeie skietwonde opgedoen. Die twee aanvallers is ook raakgeskiet. “Die sakeman is op die toneel gestabiliseer en toe in ʼn kritieke toestand met behulp van Halo Aviation na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem waar hy nou uiters noodsaaklike mediese sorg ontvang.”

Die twee aanvallers is intussen deur die Hercules-polisie in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek die saak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vanessa ·

Ek is trots op die Hercules polisie dat d mans in hegtenis geneem is. Goeie werk. Misdaad ruk handuit. Sterkte aan die sakeman. Ons bid v jou.

Misky ·

Sterkte aan die man. Situasie so erg in SA deesdae, dat indien mens elke dag lewend na werk by die huis aankom, jy op jou kniee moet gaan en dankbaar wees jy het nog ‘n dag oorleef het in die misdaad nes wat ons ons moerland noem

ES ·

Dis die wille weste hier in SA… die laaste paar dae is daar net skietgevalle in die nuus.

Arno ·

Cele, jy en Cyril moet begin bykom. Die land is in gaos en gaan gebuk onder kriminele. Hierdie is my vriend Don, hy het n vrou en twee kinders. Hy is kritiek. Die beste man, pa en vriend ooit. Sal nie n vlieg seermaak nie maar moet omdat julle useless is nou baklei vir oorlewing en as hy dit maak gaan hy nooit weer dieselfde wees nie. Wil net vir sy gesin sorg soos alle ander mans wat sukkel om werk te kry en nou kom jou boewe en try diy ook wegneem. Hy het baklei en die twee geskiet net jammer hulle is nie dood nie. Byt vas ou maat ons almal Bid vir jou en Carol en kinders

SomeOne ·

sterkte don,
bly dat jy die aanvallers raak geskiet het, cele lê sekerlik op die strande rond

Swerwer ·

Sterkte sakeman en mag die vuilgoed wat dit aan jou gedoen het, boed vir hul optrede.

Anoniem ·

Sterkte en spoedige herstel aan hierdie man en sy geliefdes. Hoop en vertrou alles kom reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.