Sakeman/joernalis wen Welwillendheidstoekenning

Moeletsi Mbeki en FW de Klerk (Foto: FW de Klerk Stigting)

Die Raad van Trustees van die FW de Klerk Stigting ken die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning vir 2020 toe aan Moeletsi Mbeki, sakeman, joernalis, outeur en politieke en ekonomiese kommentator.

Die FW de Klerk-welwillendheidstoekenning is in 2010 ingestel om erkenning te verleen aan
individue en organisasies wat uitsonderlike bydraes gelewer het tot die bevordering van
welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Vorige wenners sluit in Pieter-Dirk Uys (2012),
Studietrust (2013), Patrice Motsepe (2014), Afrika Tikkun (2015), adv. Thuli Madonsela en die Kantoor van die Openbare Beskermer (2016), die afrigter-en-atleetspan van mev Anna (Ans) Botha en mnr Wayde van Niekerk (2017) en Gift of the Givers (2018).

“Die raad van die FW de Klerk Stigting het besluit om die toekenning aan Moeletsi Mbeki te oorhandig vir die manier waarop hy deurgaans die rasionele middelgrond behou het in Suid-Afrika se nasionale debat,” het die Stigting in ʼn verklaring gesê.

Mbeki is ook die adjunk- voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut van Internasionale Betrekkinge.

“Hy is een van die werklike vrye geeste van ons nasionale gesprek: hy bevraagteken alles, gesels met almal en weier om verbind te word aan enige van die huidige ideologieë. Hy kon suksesvol die silo’s oorsteek wat die huidige debat oorheers. Hy daag ons almal om ons eie aannames te bevraagteken en herinner ons daaraan dat ons almal ʼn gesamentlike lot deel in hierdie wonderlike land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vonkprop ·

Ag ou FW, vat jou ou toekenninkie en laat hom verdwyn. Niemand gee om oor jou erkennings nie. Jy is die oorsaak van die meeste van ons probleme vandag. Jy is nie meer relevant in ons moderne wêreld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.