Sakeman kort ná moordaanklag op kleinhoewe aangeval

Gavin Wingrave. Foto: Facebook

Gavin Wingrave (51), die sakeman van Mpumalanga wat in Augustus van moord aangekla is nadat hy homself teen ʼn aanvaller verdedig het, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Maandagaand voor sy vrou op ʼn plaas aangeval is.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Dinsdag aan Maroela Media gesê drie onbekende verdagtes het Gavin by die huis ingewag toe hy omstreeks 20:30 daar aangekom het. Gavin en sy vrou, Nadine, huur ʼn kleinhoewe in Heidelvallei in die Witrivier-omgewing.

“Nadine het die aanvallers opgemerk en probeer om Gavin te waarsku. Hy is egter oorval en erg met ʼn hoekyster aangerand. Gavin het sy bewussyn verloor en inmekaargesak, waarna Nadine haarself in die huis toegesluit en hulp ontbied het,” het Müller gesê. Die aanvallers het glo nie vuurwapens by hulle gehad nie en het nie hul gesigte bedek nie.

Albert Gryvenstein, die operasionele bestuurder van Bossies Community Justice wat Gavin tydens sy inhegtenisneming in Augustus bygestaan het, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Nadine het pepersproei gaan haal wat die egpaar in die huis aanhou om hulself te verdedig.

“Die verdagtes het begin om die veiligheidshek oop te breek en sou amper toegang kry, toe sy die verdagtes deur die hek  daarmee gespuit het.”

Intussen het ʼn omliggende boer daar opgedaag en skote in die lug afgevuur waarna die aanvallers met Gavin se selfoon en voertuigsleutels te voet gevlug het. AfriForum se plaaslike buurtwag was eerste op die toneel en het verdere bystand ontbied.

Gavin is op die toneel deur paramedici behandel en in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Nadine is ongedeerd en het die aand by vriende of familie deurgebring.

Gavin het onder meer skedelbreuk opgedoen en beserings aan sy blad en skouer. Hy het reeds ʼn operasie ondergaan. Sy toestand is kritiek maar stabiel.

Müller het gesê AfriForum sal berading vir die egpaar bied as Gavin sterk genoeg is.

Maroela Media het vroeër berig Gavin is op Vrydag 11 Augustus in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy ʼn aanvaller, vermoedelik ʼn sluipslaper, uit selfverdediging met ʼn mes doodgesteek het. Hy het op ʼn grondpad gery toe die man sy voertuig met ʼn klip gegooi het. Wingrave het stilgehou om na die skade aan die voertuig te kyk toe die man hom na bewering aangeval en met ʼn klip probeer slaan het. Wingrave het die man glo uit selfverdediging met ʼn knipmes gesteek.

Wingrave is dieselfde dag in hegtenis geneem en het die naweek agter tralies deurgebring nadat aanvanklike pogings om hom die Vrydag op borgtog vrygelaat te kry, vrugteloos was. Tydens ʼn volgende hofverskyning op 16 Augustus het die staatsaanklaer ʼn aanbeveling gemaak dat die saak teruggetrek word, wat die hof toe gedoen het.

Müller het gesê daar kan nie bevestig word of die aanval op die kleinhoewe verband hou met die selfverdedigingsaak nie.

Volgens Gryvenstein gaan die omgewing die afgelope tyd gebuk onder misdaad, maar die moontlikheid dat die twee voorvalle verband hou, kan nie uitgesluit word nie.

Bossies Community Justice het AfriForum Buurtwag, paramedici en die Witrivier-polisie se honde-eenheid bedank. Die honde-eenheid het deur die nag nog na die verdagtes gesoek.

Müller het gesê AfriForum is baie trots hul buurtwaglede wat hul eie lewens in gevaar stel elke dag wanneer hulle ander mense gaan help.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die plaasaanval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê Gavins se skootrekenaar is ook tydens die voorval gesteel.

“Die Witrivier-polisie ondersoek ʼn saak van roof. Die polisie sal ook verder ondersoek instel om vas te stel of motief vir die aanval moontlik ʼn wraakaanval was. Die polisie ondersoek alle moontlikhede,” het Bhembe gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Karma ·

“Müller het gesê daar kan nie bevestig word of die aanval op die kleinhoewe verband hou met die selfverdedigingsaak nie”. NATUURLIK is dit ‘n vergeldingsaanval!!! Wat anders??? Behalwe as dit natuurlik ‘n blote RASSISTIESE aanval was.

Theresa ·

Die plakkers moet weg. Mense wat vir eiendom betaal en elke ding wat hul benut, voor betaal – moet kan bly waar hul kan en wil koop. Dis die res wat moet waai.

Ruby ·

Theresa, ek stem saam met jou maar ongelukkig werk dit nie so in ons piesang republiek nie.

Sw ·

Dis wat ons gedoen het, ge-semigreer na ‘n veiliger Suid-kaap. So lief as wat ek die Laeveld gehad het (en steeds het), ‘n spesialis-ingenieursonderneming daar bedryf het, was die risiko daar net te veel, veral as ek soms in die buiteland werksaam was. Gesinslede was al aangerand. Platter beursie, maar met meer gemoedsrus, teenoor konstante paraatheid ter wille van ‘n beter bankbalans.

Ekke sê ·

Ons moet na ons self kyk en dis maklik net so r1 r4 r5 dis al

Theresa ·

Dis poging tot moord. Die eerste man wou dit regkry en kon nie.!!! Soek hul in die plakkerskamp – waar die eerste een vandaan gekom het. In die bosse. Dis waar hul skynbaar daar bly! Beskerm hom in die hospitaal. Soek en vind die “moordenaars”” – hul was bloot nie suksesvol nie.

Schweinebraten ·

Stem saam. Poging tot moord. Dis net ‘n wonder dat hy nog lewe. As die ander boer nie daar aangekom het nie was hy beslis dood. Kan die polisie hulself verduidelik hier?

Dina ·

‘n Saak van roof terwyl hy so ernstig beseer is dat hy kritiek in die hospitaal lê? Die walms van dubbele standaarde hang baie swaar in die lug in Suid-Afrila… Sterkte, Nadine. Ons vertrou jou man gaan herstel en spoedig weer gesond en sterk aan jou sy wees. Kyk op.

Spyker ·

Ek verstaan nou nie so mooi nie…..hulle was reeds daar en op die paartjie ingewag…hulle kon mos steel en klaarkry en dan net gaan,maar toe wag hulle mos om hulle opdragte van bo uit te voer. X2 mislukte pogings. Sterkte aan Gavin en sy vrou!!!!

Sanet ·

Ondersoek ‘n saak van roof? Askuus? Was dit nie poging tot moord nie?

Adam ·

Wonder of daai ander slim dokter dink hierdie is ook maar net n inbraak wat skeef geloop het

Loma Cronje ·

As jy iemand dreig met moord is dit poging tot moord, maar jy kan amper ‘n man doodslaan, dan is dit roof. Verstaan nie die konsep nie???

alida ·

Hoe kon hy of hulle wegkom met pepersproei in die oe. Sekerlik moes hy teen iets vasgehardloop het of gestruikel het. Kon die persoon wat daar aangekom het nie daarna opgelet het nie. Ek was nie daar nie en weet nie presies nie maar dit maak tog net sin.

johnny_walker ·

die boer wat daar aangekom het , het skote in die lug afgevuur ? was dit guy fawkes dag ? weet hy nie hoe om te mik nie ?

Leahim ·

So maak hulle dit is hoekom die aanvallers hulle sien as maklike sagte teikens

Ian Jonker ·

Ek sal graag wil weet of die man wat aangeval was wel ‘n vuurwapen eienaar is. Kan dit dalk moontlik wees dat sy vuurwapens van hom weggeneem is agv die vorige “moordklag” teen hom?

Jaco ·

Waar is die poging tot moord saak dan nou? Hul het mos minstens gepoog om hom temoor!!!!!!

Geskok ·

Hemel nee………die arme man skaars deur die eerste storie en nou dit. Verseker het hulle hom ingewag en nie vir tee en koek nie. Sterkte aan die mensies!!

Leahim ·

Die ou moes in die eerste plek die staat gedagvaar het oor die onnodige aanhouding en ook die publisiteit wat daarmee saam gaan en ook n nuwe groter mes gekry het hopenlik gaan hy nou op sy hoede wees.

Zeus ·

Dit is nou jammer hulle net pepperspray gehad om hulle self mee te verdedig en nie n hand wapen nie. As jy op n plaas bly gaan pepperspray nie help om n aanval af te weer nie.

MisDemeanor ·

Hul was nou alreeds in die moeilikheid oor selfverdediging met ‘n mes. Ek kan dink dat hul huiwerig soy wees om ‘n geweer te gebruik. Inelkgeval die blik-emmers skiet mens dood met met mens se eie geweer.

bgj van der westhuizen ·

wel hulle was uit om hom dood te maak die roof was n by saak ek stem saam ons moet ons self bewapen al is dit ook net n knipmes dra saam piksteel in jou voertuig wand die sapd doen niks en as hy swart is en jy is wit gaan hy glad niks doen die grond wet se die regering sal jou beskerm dit is n grap

Erik ·

Die korrelasie tussen die 2 insidente is dat daar n “hit” bestel is op die boer, gaan doen navra onder die werkers en naaste lokasie, jy sal n persoon met die nodige inligting kry

gert joubert ·

Dit is tyd dat afriform met hul gerrie nel ernstig begin om die regering te dwing om outomatiese vuurwapens aan boere te verskaf. Op die oomblik doen afriform niks aan voorkoming nie. Dit help nie dat hulp later op daag nie. Vergeet van berading en gee die mense wat afgesonderde gebiede bly wapens. Asseblief afriform, staan saam met die manne wat baklei vir vuurwapen lisensies. Tyd dat gerrie nel iets doen, vergeet van Zuma en Grace Mugabe, doen iets vir die blanke

Valie ·

Ons kan nie meer vreemdelinge anders hanteer as potensieel vyandiggesind nie. Hanteer elke bekende met agterdog. Weg met naïwiteit, dit is gevaarlik.

Ria Maritz ·

Dit is sekerlik nie altyd moontlik om net op te pak en te trek nie. Alles in hierdie lewe kos geld, geld wat baie mense net nie
het nie ?!

Banie Smit ·

Hoekom het Gavin se buurman so in die lug geskiet? Of was hy bang hy sal ook van moord aangekla word. Dis mos soos die regstelsel vandag se dae werk.

Realis ·

En so hou almal hulle steeds blind vir die waarheid. Misdaad, huisroof, alle ondersoekspanne, alle polisie-ondersoeke, alle statistieke dui hierdie wrede aanvalle op plase as HUISROOF aan, en hoeveel kere word daar niks gesteel nie? Hoe kan jy ‘n saak van huisroof oopmaak as niks gesteel is nie, maar mense is liederlik gemartel?

Haan ·

Ek gaan n punt daarvan maak om dit op elke plaasaanval artikel op MM te sê, as MM dit wil verwyder dan is dit hulle saak.

Boere, kleinhoewe-bewoners, daar is n teiken op jul koppe. Raak paraat (dié wat nie reeds is nie) , maak julself weerbaar met meer as pepersproei (wat elkgeval in die huis was) en diefwering, en kom ons staan saam en baklei teen hierdie onreg. Dit is tyd.

stephen ·

Roof????… Dis beplan en daar os gepiog om hom dood te slaan.. Dis poging tot moord… KLAAR!!!

Lola ·

Ek wil baie graag weet hoe die POLISIE die regkry, om by ELKE liewe plaasaanval, NIE die aanvallers aan te leer en te arresteer nie??
Daar is GROOT fout met Honde-eenheid Opleiding!! Jonde vat d spoor tot by ” ‘n ” pad en o hel, toe verloor hulle d spoor! DIT IS AL WAT JY OOIT HOOR by ‘n plaasaanval. Ek weet, was daardeur! TWEE KEER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.