Sakeman moet R1 miljoen aan Absa terugbetaal

Jacques Nell in die hof. Foto: Met vergunning van Polokwane Observer

Jacques Nell in die hof. Foto: Met vergunning van Polokwane Observer

ʼn Voormalige sakeman van Polokwane, Jacques Nell, moet R1 miljoen aan Absa terugbetaal nadat hy die bank uit miljoene rande bedrieg het.

Nell, voormalige direkteur van DATA Master Office Automation, is skuldig bevind aan bedrog en Woensdag in die Mankweng-landdroshof tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is in sy geheel vir vyf jaar opgeskort. Die onmiddellike terugbetaling aan Absa vorm deel van die vonnis.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Nell se maatskappy moes in 2014 twee DocuTech-masjiene aan Absa verskaf. Hy het glo vervalste dokumente ingedien om finansiering vir die masjiene te bekom, waarin hy beweer het dat die twee masjiene nuut is hoewel dit eintlik toe al meer as ses jaar oud was.

Volgens Netshiunda het Absa meer as R5,2 miljoen in die transaksie verloor. Hy het gesê dit is nie duidelik hoekom die hof beveel het dat slegs R1 miljoen aan Absa terugbetaal moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Meraai ·

Dis nie al wat Jacques Nell gedoen het nie. Die wiel draai – soms stadig maar dit draai!

Tong innie kies ·

Meraai,ek stem.Was hy nie n tyd lank met XEROX ook doenig nie?

Tambotie ·

Ai nee so n skelm moet tronk toe gaan , die gretigheid en gulsigheid om net meer en meer geld te kan he , en dit op n oneerlikke manier ?? , R1000000 is niks vir so n skelm nie , hy moet n paar jaar in n hok aangehou word . Nouja as Suid Afrika no 1 wegkom met dieselfde dinge kan hy seker ook maar .

Jack ·

Hy was Mnr XEROX in Polokwane. Hy het baie gekonkel. Die wiel het uiteindelik gedraai.
Hy het op staatsdepartemente baie geld gest***.

Jan maak n plan ·

“What a bargain” – jy steel 5.2 mijoen en hoef net 1 miljoen terug te gee.m.a.w. jy steek nog steeds 4.2 miljoen in jou sak. Wragtig n winskoop. Tog te lekker in die nuwe SA.

Vuurblaser ·

Was hy nie ook kop in een mus met korrupte staatsamptenare en die ANC nie?

vermeende ·

CRIME DOES PAY……
Hierdie is regtig die enigste land waar eerlike mense gestraf word en misdadigers beloon word. Steel 5.2mil en betaal net 1mil terug.

Tong innie kies ·

Vuurblaser.
Jyt n punt beet.Jy weet,daar is die ding van “Ek was jou rug en jy was myne”.
Sekere Regeringskantore se “Furniture” spreek boekdele.

Ben Prinsloo ·

Jy is heeltemal korrek Vuurblaser. Nommer 1 het hom mooi geleer. Nog n joyner ter wille van geld.

Karolis ·

Steel en/of korrupsie is baie meer lonend as normale eerlike besigheid.

PJ ·

Sien in ons plaaslike koerant poseer mnr en sy vrou vir n foto saam met nr 1 terwyl hy alreeds in die hof verskyn het op die diefstal aanklag seker n “refreshment” kursus ondergaan

Scalla ·

Na al die berekenings en terugbetaling verdien hy dus R35000 per maand vir 10 jaar van niks doen nie, nie te sleg vir die sakeman nie.

pieter ·

wat is sy epos ek soek n job en na die verkiesing no 1 ook.

PJ ·

Marianne Maroela wil nie koerant naam gee maar hier net 2 groot lokale koerante

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.