Sakeman-moordverdagte se pa doodgeskiet

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

ʼn Sakeman van Limpopo, wat verdink word van die moord op sy vrou, se pa is Vrydag tydens ʼn vermeende rooftog in Polokwane (Pietersburg) in Limpopo doodgeskiet.

Rameez Patel (30) word van die moord op sy vrou, Fatima (29), aangekla. Patel se pa, Feroz Patel (54), is Vrydag tydens ʼn vermeende rooftog doodgeskiet.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn 54-jarige man van die Nirvana-woonbuurt is omstreeks 10:00 in sy Toyota Corolla deur vier mans in ʼn grys Volkswagen agtervolg waarna ʼn jaagtog ontstaan het.

“Die man het in die Ladine-nywerheidsgebied beheer oor sy motor verloor en teen die heining van ʼn perseel gebots. Die verdagtes het uit hul motor gespring en die man in sy motor doodgeskiet. Hulle het die motor se kattebak oopgemaak en ʼn sak, waarvan die inhoud in die stadium onbekend is, verwyder en weggery,” het Otto gesê.

Otto het gesê daar word tans ondersoek van waar Patel gekom het en waarheen hy op pad was. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die voorval volg kort nadat Rameez weer op 1 en 2 Augustus in die hooggeregshof in Polokwane verskyn het in verband met sy moordverhoor. Die saak is tot 17 Oktober uitgestel aangesien Tumi Mokoena, Feroz se regsverteenwoordiger, ʼn besering opgedoen het.

Feroz is in April verlede jaar in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem nadat Fatima op 10 April in hul huis in Nirvana doodgeskiet is. Hy beweer ʼn inbreker het haar vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Liewe heksie ·

O genade dalk wou pappie hom nie help nie toe reel hy soma die moord ok

KarooKlong ·

Die lot het waarskynlik mafia nagmerries of -hingste.
Seker gesien hulle landgenoot kom “weg”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.