Sakeman ontvoer, beroof; 3 vas

Argieffoto: Kent Williamson

Drie mans is in Johannesburg vasgetrek vir roof en die ontvoering van ʼn Ethiopiese sakeman.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans is moontlik deel van ʼn sindikaat wat niksvermoedende sakelui ontvoer en hul beroof.

“Drie mans is Donderdagaand vasgetrek nadat hul reeds meer as R25 000 van die sakeman gespandeer het. Dit terwyl die man vasgebind en geblinddoek in ʼn huis in Kensington was,” het Dlamini gesê.

Daar is beslag gelê op ʼn gehuurde voertuig en ʼn vuurwapen.

“Lede van die man se familie het die polisie in kennis gestel dat daar ʼn losprys vir die man se vrylating geëis word. Terwyl hy aangehou is, is aankope van luukshede soos klere en juwele in ʼn winkel aan die Oosrand gedoen met die man se gesteelde bankkaarte. Die slagoffer is by die OR Tambo-lughawe gaan haal deur ʼn ander verdagte sakeman om glo ʼn saak te beklink. Dié het met hom na die huis in Kensington gery waar hy aangehou is,” het Dlamini verduidelik.

Volgens Dlamini is die skuldiges binne ure in hegtenis geneem en die man bevry.

Die verdagtes word aangekla van roof, ontvoering en bedrog. Hulle sal Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jan van riebeeck ·

raporteer aan jou naaste afriforum buurtwag , ons het onlangs klopjagte uitgevoer saam met die polisie op n paar sulke plekke in die omgewing

kwaadgeld ·

Probleem is al laaankal gerapporteer, maar niks het daarvan gekom nie, sy maatjie is so tydjie terug gearresteer vir dagga, en is volgens hoorsê vrygelaat vir omkopery

snoefie ·

word so n slagoffers vergoed vir die skade wat hy gely het en deur wie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.