Sakeman op plaas doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Gautengse sakeman is Donderdagaand op sy plaas oos van Pretoria doodgeskiet.

Volgens ʼn betroubare bron het vermoedelik vyf gewapende mans die sakeman, glo in sy 60’s, omstreeks 20:00 op sy plaas in die Onbekend-omgewing naby Welbekend oorval. Die man bedryf sy eie onderneming op die plaas en volgens die bron blyk dit nie ʼn plaasaanval te wees nie, maar ʼn gewapende roof.

“Die verdagtes het die egpaar in hul huis aangehou, aangerand en op geld aangedring,” het hy gesê.

Die verdagtes het die man later na buite geneem en hom in ʼn beboste gebied doodgeskiet voor hulle op die vlug geslaan het.

Die Welbekend-polisie is steeds op die toneel om die gebied vir leidrade te fynkam. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir meer inligting.

Die slagoffer se naam is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou totdat al sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

G ·

Ek wonder waar hul dink gaan al die ‘grants’ elke maand vandaan kom as hul die belastingbetalers so uitroei.

Jane ·

Oh my word, dit is nie ‘n plaasaanval nie maar hy is OP DIE PLAAS AANGEVAL? Natuurlik is dit ‘n plaasaanval, maak nie saak hoe die man sy geld verdien, of hy ‘n sakeman of boer is nie, hy is op die plaas aangeval. PLAASMOORD, ook nie huisroof nie . dis die MOORD op ‘n onskuldige MAN op ‘n PLAAS. Hou op om die goed met icing te besmeer, dit is besig om af te dop! Baie jammer vir sy naasbestaandes wat NOG ‘n broodwinner in ‘n PLAASAANVAL moes verloor. So vreemd as diewe geskiet word en hulle die broodwinners was die regering die gesin gaan help, maar nie as onskuldige mense doodgemaak word nie! Wie sorg nou vir sy gesin?

w ·

dis tyd dat slagoffers se gesinne gegun word om self die aanvallers af te maai in plaas van tronktu

Theresa ·

Dis MOORD. Dis weer op ‘n plaasarea. Dis wat dit is. DIe media moenie doekies omdraai nie.

oumie ·

Wow mooi gesê maar dit is jammer net jy ek en ons lees wat jy skryf dit moet aan afriforum of iemand gewys word want nie jy ek en ons kan iets doen nie sonie gaan ons tronk toe

Hennie ·

Ek wonder nou wat maak gewapende roof op n plaas anders as n plaasaanval?!

BB ·

wat is die verskil tussen plaasaanval en gewapende roof…dis tog dieselle ding?…’n geliefde is vermoor? dis tog die punt….(maak my siek)

Werner ·

As dit net roof was hoekom die man die bosse invat en doodskied

Jordaan ·

Die man is op sy plaas vermoor, maar dit is nie ‘n plaasaanval nie? Ek is dalk baie dom, maar dit verstaan ek glad nie!

Matt ·

BB n gewapende roof se moetief is om iets tekry soos geld. N plaas aanval is die motief is polities en eintlik is geld en Wapens net n bonus.

Liefdeskind ·

Nou vra ek jou. As hulle die lot vang. Waarvoor gaan hulle aangekla word? MOORD of roof????

CR ·

Matt jy stem seker vir die ANC. Moord is moord en dan debateer ons nie meer oor roof of aanval of wat ook al.

Sandra ·

Matt asb. by elke plaasaanval is daar gevra vir geld of wapens of n voertuig. Hoekom 5 gewapende mans??? antwoord jy asb die vraag.

Juan ·

Ek stem saam Jordaan.. maak glad nie sin nie.. dis a wit man op a plaas vermoor.. ??? Dan is dit mos a plaasaanval!!

Alida ·

Martin laat druk groot asb die stembriefies dan stem ons almal. Jy moet net eers by JZ verby kom. Watter deel verstaan jy nie?

Ria ·

Martin jy wil die mag van besluit oor doodstraf in die hand sit van dieselfde mense wat verantwoordelik is vir die plaasmoorde?? Jy speel seker!!

Nettie ·

@Ria – ek verskil daar van jou. Die doodstraf kan en sal alleenlik teruggebring word wanneer die Grondwet herskryf word en daarvoor het enige party ‘n twee-derde meerderheid beheer in die regering nodig. Die ANC het in die afgelope tyd hul naam SO met ‘n plank geslaan, dat hulle wegbeweeg van die 66,6% stemme in die Nasionale Verkiesing eerder as om náder te beweeg (kom ons hoop dit bly so – dat die mense wat nou so protesteer nie weer in 2019 omgekoop kan word met vals beloftes van kos, klere, behuising, werk ens. nie of dat ANC-stemmers nie weer van ander Afrika-lande ingevoer word nie). En ek het vertroue in ons regstelsel, hoewel daar soms ‘n regspraktyk is vir een rasgroep en teen ‘n ander (soos ons gesien het met die Parys boere se sake en Coligny onluste). Die doodstraf sal regtig nie summier weer teruggebring word nie en ás dit wel teruggebring word, is dit ook nooit ‘n oplossing vir die probleme van die land nie, want doodveroordeeldes sit dikwels etlike jare in die tronk, waar hulle deur die belastingbetaler onderhou word. En ja, hierdie is NOG ‘n PLAASMOORD waar nog ‘n wit boer/broodwinner vermoor is vir ‘n paar honderd rand, vuurwapens en voertuig. En – vir die wat wonder – hulle kom in multi-getalle, omdat hulle bang is vir die boere en ons nooit een-tot-een sal aanvat nie.

ES ·

Net omdat daar gevra is vir geld of iets gesteel is beteken nie dis nie ‘n “plaasaanval” (geweld sonder rede) nie. Om te steel is een ding, selfs met die dreigement van wapens, maar dis totaal ‘n ander storie om daarna iemand die bosse in te lei en dan tereg te stel.

Knersis ·

Hulle bedoel seker dit is nie ‘n regering gesubsidieerde plaasaanval nie.

FW ·

Ja nee ek stem heeltemal. Tog duidelik ‘n plaasaanval. Ek begin alhoe meer wonder of van die plaas af weg trek dorp tor nie maar die beste ding is vir die boere nie. Mens se lewe is baie meer werd as om aan ‘n stuk grond vastehou. Ek dink nie daar is ‘n ding in my lewe wat ek meer berou as die gevaar tekens wat ek ignoreer het nie. My vrou en twee dogters het die prys daarvoor betaal. Vat dit van my, as jy daardie mense in jou lewe verloor is daardie grond niks meer werd nie. Kom van die plaas af weg met julle geliefdes.

Ai ·

Sjoe FW, ek wil nie uitvra nie so ek hoop ek verstaan reg en dan wil ek net se baie jammer om te lees van jou verlies. Ons land se grond is deurweek met die bloed van onskuldiges, ek stem saam jou. Net nie meer die moeite werd nie.

J.G ·

Stem saam. Wees aanpasbaar, dit gaan jou lewe red, die lewens van die mense red vir wie jy verantwoordelik is. Lewe is baie meer werd as grond, besittings, tradisie, aansien, gemak, taal ens

LB ·

Jammer om te hoor van jou verlies, dis erg. Ek sou graag wou weet watter gevaartekens daar was wat jy misgekyk het. Jou ervaring kan moontlik ander help om meer oplettend te wees.
Die groot probleem met plase verlaat is verlies aan inkomste, vir meeste boere is die boerdery al wat hulle ken en dan beslis hongersnood in die land as almal die plase net laat staan, dan sal jy chaos sien verdubbel.

Sandra ·

FW ek voel vir jou baie jammer en ek sien daar is nog baie pyn . As almal so redeneer en ons gee vir hulle al die grond ens ens. Wat gebeur as hulle soos nou nie produktief op die grond is nie? Dan begin hulle in die dorpe soos reeds al met die dorpsaanvalle oor ontevredenheid. waar gaan ons eindig. gaan roof en moord dan seker wettig wees. n Mens veg tog vir dit wat jy in die lewe wil he en jy beskerm tog dit wat joune is. Die is n groot gemors. Sterkte

FW ·

Die tekens was maar die ander mense op plaas en plotte wat so vermoor word. Ek was jonk en gesond, en opleiding gehad om mense te beskerm. Dit was my beroep voor ons uit die dorp getrek het. Ek het altyd gedink ek sal gereed wees as so iets ooit moet gebeut maar dit gebeur so vinnig. Ek vertel nie graag die storie nie maar om julle ‘n idee te gee hoe vinnig. Ons was die aand oppad uit en ek het my oudste skoene in die kar gaan haal. Alles was stil en normaal maar toe ek weer kyk was daar skielik vier by my. Ek het dadelik gehardloop vir my pistool binne maar was klaar twee keer raak geskiet nog voor ek binne was. Ek het probeer om die deur toe te hou maar hulle het my weg gestamp en toe weer geskiet. Daarna my vrou wat erens naby my was en toe my oudste. Sy was net vier jaar oud. Terwyl hulle besig was het my jongste wat ‘n jaar en sewe maande was begin huil. Hulle het net haar gesig toe gedruk met die komberse en so versmoor. Sy het nog gelewe maar was klaar brein dood toe die nood dienste opdaag. Sy is oppad hospitaal toe dood.

FW ·

As die boere nie anders kan as om te bly nie moet hulle tenminste altyd ‘n vuurwapen dra. Dit is al raad wat ek regtig het. Ons het nie hier te doen met gewone rowers nie. Die wat kom is harde en koudbloedige moordenaars. Hulle voel niks vir lewe nie. Die ding van so aanval is; al word net een vermoor, niemand in die familie oorlewe regtig nie.

nee ·

fw & kie- jy sien DIS WAT HULLE WIL HE’… As enige iemand die geskiedenis van kommunisme ken en weet hoe hulle werk, sal hulle weet hoe die kommunisties terrorisme handleiding werk. Eers vervolg hulle jou deur politiese onkorrektheid en onderdruk jou deur woorde, soos- jy’s ‘n Nazi; of jy’s ‘n rassis, jys ‘n regse, . Dan hou hulle jou in die donker, deur geen feitlike nuus, informasie, statestiek ens. bekend te maak nie. Dan kom Ekonomiese onderdrukking… vernietig jou besigheid. Dan vat hulle jou eiendom, besittings en grond weg van jou. Dis hier waar hulle mense met grond nl. boere terroriseer en vermoor. En asa hulle eers vrees en oorgawe sien onder die blankes en boere,. fdorseer hulle jou stad toe waar hulle jou aan hongerly en armoede gaan onderwerp tot jy dood van honger en dors. Kommunisme is uit satanisme gebore en dis hoekom leiers soos Hitler, Verwoerd en Mussolini ens. gehaat word en as boos gepropageer word…hulle het teen kommunisme probeer opstaan. Leer hier uit. Staan jou man en hou vas aan dit wat God jou gegee het nl jou familie en jou gawes en jou grond

Ai ·

Moenie vir my se dit was net roof nie. Hulle het die man in die bosse ingevat en hom basies “ge-execute”.

Gebede is met die familie. Dis tragies dat mense so links en regs doodgemaak word. Is ek die enigste een wat agterkom dat die mans almal doodgemaak word maar die vrouens in baie gevalle nie?

Gabrielm ·

So So hartseer…
vir wat? dalk ‘n paar selfone, rekenaar en paar rand? Net God kan ons red

A** ·

Stem 100 % saam, ek wens net almal kan dit besef – ons MOET terug draai na God toe, dis al hoe ons dit gaan maak in hierdie land…

Willie ·

Weereens- ek is baie jammer vir die bom aanval slagoffers in Manchester. Maar kyk hoeveel lugtyd hulle internasionaal kry… Hoekom kan plaasaanvalle ook nie wereldwyd sulke publisieteit kry nie?

Piet ·

MM julle het tog die berig geskryf, ek dink dit sou vanpas wees om te verduidelik. Wanneer n gewapende roof op n bejaarde egpaar op n plaas plaasvind en persone word tereggestel nadat die persoon reeds beroof is, hoe is dit nie n plaasaanval nie? Kan julle dalk help met n in definiering van n plaasaanval?

Jean ·

Maklik om te se kom weg van die plaas. As jou brood en botter op die plaas is wat gaan jy in die stad maak. Geen werk in die stad vir al die boere. Ook nie meer so veilig in die stad. Hoor gereeld van aanvalle en kapings.

Opinie ·

Ek dink hul maak in die meerderheid net die mans dood sodat die kinders en vrouens agter gelaat word… Sterkte aan sy familie met die verlies.

Zeus ·

Internasionale hulp gaan nie kom nie. Asb bewapen jul self sodat ons kan begin lees van poging tot moord en roof wat skeef loop vir die rowers en moordenaars. Op die wyse sal hierdie misdade drasties afneem.

PETER ·

Om te sien hoe sleg die misdaadsituasie ook in ander lande is, google stede en state se huidige misdaadsyfers. Groot stede is besig om in misdaad krotbuurte te verander en die misdaad daar is selfs gruweliker as hier. Dat ons mense vir internasionale ingryping wag getuig van ‘n naïwiteit en oningeligtheid wat die verstand te bowe gaan.

EJ ·

Hoeveel nog????????? Bring dood straf terug. Hulle kom weg met alles. Onskuldige mense word vermoor en dit vir paar sente.

Stef ·

Dis n plaasmoord. “Hom na buite gevat, en in die beboste gebied doodgeskiet” o maar dis n gewapende roof. Dis n hate crime, plaasaanval en n plaasmoord.

Alida ·

Die gekarring oor die doodstraf raak nou werklik afgesaag. Ons wil dit almal he en dit GAAN NIE GEBEUR NIE. Hou op kerm daaroor !!!!! Wat verstaan julle nie?

Willeman ·

Dit is baie kommerwekkend en frustrerend dat daar gedurigdeur op dieselfde “doodstraf” snaar getokkel word en dat daar verder niks daadwerklik gedoen word nie. Dis soos ‘n fopspeen wat gesuie word tot die kiewe bleek is.

Theresa ·

Bitter hartseer gebeurtenis. Blatante wreedheid. Innige simpatie aan familie en vriende.

amvi ·

Hulle is nie bewus dat hulle dade ge-label word as plaas of roof aanval nie. Hulle is net seker dat dit ‘n wit aanvalle is. En dit is al wat dit is.

Grotman ·

MM maak nie saak hoe jy hom spel nie. Die woord is en bly altyd PLAASMOORD!

Outop ·

Zeus, baie maklik om te se bewapen julle-self. Ek wag al 4 maande vir my lisensie en kry net beloftes as ek navraag doen.

herman ·

Dit is tyd dat ons inlaers saam op ons plase gaan woon net soos ons voorouers die Voortrekkers dit gedoen het !

foxi ·

Maroela, baie dankie weereens dat my kommentaar NIE geplaas is nie…..
Ek lees Maroela ter elke uur en daar is beslis meer kru taal in kommentare as wat myne in die algemeen was. Dit sluit nie net hierdie berig in nie.
Groete

Philip ·

Ek verstaan hier by Kameedrift polisie stasie is daar volgens die Bevelvoerder ñ klemverskuiwing dit is meer veilig vir sy lede om aanmanings briewe te beteken as om krininele klagtes te ondersoek. En die ergste is dat konstabels nie die verskil ken tussen ñ hof bevel en ñ aanmaning nie. Jy sien om die takies te verrig hoef hulle nie misdadegers te vervolg wat op hulle skiet of hulle dreig nie. Wat ñ grap. Ry eerder onbenulige klaers in staats voertuie rond om die beladting betaler se bydrae.

Belinda ·

Dit was my pa, hulle het vir altwee my ouers boeie aangesit. Pa het vir hulle gevra om nie sy vrou seer te maak nie. Hulle het my pa twee keer voor my ma geskiet. Dit was so onnodig… Mag hy in vrede rus.

LB ·

So ontsettend jammer vir julle. Daar is geen woorde wat daardie seer kan help beter maak nie.

Jacoba ·

Dankie NEE. jy het WAARHEID geskryf. BID NET ELKE OOMBLIK VIR WYSHEID BESKERMING KRAG geestelik…want ander krag sal mens dalk TYD wil laat wiel vinniger draai oooo die geduld raak min. STERKTE VIR GESIN VERLIES EN ALS DAARMEE GEPAARD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.