Sakeman-pa, dogter in gewilde Pta-kuierplek geskiet

Schivas Rock in Lynnwood, Pretoria (Foto: Maroela Media)

Schivas Rock in Lynnwood, Pretoria (Foto: Maroela Media)

WAARSKUWING: ‘n Grafiese foto volg onderaan die berig wat sensitiewe lesers en kinders kan ontstel.

Die eienaar van die gewilde kuierplek, Schivas Rock in Lynnwood in die ooste van Pretoria, en sy dogter is Dinsdagoggend in die kombuis van hul familieonderneming geskiet.

Volgens kelners wat by Schivas Rock werk, het twee gewapende mans omstreeks 10:20 die kuierplek binnegestorm en die eienaar, Andre de Almeida, en sy dogter Claudia, geskiet. Volgens inligting van die polisie is De Almeida 48 jaar oud en Claudia is 21.

De Almeida is in die linkerbors getref en Claudia in die gesig. Die aanvallers se gesigte was glo nie bedek nie. Die motief is in die stadium nie bekend nie, en dit is nie duidelik of iets tydens die voorval geroof is nie. Daar is ʼn skootrekenaar en selfoon op die toneel wat nie gesteel is nie.

Maroela Media het die toneel later besoek en met twee ooggetuies van ʼn nabygeleë mediese praktyk gepraat wat die gewonde pa en dogter ná die skietery bygestaan het.

Volgens Laurance Viljoen (24), die praktykbestuurder van Life Lab, het hulle omstreeks 10:24 ʼn vrou hoor skree. “Ons het glad nie die skote gehoor nie. Schivas is ʼn klankdigte kuierplek en die skietery het glo in die kombuis plaasgevind,” het Viljoen aan Maroela Media gesê.

Die slagoffer se vrou het kort daarna erg getraumatiseerd in die onderneming ingestorm en hulp ontbied. Een van Viljoen se werknemers, Olivia Kasselman (24), is ʼn opgeleide traumasuster en sy en Viljoen en ʼn plaaslike dokter is dadelik na die slagoffers om hulle by te staan.

Claudia is in die gesig getref, maar kon self na die ambulans stap, waarna sy in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

De Almeida het egter kritieke beserings opgedoen. Die dokter, suster en paramedici van Advanced Paramedic Assist het nagenoeg ʼn uur lank gespook om sy lewe te red. Hy is in ʼn bedenklike toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Na verneem word, is niemand anders tydens die voorval beseer nie.

Die kuierplek is tot verdere kennisgewing gesluit.

Die Brooklyn-polisie ondersoek twee sake van poging tot moord.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn volskaalse soektog is van stapel gestuur na die twee skieters. Hulle het glo in ʼn silwerkleurige Golf 7 van die toneel gevlug. “Albei slagoffers word in die hospitaal behandel. Die motief vir die voorval is onbekend. Die polisie is besig om alle leidrade op te volg, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie,” het Mavimbela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Cherokee ·

Sou die moordende spul in die land as ‘n eenheid optree of het die land bloot so verrot?

Buitestander ·

Wat laat ‘n persoon so onbesinne daad doen?
Is dit net dit tekens van die eindtyd?

Ashlee ·

Dalk is dit die eidtyd vir Suid Afrika. Nerens anders gaan dit so.

Ivan Faught ·

Dit is gin tekens van enige eindtyd nie. Dit is die gevolg van ekonomiese ongelykhede en jare se vooroordeel teenoor mense wat lei na sosio-ekonomiese probleme waar mense geen ander uitweg sien as om net reg in eie hande te neem nie.

Landie ·

Dis die tweede keer in ‘n maand wat die plek die nuus maak. Moontlik verband? Die drama is vroeg November op hulle Facbook blad.

Nico Prinsloo ·

Ek vermoed ook hierdie was ‘n persoonlike geskil gewees wat dalk verband hou met die November insident..

Hannie ·

Dit gaan nou al erger as die wereld oorloë van die jare toek!

Beesblaas ·

Die heel dag lees ek hoe mense aangeval en gemoor word. Ek is gatvol! Dis tyd dat ons iets doen en ophou sit en bewe agter groot mure.

charun ·

“Na verneem word, is niemand tydens die voorval beseer nie.” Die pa en dogter is dan geskiet?

dom ·

Jy weet. Staan jy op soggens maak jou koffie sit jou dik brille op en gaan lees die koerant vir spel foute en taalfoute? Elke dag is daar n mot wat iets te se het oor n spel fout of taalfout. Kom nou man almal maak foute. As jy soos n onderwyser wil optree gaan gee skool.

Landi Slatter ·

Dagsê Charun

Dankie vir jou terugvoer. Dit lees ‘Na verneem word, is niemand anders tydens die voorval beseer nie.’. Dit verwys dus nie na die pa en dogter nie, maar dat niemand anders behalwe hulle tydens die voorval beseer is nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

James ·

Buitestander , nee dit is mense wat wraak en geweld aan hits in die land en die gereg doen niks om dit te stop nie .

Pastoor ·

Wraak Moord Geweld. Die Meester het gesê. Hy wat die swaard gebruik. Sal sterf agv die swaard. Ja dit is die laaste dae. Gewapen……sonder wapen is hy n niks. Sterkte vir die familie van die slagoffers

Slagoffer ·

Ek en ñ vriend was daar aangerand ñ ruk gelede deur 3mans wat bekend is aqn die eienaars familie, my mening is dat daar agter die skerms iets sleg broei. Toe ons vra vir die beeld materiaal het hulle gesê die kameras werk nie. Nou ewe skielik werk dit as hulle die slagoffers was!?

willem ·

Watter kleur is die aanvallers? Dit sal mos help met die ondersoek of word dit slegs gedoen as die beskuldiges wit is?

Eugene ·

Hierdie is nie ‘n normale roof nie. Daar is meer aan die gang. Die plek en die eienaar is refelik kontroversieel as ek so na die gesprekke op hull Faceebook kyk.

Christo ·

Hierdie was nie n roof nie dit is verseker, hierdie was Persoonlike besigheid

Ou Klient ·

‘n Kennis van my het heelwat met Schivas tedoen gekry op besigheidsvlak, en sy opinie is dat daar BAIE onderduimse dinge aan die gang was. Die eienaar het al baie mense met besigheidtransaksies ingedoen, en hy laat byvoorbeeld “vroue van die nag” daar toe om kliente te werf, en dan het hy ook iets genoem van dwelmhandel.

Mense wat met sulke “besigheid” betrokke is, soek vir moeilikheid!

Giffie ·

Ivan…..so jy blameer apartheid? Graag sal ek jou as kanonvuur wil gebruik………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.