Sakeman se “lyfwag” buit hom glo uit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior polisiebeampte het in die Johannesburgse landdroshof verskyn nadat hy glo geld van ʼn sakeman geëis het.

“Die 53-jarige beampte is Donderdag op borgtog van R5 000 vrygelaat,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, Vrydag gesê. “Hy sal op 25 April weer in die hof verskyn.”

Die man is Donderdagoggend in hegtenis geneem nadat die sakeman die Valke genader het omdat die man glo geld geëis en hom geteister het.

Die beampte het van November 2012 tot verlede maand glo R22 000 ontvang. Volgens die beampte het hy beskerming vir die sakeman aangebied nadat die sakeman glo ʼn ander man met ʼn vuurwapen aangehou het.

Die klagtes teen die sakeman is laat vaar, aangesien die bewyse nie sterk genoeg was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.