Sakeman se ‘moordenaars’ gevang toe hulle drank koop

(Foto: Riaan van Lingen/Facebook)

Twee verdagtes het Donderdag in die landdroshof in Vereeniging verskyn in verband met die moord op die sakeman Riaan van Lingen.

Skhumbuza Dlamini (32), ʼn onwettige immigrant van Swaziland, en Sizwe Nkosi (30) word deur klagte van moord, ontvoering en roof in die gesig gestaar. Nkosi kan ook van die besit van ʼn onwettige vuurwapen aangekla word.

Van Lingen (61) se liggaam is Dinsdag met veelvoudige skietwonde in die Vaalrand-omgewing in Gauteng aangetref. Hy is Maandag as vermis aangemeld, nadat hy nie 17:00 van ʼn vergadering af teruggekom het nie.

Die polisie het onmiddellik ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur. Volgens die polisie in Gauteng is ʼn bedrag van R500 000 dieselfde dag as die sakeman se verdwyning uit sy rekening na ʼn onbekende rekening oorgeplaas. Later dieselfde dag is ʼn bykomende R200 000 en R250 000 na ʼn motorhandelaar oorgeplaas.

Daardie aand is Van Lingen se kaart gebruik om drank ter waarde van R2 000 by ʼn taverne in Thembisa te koop. Dit is dié transaksie wat die polisie op die twee se spoor gesit het en hulle is Dinsdag, kort ná Van Lingen se liggaam gevind is, in hegtenis geneem.

Die verdagtes se saak is tot 20 Februarie uitgestel om hulle in staat te stel om regsverteenwoordiging te bekom. Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die staat is van plan om borgtog teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Melissa ·

Hier is hopeloos te veel onwettige immigrante in SA. Dis hoekom mense so maklik met moord en rowery kan weg kom in die land.

Giel ·

Dis so jammer dat nog n lewe geneem is en ek is seker ons almal se harte bloei vir die naasbestaandes.
Geluk aan die polisie wat so gou opgetree het en die boewe kon vastrek.!
Is daar fout met die bankstelsels? dat R500 000 en R 200 000 sommer “netso” kon uitgetrek word? waar en hoe? en dan ook R 250 000 oorplaas kan word na n handelaar..?

Ons lewe in n onnatuurlike bose wêreld en soiets soos die onsinnige moord kan met eninge een van ons gebeur.
Giel

Yvonne ·

Tragies….hulle spending spree was van korte duur….hulle behoort gougou borg te kry…ek versmoor van woede!

electricmango ·

Dis so jammer dat die misdadigers nie besef wat die impak is van hul dade nie. Riaan was in n posisie om elke liewe dag R2000 te genereer vir watter rede ook al. Nou is dit verby, die geld is nou nie meer beskikbaar nie en nodeloos om te se maar moontlik gaan sy familie ook nog land uit gaan. Die anc moet n groter poging aanwend om hul lede geskoold te kry sodat hulle kan besef wat hulle doen. Duidelike bewys dat hulle net nie oor die visie beskik om vooruitgang te verseker nie. In so mate so dat hulle eintlik nie die reg het om te lewe nie.

Ruby ·

Hoekom kon die geld wat na die motorhandelaar oorgeplaas is, nie help nie?

Seker moes hulle ‘n ID en besonderhede verskaf om die kar op hulle naam te sit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.