Sakeman se moordenaars “verdien nie genade”

Dawie Maree. Foto: Facebook

Dawie Maree. Foto: Facebook

Dawie Maree se moordenaars kan nie die hof vra om genadig te wees nie, aangesien hulle geen genade aan hulle slagoffer getoon het nie, het die staat in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer.

Staatsaanklaer Theo Moetaesi het regter Tshifiwa Maumela versoek om Lawyer Marabe Talane (39) en Rodney Katang Masemola (35) tot lewenslange tronkstraf te vonnis.

Maree (27) is in Mei 2008 voor sy vrou, Elana, en twee jong kinders (in daardie stadium ʼn dogtertjie van twee jaar oud en ʼn seuntjie van 11 maande oud), noodlottig gewond tydens ʼn struweling met ʼn gewapende aanvaller in sy huis.

Hy is in sy rug geskiet. Die doodskoot is by sy rug in, het sy borskas binnegedring en is by sy keel uit. Hy is by die hospitaal dood verklaar.

Masemola is ook tydens die voorval in sy maag geskiet en die twee mans se medepligtige, Martin Tshebesebe, is tydens die voorval doodgeskiet.

Paul Shapiro, die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, het Dinsdag in die hof aangevoer dat daar iets “baie vreemd” rondom die saak is en dat die volle waarheid nog nie uitgekom het nie. Hy het ter strafversagting aangevoer dat die hof in gedagte moet hou dat sy kliënte grootgeword het onder ʼn stelsel waar hulle as ondergeskik beskou is en hulle minder geleenthede gehad het.

Regter Maumela het egter gesê hy is bekommerd dat dit ʼn boodskap kan uitstuur dat wit mense in die land ekstra veiligheidsmaatreëls moet tref, want as ʼn swart persoon hulle aanval hy ligter daarvan sal afkom.

Moetaesi het aangevoer dat die verlede nie as ʼn verskoning gebruik moet word om misdaad te pleeg nie en dat die hof nie die boodskap moet uitstuur dat sekere mense weens die verlede meer toegeeflik behandel sal word nie.

Hy sê Maree is gewelddadig vermoor voor sy vrou en kinders en dat hulle steeds getraumatiseerd is oor die gebeure. “Lewenslange tronkstraf is ʼn gepaste vonnis. Ons almal kies ons eie lotsbestemming. Die beskuldigdes het gekies om die res van hul lewens agter tralies te spandeer,” het Maumela gesê.

Moetaesi het daarop gewys dat Maree se besigheid aan meer as 100 mense werk verskaf het en die beskuldigdes het hulle en hul gesinne van ‘n inkomste ontneem weens die moord.

Die saak is tot 24 November uitgestel vir vonnisoplegging.

Lees ook:
Mans skuldig bevind wat pa voor vrou, kinders skiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

Nie volgens zuma nie. Wat dan van hulle regte. Sulke gemors verdien nie enige regte nie.

SNEL ·

Hierdie Shapiro maak my warm onder die kraag, watse belaglike stellings….hulle het nooit geleenthede gehad nie en dis nou hul ticket vir crime. Sulke mense wat misdaad onder n mat in wil vee moet ook eers daardeur geraak word en n geliefde verloor en dan praat ons weer. Dis nou as geld praat, hoe kan iemand opstaan en sulke snert kwytraak vir koelbloedige moordenaars, wat n man en pa se lewe geneem het sonder om twee keer te dink. Skuim van die aarde, saam met daai misdadigers, dis n klap in daai vrou wat haar man verloor het se gesig. Miskien moet daai klomp wit mense wat so swaar kry in Krugersdorp ook oorgaan tot misdaad, Shapiro sê mos dis reg, “the system made me do it”, julle sal loskom.

adriaan ·

Ek wil sien hoe hierdie Paul Shapiro lyk. Is daar n foto van die man iewers op die net!! Ek wil sy foto copy en vir al my kliente uitstuur en vir hulle wys hoe hierdie monster Shapiro moord regverdig. Ek is so kwaad hieroor. Wat hierdie shapiro man egter wil se is dat alle wit suid afrikaners in die land vermoor moet word weens wat in die verlede gebeur het. Hy se dit is reg. Amper soos regstellende aksie. Hierdie shapiro man moet geskors word!!!! Van die rol geskrap word.

estelle ·

Moetaesi dankie dat jy atleast die groter prentjie insien as die ouens ‘n ligter vonnis kry! Stem LEWENSLANK of DOODSTRAF (as dit nog van toepassing was)

Anoniem ·

Adriaan ek stem. Sulke kwaadstokers het ons nie in die reeds vervalle samelewing nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.