Sakeman se moordverhoor: Staatsgetuies ontsnap glo

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Die hooggeregshof in Polokwane, Limpopo het Maandag ʼn aansoek aangehoor om aanklagte van moord teen ʼn sakeman te laat vaar nadat twee staatsgetuies glo verdwyn het.

Rameez Patel (30) word aangekla van die moord op sy vrou, Fatima (29). Regter Frans Kgomo het Patel se aansoek om die aanklag te laat vaar van die hand gewys. Die staat het vroeër versoek dat die saak uitgestel word aangesien die twee getuies glo onontbeerlik in hul saak is.

Die hof het gehoor dat die twee getuies glo uit die getuiebeskermingsprogram ontsnap het. Tumi Mokoena, Patel se regsverteenwoordiger, het die staat skerp gekritiseer en aan die hof gesê dit maak nie sin dat getuies uit die getuiebeskermingsprogram kan ontsnap nie. Hy het aangevoer dat die herhaalde uitstel van die saak Patel se kinders traumatiseer.

Kgomo het die staat gewaarsku dat hy nie ʼn verdere aansoek om uitstel sal toelaat nie. Die staatsaanklaer Mashudu Mudau het aan die hof gesê die twee getuies, albei Zimbabwiese burgers wat vir Patel gewerk het, het ondanks maatreëls van die getuiebeskermingsprogram ontsnap ná klagtes oor hul behandeling.

Mudau het gesê die twee getuies het gekla oor die toelaes wat hulle ontvang het om kos te koop en verblyf te betaal. Daar is nie bekend gemaak hoe die getuies daarin kon slaag om te ontsnap nie.

Patel is in April 2015 in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem. Hy beweer ʼn inbreker het sy vrou vermoor.

Regter Kgomo het die verhoor tot 1 Augustus uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irene Myburgh ·

Hulle het dalk nie ontsnap nie is dalk “gehelp” om te ontsnap. Ek meen as hulle kon ontsnap uit getuiebeskermingsprogram dan kon iemand inkom en hulle dalk ontvoer het en het hulle nie ontsnap nie.

RIANA BRITS ·

Dit is so kommerwekkend dat mans wat hulle vroue vermoor skotvry daarvan afkom, so die geweld en moord op vroue gaan net toe neem.

LTVW ·

Lagwekkend. Jy word beskerm, dan “ontsnap” jy want jy is nie gelukkig met die TOELAE nie… nie n getuie se dinges werd dan nie… en nie een van die KOS of VERBLYF toelae word in die wet voorgeskryf nie. VERBLYF word verskaf teen geen koste, en verblyf is SELFSORG.

Arizona ·

Met alle respek gesê, hierdie perd Mnr Patel) het geld. Hy kon enige iets gedoen het of laat doen het. Hulle het gekla oor die toelae wat hulle ontvang het. Dalk het hy hulle n beter offer gemaak. Ons almal weet die Suid Afrikaanse getuie program is n grap.

tinah ·

SA is paradys, nee nie skei nie, laat haar vermoor, hoeveel nog, so maklik in SA, skei is sommer tydmors, messy, een moet trek, die potte moet gedeel word, nee raak ontslae van haar, SA the easier than divorce capital. Divani, dai sleg griek in Uitenhage, die een , hoeveel nog?

charles ·

tjop tjop en dis verby, janee, goedkoper en vinniger om te vermoor as om deur ‘n lang uitgerekte en duur egskeiding te gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.