Sakeman skenk vloot voertuie aan ANC

Van die bakkies wat Gumede geskenk het. Foto: Zwelo Masilela/Facebook

Van die bakkies wat Gumede geskenk het. Foto: Zwelo Masilela/Facebook

ʼn Sakeman het Maandag 10 Ford Ranger-bakkies, vier minibusse en 20 iPad’s aan die ANC in Mpumalanga geskenk.

Die skenking is vir die ANC in die provinsie om te gebruik in sy verkiesingsveldtog in die aanloop tot die munisipale verkiesing later vanjaar.

Die sakeman Robert Gumede het die oorhandiging aan David Mabuza, premier en voorsitter van die ANC in Mpumalanga, gedoen by die party se hoofkantoor in Nelspruit.

ʼn Nuwe Ford Ranger-bakkie kos enigiets tussen R400 000 en R600 000. Foto’s van die oorhandiging is op Facebook gelaai en deur Sibusiso Themba, die party se woordvoerder in Mpumalanga, bevestig.

Gumede, ʼn begunstigde van Swart Ekonomiese Bemagtiging, is bekend vir die uitspattige partytjies en gratis musiekkonserte wat hy hou. Hy doen ook opheffingswerk met kinders.

Gumede besit die sukkelende tegnologiemaatskappy Gijima wat verlede jaar op die Johannesburgse aandelebeurs gedenoteer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

henk ·

Hy besit ‘n sukkelende besigheid en maak multi miljoene se skenking van die aard?
Uit watter departemente se begroting is hierdie geld verskuif?

Amanda ·

Die maatskappy het Farranani n baie bekwame firma vervang in Mpumalanga Dept. van Gesondheid.

Anoniem ·

Die sukkelende maatskappy het Farranani n baie bekwame firma vervang in Mpumalanga Dept. van Gesondheid.

Stem saam ·

Stem saam iets maak nie sin, Thuli kan maar hier ook ondersoek. Dalk kry hy die kontrak en moet verkiesingsmateriaal koop, baie fishy!

André ·

Henk
Moenie worry nie. Daai Ford bakkies gaan almal breek nog voor hulle die verkiessingsveltog sien.

Trudie Menezies ·

Die sakeman kry seker wonderlike kontrakte by die anc boeties . Goeie besigheidsbande.

Anoniem ·

Dit sal my nie verbaas as daar iewers in ‘n tender kontrak ‘n ekstra paar miljoen toegelaat is vir “Contingencies” nie…. Hulle kry glad nie skaam oor hul blatante korrupsie nie! Die ergste is niemand gaan niks kan doen aan dit nie…

Koos Karoo ·

Geen probleem nie; hy sal die skenkingsbedrag binnekort tienvoudig verhaal met winsgewende tenders en kontrakte.

Lions ·

Moenie worry nie. Daai man het nou wel ‘n sukkelende maatskappy wat gedenoteer is maar die ANC sal vir hom sorg. Daaroor hoef hy nie te worry nie.

Ben Prinsloo ·

Nog n tenderpruneer wat die wit volk se geld vat. Miskien maak ek nou n kan wurms oop maar die Grootboek sê gee aan die keiser wat die keiser toekom maar ook aan God wat God toekom. My vraag is net: die keiser besteel en vermoor ons, wat kom hom toe?

Drieks ·

Robert Gumede, hoekom het jy nie liewer vir mense om jou gehelp om hul eie eits te begin nie. Dan het jy regte mense gehelp . Die ANC help nie mense opkom nie. So eintlik het jy net jou self gehelp.

Daniel ·

Ek is wit en probeer ‘n besigheid koop om vir my familie te sorg maar my eie familie werk teen my om my uit geld uit te verneuk wat my toekom, so niks nuuts nie

Johan de Wet ·

Sover my kennis sterk het Gijima die tender vir tegnologiese dienste by Mpumalanga department gesondheid gekry.

Martin ·

Ja nee daar is defnetief n slang in die gras die Anc het seker weer saam gewerk om al daai geld aan die hande te kry vir al daai voertuie.

Joann ·

O maai da gaan ons geldjies weer na ander se sak toe. Ek ruik n rot. Dooie een.

Hasie ·

Wil net graag weet of bestaan daar nog so iets soos belasting op geskenke. Kan iemand by Jan Tax dalk vir ons inlig.

Se maar net ·

Gumede en Gupta klink darem baie na aanmekaar.Een groot vrot rot.

Duitswes ·

Eerlike skenkings aan wie ookal is mynsinsiens die skenker se goeie reg MAAR hier stem ek saam dat 1 + 1 is nie gelyk aan 2 nie en dat daar ryke/mags bevoordeling & arme benadeling geskied. Die Britse Eerste Minister se in ‘n geselsie met die Koningin; Nigerie (No1 Ekonomiese Reus in Afrika) is een van die mees korrupte lande ter wereld en No 1 in Afrika maar waar plaas dit SA tans, presteer ons nie dalk openlik beter op hierdie vlak nie??

Gesiggie ·

Well Done Mnr Gumede…. kyk na die ANC…. Dan sal hul na jou kyk…. Bripe…. daai geld kon eintlik op n baie beter manier gebruik word… gee meer vir die kinders…. maar seker jou geld… en jou keuse….??

alida ·

Dit kon nogal ‘n verskil gemaak het aan die haglike plakkerskampe !!!

Louise ·

Hoekom daar stop, werk sommer 10 BUSSE ook in om almal aan te ry.
10 sleepwaens om vir almal kos en drankies aan te ry, GAAN GROOT.
PS: waar staan ek in die ry vir so n trokkie lol…….

Rynhardt ·

JULLE VERSTAAN NIE.DIE SAKEMAN WAT 10X FORD RANGER-BAKKIES, VIER MINIBUSSE EN 20X IPADS AAN DIE ANC GESKENK HET, KRY DIT DUBBEL TERUG! HOE? HY KRY HOPE TENDERS WAT VIR HOM N FORTUIN INBRING, WANT HY HOU SY GELIEFDE ANC GELUKKIG.VERGEET VAN OPENBARE BESKERMER, MENSE VERSTAAN NOG STEEDS NIE WAT AANGAAN IN SA NIE! KORRUPSIE EN KNOEIERY KRY VOORKEUR IN SA!

Lance ·

Hy soek n tender of iets van die anc ..dis so voorspelbaar ..slang in die gras halloooo

Lewies ·

Hy skenk vryelik vir die ANC maar kan nie sy werkers ‘n ordentlike verhoging gee nie….

Riana ·

Ja nee Lewies hieris iets aan die gang weet net nie wat nie. Maar ja glo my ons sal later weer lees dit is bedrog gewees en dat ons maar weer daarvoor sal moet op dok soos altyd.

Riana ·

Dink die Hawks moet hier onder soek in stel ek ruik ook n rot wat vrot. Mense kan dit nooit op hou nie. Mens is al so moeg vir bedrog en strooi in hierdie land van ons.

Anoniem ·

Seker skenking vir n groot tender! Een hand was mos die ander hand…of hoe?

Skillie ·

Wonder wat word na die verkiesing met die voertuie en ander “geskenke” gedoen-wie kry wat-of word dit afgeskryf @ slegte skuld?

Andrea van Vuren ·

Die hooggeplaastes se vrouens gaan daarmee rondry en hul kinders gaan op die iPad’s speel! Lekkerrrr!

Askuus ·

Wonder wat word na die verkiesing van die “geskenke”-wie kry wat-of word dit afgeskryf teen slegte skuld?

malan labuschagne ·

Soos ons buurlande hul geskiedenis geskryf het in onkunde, so sal ons hul volg!

Johannes ·

Hy skenk dit seker om dankie te se vir ‘n kontrak wat hy gekry het

Besorg ·

Ja…. en mense in ons land vrek van ellende en wie blameer hulle…..hulle blameer apartheid…….

johannes ·

Ja wel Gijima sink in elk geval so kort voor lank is hy in elk geval bankrot. Geen maatskappy kan voortbestaan as hy sulke vrot goed doen nie. Selfs al steel hy ook nog tussenin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.