Die skenking is vir die ANC in die provinsie om te gebruik in sy verkiesingsveldtog in die aanloop tot die munisipale verkiesing later vanjaar.
Die sakeman Robert Gumede het die oorhandiging aan David Mabuza, premier en voorsitter van die ANC in Mpumalanga, gedoen by die party se hoofkantoor in Nelspruit.
ʼn Nuwe Ford Ranger-bakkie kos enigiets tussen R400 000 en R600 000. Foto’s van die oorhandiging is op Facebook gelaai en deur Sibusiso Themba, die party se woordvoerder in Mpumalanga, bevestig.
Gumede, ʼn begunstigde van Swart Ekonomiese Bemagtiging, is bekend vir die uitspattige partytjies en gratis musiekkonserte wat hy hou. Hy doen ook opheffingswerk met kinders.
Gumede besit die sukkelende tegnologiemaatskappy Gijima wat verlede jaar op die Johannesburgse aandelebeurs gedenoteer is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Hy besit ‘n sukkelende besigheid en maak multi miljoene se skenking van die aard?
Uit watter departemente se begroting is hierdie geld verskuif?
Die sakeman kry seker wonderlike kontrakte by die anc boeties . Goeie besigheidsbande.
Slang in die gras. Moet ondersoek word
Dit sal my nie verbaas as daar iewers in ‘n tender kontrak ‘n ekstra paar miljoen toegelaat is vir “Contingencies” nie…. Hulle kry glad nie skaam oor hul blatante korrupsie nie! Die ergste is niemand gaan niks kan doen aan dit nie…
Geen probleem nie; hy sal die skenkingsbedrag binnekort tienvoudig verhaal met winsgewende tenders en kontrakte.