Sakeman skiet homself glo in pa se spreekkamer

Henk Cronjé. Foto: Facebook

Henk Cronjé. Foto: Facebook

ʼn Bekende sakeman van Bloemfontein het homself glo in sy pa se spreekkamer by die Mediclinic Bloemfontein geskiet.

Amanda Appelgryn, hospitaalwoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig daar was ʼn skietvoorval in ’n private spreekkamer in die hospitaal. Sy kon geen verdere besonderhede bekend maak nie.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het intussen gesê die skietery het Vrydagoggend omstreeks 10:00 plaasgevind. “’n 40-jarige man het homself geskiet en is later dood.” Marope het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die oorledene is intussen geïdentifiseer as Henk Cronjé. Sy pa, Neil, het ʼn onkologie-praktyk by die hospitaal.

Grey-kollege het intussen op Facebook geskryf: “Ons innige simpatie met die afsterwe van oud-Grey, Henk Cronjé. Mag sy familie en vriende vertroosting vind in hierdie moeilike tyd.”

Volgens OFM was die pa en seun in ʼn hewige hofstryd gewikkel rakende ʼn bekende konferensie- en onthaalplek vir troues waarvan albei eienaars was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

mariette ·

Dis nou hoe n kind n pa straf..Die pa gaan skuld gevoel he vir die res van sy lewe en dit als oor geld…Sterke aan die ouers

Thinus Le Roux ·

Mariette, jy ken nie die mense of die feite nie so jy het geen idee waarvan jy praat nie. Henk was my vriend van ons kinders was. Bly eerder stil. Moenie ongevraagde, oningeligte & onsensitiewe kommentaar lewer nie

Bertie ·

Mariette. Jou mond moet loewer toe bly. Henk definieer integriteit en lojaliteit.

gerda ·

Ken drNeil al baie jare. Pragtige rustige man. Innige simpatie dok

Wilre ·

Is die ma – dr Cronje se vrou – nie ook dood agv ‘n skietongeluk nie. Is dit net ek of lyk alles baie verdag

kennis ·

Arme Henk. ‘n Paar jaar gelede het sy ma haarself ook voor sy pa dood geskiet

martien ·

Nee, ek ken geensins die familie nie asook nie die omstandighede nie…… maar n herhaling van so n insident steek rooi vlaggies uit. So bitter jammer vir die opregtes in die familie vir wie daar ongelooflike hartseer trane gaan vloei….

Bertie ·

Henk was die definisie van integriteit en lojaliteit.
Daar lê n groot leemte waar sy spore geloop het…. Henk is nou by die Here.

Sterkte ·

Ai so jammer Doc Neil, sagte liefdevolle drukkie vir jou!

Nie so opgelos ·

Hierdie jong man het nie geweet hoe om die probleem op te los, vir almal goeie raad. As jy so erg begin verskil,kry n profesionele bemiddelaar!

John ·

Nee. Die Pa het sy eie loopbaan wat al sy aandag verg, maar hy wil ook sakeman wees. Hoekom nie sy seun help nie, maar nee, hy wou hom eerder beheer en met hom kompeteer. ‘n Dokter wie se roeping dit is om lewens te red, met sakebelange, en in ‘n hofstryd betrokke met sy eie seun? Sy vrou is ook so dood?

Wilre ·

Is die gebeure rondom die ma en seun se dood nie baie vreemd nie?

Gesiggie ·

Ek voel so jammer vir die Pa…..dat hy sy vrou en sy kind op so n manier moes verloor….niemand sal die weg van die lewe verstaan, en niemand kan oordeel, want net Henk het geweet hoekom hy dit doen, hy lyk na so n goeie mens….Mag die Pa en Familie berusting vind, en mag God aan jul krag gee, en jul dra deur die Hartseer tyd.

Koobs ·

Dit is vir my absoluut skokkend hoe mense so harteloos kan wees om afleidings te maak, klippe te gooi en oordeel te vel!!! Dit is disrespekvol en ongevraag! Los die mense uit, daar is genoeg hartseer!!

Deon ·

Wat wel skokkend is, is hoeveel mense skielik “sensitiwiteit”, “respek” en “privaatheid” preek. Waarskynlik dieselfde mense wat nie kan wag vir Huisgenoot se weeklikse skinderstories nie en dalk ook vreeslik baie oor Oscar te sê het, maar nou ken hulle kastig die mense en dit maak die saak “anders”. Bollie man, dis nuus… en dit IS vreemd dat ma en seun so op dieselfde manier dood is, wat dit selfs meer nuuswaardig maak. Gis gerus voort, sê ek – mens wonder wat daar aangaan!

Yvonne ·

Genade Deon, hoe verlekker jy jouself nou in hierdie tragedie! ………Ek het ‘n miniatuurtroetelvarkie en maak nie saak hoe ek hom versorg en pamperlang nie (ag en dan lyk hy so skattig), sy lekkerste lekker is steeds om in die modder rond te rol!

Deon ·

Niemand het enigsins gesê dat hulle hulself verlekker in die tragedie nie – jy en jou troetelvarkie is die enigstes wat lekkerkry in die hele storie raaksien. Wat ons wel sê, is dat die situasie nuuswaardig is en daar geen fout mee is om oor die gebeure te bespiegel nie.

tammy ·

Stem saam met Deon. Mense hanteer dinge soos dit hulle pas….vandag so en more as hulle nie van die situasie hou nie doen hulle dit anders. Dit is n snaakse aangeleentheid en klaar!!! Dit is nuus.

Estelle ·

En daar sit die mense soos asvoels op FB en wag om te oordeel. Om te beskuldig. WEET JULLE HOEKOM HY DIT GEDOEN HET. So nie wil ek se. Maak seker dat as jy geoordeel gaan word JY WAT KLIPPE GOOI reg is daarvoor….Daar is n speletjie genoem. CRIMINAL CASE op FB. Dit sal julle besig hou. DIE FAMILIE GAAN DEUR HEL. Nie nog nodig vir al julle comments nie. DANKIE familielid

John ·

Die seun het nie sy Pa geskiet nie. Alles nou net die Pa s’n. Nou kan hy alleen al die besighede besit en bestuur… en nog dokter wees ook. Wow!

Anny ·

Ek kan dit nie glo nie….elke leser lees net die deel wat hom pas en gooi dan modder sonder om als in konteks te lees.

mariette ·

Natuurlik as hulle stry oir besigheid gaan dit oor gelg…En verstaan my reg ek as ouers sou skuĺdig voel..en met hoekoms loop……hoekom ek nie maar hofsaak laat los..hoekom het ek mie vrede gemaak…

Heyla Lindeque ·

Ons almal mag opinies hê, moet nie so kwaad word as mense van jou verskil nie. Al wat ek weet is dat ‘n storie 2 kante het, en NIEMAND is SOOOO wonderlik nie. Fotos kan bedriekg , voorkoms kan bedrieg, Moet julle nie blind staar aan mooi gesiggies en geld nie. agter dit alles skuil onheil.

Divvie ·

Maak nie saak hoe nuuswaardig die saak is nie, respekteer die mense se gevoelens asb. Nie een van ons weet wat die werklike omstandighede is nie. Wil julle regtig die onskuldige kinders aan jul skinderstories blootstel? Dit is onsensitief, hoe nuuswaardig ook al. Bid liewer vir die familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.