Sakeman stel sy kant ná onderonsie met swanger vrou

‘n Skermskoot van Romeo Makhubela uit die video.

Die sakeman wat na bewering ʼn hoogswanger vrou ná ʼn onderonsie by ʼn Wes-Randse winkelsentrum oor ʼn parkeerplek aangerand het, sê hy het Bianca Fourie gekonfronteer aangesien sy hom voor sy kinders beledig het.

Fourie (29), ʼn logistieke bestuurder wat byna agt maande swanger is, is glo op 25 April omstreeks 15:00 by die Steers-restaurant in Featherbrook Village in Ruimsig deur Romeo Makhubela aangerand.

Makhubela is intussen uit sy pos as uitvoerende hoof van die finansiëledienstegroep Novare Holdings geskors. Fourie het ʼn aanklag van aanranding teen Makhubela aanhangig gemaak terwyl hy op sy beurt ʼn saak van crimen injuria teen Fourie aanhangig gemaak het.

Makhubela het intussen ook die gelykheidshof genader. Volgens hofdokumente, wat Maroela Media onder oë gehad het, voer Makhubela aan dat Fourie hom voor sy kinders ʼn “k****r en ʼn “p*****l” genoem het.

Volgens Makhubela het hy en sy twee seuns by die winkelsentrum aangekom en is hulle eers na Woolworths voordat sy seun vir hom gevra het om Steers te gaan koop. Volgens Makhubela het hy nader aan die Steers probeer parkering kry en is dit toe dat hy ʼn wit vrou in ʼn Corsa gesien het wat glo besig was om op die insittendes van ʼn ander motor te skree.

Volgens Makhubela het hy Fourie gekonfronteer en dit is toe dat sy hom glo beledig het. Makhubela beweer hy het haar geïgnoreer en hy en sy kinders is by Steers in.

Fourie is ook by die Steers in en het glo aangehou om hom te beledig. Volgens Makhubela het hy sy humeur verloor en Fourie te lyf gegaan. Hy sê hy het hierna besluit om die restaurant te verlaat en het hy na die polisiestasie gery om ʼn saak aanhangig te maak.

Volgens Makhubela maak sy regspan intussen werk daarvan om die persone wat in die ander motor was en glo ook in ʼn onderonsie met Fourie betrokke was in die hande te kry. “Dit is belangrik om individue aan te vat wat dink hulle het die reg om na swart mense as ‘k*****s’ te verwys 25 jaar ná die nuwe bedeling.”

Bianca Fourie. Foto: Via Facebook

In die hofdokumente en mediaverklaring wat Maroela Media van Makhubela ontvang het, word daar geen melding gemaak van ʼn verskoning nie. Ander media het Donderdag berig dat Makhubela om verskoning gevra het omdat hy Fourie te lyf gegaan het en dat hy gesê het dat haar beweerde gedrag nie sy optrede regverdig het nie.

Maroela Media het vroeër berig Fourie voer aan sy het by die winkelsentrum ingery en gestaan en wag vir ʼn parkeerplek, want die parkeerplekke was baie beperk. Daar was ʼn BMW wat dwars gestaan het en terwyl sy vir die BMW se bestuurder gewag het om reg te trek, het ʼn man in ʼn ander voertuig agter haar sy toeter gedruk en geskreeu. Sy het toe glo vir die motoris agter haar beduie sy wag vir ʼn parkeerplek, maar het toe uiteindelik verbygery en ʼn ander parkeerplek gaan soek.

Makhubela was glo in die BMW na wie Fourie beduie het. Volgens Fourie het Makhubela haar in Steers gekonfronteer en sonder rede aangeval. Volgens haar het sy hom geïgnoreer, by die deur uitgestap en toe haar selfoon uitgehaal in ʼn poging om ʼn foto van hom te neem om hom te identifiseer. Toe sy die foto wou neem, het hy haar glo gegryp en met ʼn vuis geslaan.

Fourie het beserings aan haar gesig en bors opgedoen en is uit vrees vir haar ongebore babadogtertjie se welstand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Sy is sedertdien ontslaan, maar erg getraumatiseerd.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Elke “dodgy” saak vereis die rassekaart, en sal wit motorjoernaliste voortaan die Dawidster moet dra by Volkswagen-bekendstellings??

Hennie ·

En daar word die rasse kaart weer gespeel maar die nasie kan ons op nerhalende wyse noem as boere

Tronktoe ·

AG hy sal lieg en die raskaart speel om los te kom van aanranding/poging tot moord. Die KFC ouens het hulle saak gestel maar is afgelag .. hierdie ou verdien tronkstraf. AS n WIT SAKEMAN ‘n swart swanger vrou so hanteer het was hy REEDS IN AANHOUDING en niemand sou sy storie glo al het sy hom white trash genoem nie . TRONK TOE MET JOU AANRANDER.

Eben ·

Die verkeerde dinge stel nie ‘n saak reg nie. Altwee die mense het verkeerd opgetree en ons moet leer om onself te betoom.

Ek sal die saak los vir die regesgeleerdes. Dit is ook baie verkeerd dat ‘n vrou fisies gebolie word, veral ‘n swanger vrou. Ek hoop maar dat die twee mekaar kan vergewe en aangaan met die lewe. Die lewe is baie lekkerder sonder hof sake wat oor mens se kop hang.

Ek persoonlik maar meer en meer gebruik van aanlyn aankope en vermy kitskos eetplekke soos gif. Daar gebeur teveel probleme.

Neewat ·

Ag asb, dit is nou die SLAPSTE houding ooit . wie se vir jou SY het enigiets verkeerds gedoen of vat jy weer die ABUSER se kant? MAAK NIE SAAK Wat sy vir hom gese het nie, jy MAG NIE IEMAND AANRAND NIE .. Jy het eintlik klaar kant gekies want by die KFC het hulle nie belangstel in die manne se verduideliking nie en duidelik kon gesien word die ander man en vrou LOK die manne UIT EN VLOEK HULLE AS WITMENSE > die vrou het pertinent op die manne se karre geslaan met haar vuis en hulle GEVLOEK .. so hoekom het jy hulle nie toe gevra om te VERGEET En vergeef nie? NEE daar was ‘n POGING TOT MOORD saak teen hulle geopen . vreemd hoe BANG die SLAPRUG AFRIKANER geword het.

Kay ·

Eben, ek stem met jou saam. Absoluut niks regverdig die fisisie aanranding van ‘n swanger vrou, wit, swart, of enige ander ras, deur enige iemand, maar toe die eerste paar artikels die lig begin sien, sowat ‘n week voor dit in hoofstroom media begin het, het ek reeds gedink die dame het so bietjie meer gedoen as wat sy voorgee. Daar was te gretig om die Afriforum kaart te gooi, en haar moeder wat so hoog geplaas is met dit…… Neewat, ek stel voor jy kry ‘n brandblusser om die rassistiese vlam wat so diep in jou brand, net soos met soveel ander van ons volk, uit te woed.

Piet Snot ·

Eben, het jy al 3 video’s gekyk? Hy’t daai vrou geweldig geslaan.
Die oortredings is vir seker nie gelyk om mekaar uit te kanselleer nie.

ma ·

swak gedrag en onaavaarbaar vir die swanger vrou in die eerste plek! Sy moes eerder haar uit die voete gemaak het vir haar ongebore kind waaroor sy skielik so besorg is. Die man het nie gaan kos koop om sy werk te verloor nie . Hy is gevloek deur n “dame” wat dit nie wou los nie?

Afskuwelik ·

AG jy weet nie eers of sy hom gevloek het nie . hoe kan jy die SLAGOFFER die skuld gee? Jy noem jouself ‘n ma?? SY het gaan koskoop .elkeen moet die reg he om kos te koop al is jy swanger DAAR IS GEEN BEWYSE DAT SY HOM GEVLOEK HET NIE! So jy se NIKS van die gedrag van die AANRANDER NIE??? KLaar kant gekies MA?

LB ·

En nou glo jy sommer dadelik alles wat ‘n vroueslaner beweer en betwyfel jy die feit of die vrou werklik ‘n dame is? Regtig?? Wag totdat jy in so ‘n situasie geplaas word en talle woorde en dade voor jou voete gelê word wat net jou woord teen die ander party s’n is dan praat ons weer. Mense oordeel maklik.

Johan ·

“ma”. Hoe weet jy en Eben dat sy hom gevloek het? Omdat hy nou so sê? So, julle sal hom dadelik glo en haar summier veroordeel, sonder om seker ye maak dat sy bewering waar is?
Swak.

Johan ·

Soos jy nou verduidelik hier, is dit die wit vrou wat als veroorsaak het…die hele 2/3 van die berig gan oordie knaap wat beweer sy het hom n watsenaam genoem..ek het n soortgelyke of byna n soortgelyke insident gehad. Ek wou by n parkering intrek en gewag dat ander voertuig uit trek. Terwyl ek wag kom hier ook een van hulle, ook n bmw en druk voor my in en beset parkering…almal wys hom dat ek wag…hy ignoreer en die fight begin…arrogant verby…hy volg die ou wat hom aangevat het in die winkel, en lok hom uit verbaal, om iets tw doen…wat doen sekuriteit…hulle verwyder die witman…terwyl hulle hom uitlei volg die knaap hom..tereyl hy uitry word die wit ou steeds geprofokeer….wies die skuldige nou

anton ·

Skuus tog maar waar val jy nou uit met hierdie?
Was jy daar gewees en het jy alles gehoor? of werk jy saam met hom?
En waarom moes sy padgee/vlug? en vir wat? Het sy nie n reg in die lewe/land nie?
Nee regtig hoor.

Piet ·

Word jy ook geslaan ma? Geen man slaan aan n vrou nie, veral nie vir name noem nie.ek het dit nie eers op laerskool dit gedoen nie. Jy loop eerder weg. Dis hoe ons geleer is. Ek hoop hy kry wat hy verdien.

Ook 'n ma ·

Ek is ook ‘n ma, en stem saam met “ma”. Ek was al 2 maal swanger, en ek self weet dat daardie hormone onbeheerbaar is, dalk is daar waarheid wat hierdie sakeman sê, dit is heel moontlik dat hierdie vrou vreeslik ongeskik was, maar dat die man haar telyf gekom het is nie aanvaarbaar nie. Ek voel beide is verkeerd gewees. Ek hoop maar dat die waarheid sal uit kom. Dit is nie ‘n mooi voorbeeld vir hierdie man se 2 kinders nie. Ongeag van velkleur voel ek beide moet verantwoording doen vir hule dade.

Tanzie ·

Dit is deur mense soos jy wat ons land in die toestand is waarin dit is. Moet ons mense maar net weghol elke keer as dit lyk of daar moeilikheid kom? Ek is jammer, ek weier. Sy het absoluut niks verkeerd gedoen nie. Sy kon hom die vinger ook gewys het, vir al wat ek omgee, maar sy gedrag regverdig defnitief nie haar aanranding nie!

Vraagteken ·

Weereens; ‘It takes two to tango’.

Johan, dink jy regtig sy was so onskuldig? Daardie man het verby ‘n paar mense geloop; hoekom sal hy ‘n verwagtende vrou eerste aanval? Ek sê nie wat hy doen is reg nie; maar wat is die volle storie? Ek vermoed daar is baie meer vrae te vra as wat die beeld wys.

Balkie ·

Ek dink ‘n leuenverklikker toets sal kan help bepaal wie lieg……sien hy kans? Dis deesdae baie maklik om te sê die groot woord is gebruik….Penny Sparrow is mos nou nog voorop in die geheue…..

Tasha ·

Die winkelsentrum het sekerlik CCTV Kameras wat die parkeerarea afneem!!! So kan bevestig word wie was voor en wie was agter en wie was in die parking!

kas ·

Jou kant my kant en die ware kant.Het sy hom regtig verneder.Het sy regtig die k-woord gebruik.Was dit regtig nodig om haar te slaan.Ek word net so kwaad as iemand agter my die toeter druk want dit spreek van ongeduld en onbedagsaamheid.Wie het die beledigings gehoor of gaan daar weer saamgesweer word want onthou die k-woord is tronksake.Mense wat dwars in ‘n parkering stop maak my boos en ja jy mag niks doen nie want dan is jy ‘n rassis.

Gemaskerde Sopbeen ·

“I have a dream…..that one day we’ll live in a country where we’re not judged by the colour of our skin, but by our character!!” Vir die afgelope 20 jaar het julle darem nou hierdie “dream speech” laat les opsê né? Toe die “speech” gemaak is, het almal dit opgehemel en tekere gegaan en gewonder HOE so ‘n “speech” NIE die erkenning kry wat dit verdien nie, en hoe dit moontlik is dat so ‘n “dream” nie gestalte kan kry nie? Die wêreld kan in Suid Afrika kom kyk hoe daai “character” toe uitgeslaan het…..

BB ·

Almal gooi olie op die vuur en tussen elke kommentaar is daar die een spook stem wat herhaal “I have a dream”. KOM ONS ALMAL WEES EERDER ‘N VOORBEEL en probeer onself beteul in ‘n warm oomblik. Ons gaan dit net met geduld en tyd regkry.

Cornelius du Rand ·

Dis so tragies. As die rasse omgeruil was, was die man lankal in die tronk en het die vrou n huis by Supra gekry. Die media berigte sou ook baie duidelik na die beweerde aanrander se ras verwys en dit uitbasuin dat die beweerde klaagster swart is. Wanneer word daar erken dat omgekeerde apartheid nou in SA geld.

Andre ·

Makhule raak die grootste klomp snert kwyt. Jy rand nie ‘n verwagtende vrou aan nie ongeag die omstandighede. Die ANC Vroueliga wat so gesteld is op vrouens se regte, is doodstil. Hoekom? Omrede die slagoffer wit is en die oortreder swart?

linda ·

Die man jok duidelik, hy het haar nie geignoreer nie, hy het haar op die stoep ingewag, dit is duidelik in die beeld materiaal

kobus ·

Dis die maklikste om dit te gebruik vir sy uitkom kaans.dit gee hom steeds nie die reg om daai vrou so te slaan nie.maak n voorbeeld van hom.

Santjie ·

Ai tog…. die video wys dat sy om hom wou stap en hy het omgeswaai… self op die foto by die berig spreek vanself van agressie. Hoe gaan hy nou skielik die motoris opspoor op wie sy konsuis ook sou skree? Hy het seer sekerlik nie eers gestop om daardie motoris se naampie te kry nie so hoe nou? Enige vriend van ‘n vriend kan mos nou in daai parkeerarea op daai tydstip gewees het. Sy moet ook dan maar iemand gaan soek wat alles gesien het. Hy vat nou weer net ‘n kans en draai alles om.

honourable member ·

Ai tog die ou rassekaartjie wat altyd so gespeel word.

HPV ·

Niks regverdig die aanranding van ‘n vrou nie, dit is ‘n lafhartige optrede om die minste te sê. Mens vewag van ‘n senior uitvoerende sakeman om selfbeheersing toe te pas en ‘n voorbeeld te stel. Hy kon haar die rug gekeer het en net eenvoudig weggestap het en sodoende die konfrontasie ontlont het.

DaaiWoord ·

Daai woord gaan nog vir baie jare na ons leeftyd steeds lekker gebruik word as wapen vir regverdiging van optrede, verskoning vir optrede, wapen vir verontskuldiging, verweer ens.Miskien moet die nuwe betekenis in die verklarende woordeboek wees: “Verweer vir verontskuldiging en regverdiging” van jou eie en ander se optrede.

Francois le Cochon ·

Mnr. Makubela se weergawe klink vir my meer na die waarheid. Mev. Fourie daarenteen se weergawe klink ietwat verdraai. Jy kan nie onder ‘n hoenderstellasie slaap, en die volgende oggend kla dat die hoenders op jou gemis het nie.

Tanzie ·

Francois le Cochon, klim jy van die hoenderstellasie af want jy is nou self besig om lekker mis te praat!!!! Was jy daar?

thinus ·

Dit is net baie snaaks dat mnr. M nie maar ook sy foontjie gevat het en ‘n video van die brutale en rassistiese “aanval” geneem het nie, of wag , is dit nie waar nie?
Nee wat Francois, glo wat jy wil, maar die een wat eerste slaan is ongelukkig die aanrander = misdadiger!
Hoekom word die slagoffer van geweld so baie keer gekruisig omdat hul dit of veroorsaak of verdien het?

Jacques ·

Watse tipe man rand n swanger vrou aan in die eerste plek ? Demokrasie is ook net reg as dit hulle pas veral na 25 jaar , anders is dit apartheid se skuld vir die res . Regtig ???? Dit is tyd dat mense groot en beskaafd word .

Fabile ·

Enige en alle sake wat gemaak gaan word teen n ander kleur ras, gaan hulle net sê “ek was die K woord genoem” en dit regverdig enige optrede dan.

LA ·

Die aanranding het plaasgevind in werksure op ‘n gewone werksdag. Hoekom was Romeo nie by die werk nie, of maak hy sy eie reëls? Miskien moet die aandeelhouers hier begin met hulle eie interne ondersoek, aangesien dit waarskynlik ‘n gereelde instelling is om in betaalde werksure persoonlike sake te doen.

anton ·

Regtig??? is dit nou die storie wat hy uitgedink het en nou probeer om die vrou die vark in die verhaal te maak?
Elke swarte gaan nou op die wa spring van die ”K” woord wat gebruik is in enige onderonsie of woordewisseling al is dit nooit eers gedoen nie!!!
Hy sal maar moet bewys lewer dat sy dit gese het. Sal seker iemand omkoop om te kom getuig of iets.
Die arrogansie van party mense ken net geen perke nie!!!

marous ·

Sit selfone se gesprek opnemers aan . Bly koelkop al is dit hoe ondraaglik. Hou die opnames eers tot daar ‘n saak gemaak is en vee daarna die vloer ..

Werner ·

Hy het maar lank gevat om sy storie uit te dink as jy na die video kyk sal jy sien sy loop om hom by die deur in toe kofronteer hy haar eerste

Rasse kaart ·

Die Vickie Momberg saak het veroorsaak dat almal nou die rasse kaart gaan speel want hulle glo jy sal skuldig bevind word en die maklikste manier om jou in die tronk te kry of vir hulle om los te kom.

kas ·

Ongelukkig gaan daar seviele eise ingestel word want dit word gebruik nie om die oortreding te straf nie maar geld te maak wat vir my absoluut ‘n onding is.As ‘n derde party tot jou egskeiding lei mag jy nie meer skadevergoeding eis nie.Kan die partye nie maar saamsit en die saak oplos buite die hof nie.

Sentrum se kameras ·

Wat wys die sentrum se kameras wat die omstandighede buite vasgevang het? Met die misdaad en konflik deesdae is dit noodsaaklik dat ale winkemsentrums en openbare plekke kameras moet installeer, dit raak al meerbekostigbaar by die maand.

Afrikaanse Knaap ·

Jy kan my as vrou noem net wat jy wil, ek gaan jou nie te lyf gaan nie.
Jy kan dreig ek moet oppas en dat jy nog nie volksmoord op my gaan pleeg nie, ek gaan jou nie te lyf gaan nie.
Ek sal graag wil weet wat met daai saak gebeur het waar ‘n Afrikaan ‘n ander met dieselfde beledegende woord beledig het, of dis dit net ‘n kwessie as teenoorgestelde rasse mekaar beledig?

Neh ·

Ek is so bly jy was in hul teenwoordigheid vir hierdie deeglike opsomming van gebeure, jy moet beslis sy regspan kontak en jou dienste aanbied siende dat jy reeds tenvolle kennis het van wie reg en wie verkeerd in hierdie situasie opgetree het, dit sal sommer spoedig ‘n einde aan hierdie moontlike lang hofsaak sit en baie mense baie geld spaar. Lyk my volgense jou mag net mans hulself verdedig, ASB dat ‘n vrou tog net nie waag nie – kombuis toe met haar!

Casper Labuschagne ·

Die regstelsel aanvaar onskuld voordat skuld bewys is, maar op sosiale media word skuld oombliklik beken op grond van die graad van die oortreding teen die heersende sosiale norm. En hier het ons dit nou, die aantyging vir die gebruik van die k-woord is soveel erger as ‘n fisieke aanranding op ‘n swanger vrou al bestaan beeldmateriaal wel van die vrou se aanranding.

Op grond van onlangse hofsake in soortgelyke voorvalle, sal ek die volgende voorspellings kan maak, sou albei hierdie sake in die hof land. So voorspel ek tronkstraf vir Fourie want die kinders sal verseker die gebruik van die woord bevestig. Of Makhubela hoegenaamd skuldig bevind sal word is nie verseker nie en sou hy skuldig bevind word voorspel ek gemeenskapsdiens of ‘n opgeskorte vonnis vir hom.

Daar was ook al voorheen gevalle waar persone onskuldig aangekla is vir die gebruik van die k-woord. Ek het persoonlik ondervind dat nadat ek ‘n kassiere afgedank het vir diefstal het die polisie by my opgedaag omdat daar ‘n klag gelê was deur die betrokke kassiere vir die gebruik van die k-woord. Die res van die personeel het egter my weergawe bevestig, maar as hulle nie daar was nie, was die uitkoms dalk anders. My punt is dat valse aanklagte wel voorkom en dat sulke aanklagte amper soos ‘n teenreaksie voorkom deur diegene wat ander oortredings begaan het.

Piet Pompies ·

Indien ‘n landsburger beledig word en dit is ‘n oortreding van ‘n land se wet, mag jy nie as ‘n regsbeampte optree en jou eie vonnis uitvoer. As die persoon wel deur die vrou beledig was, is hy binne die reg om dit onmiddelik te gaan aanmeld. Hier het hy besluit om self in te tree wat hy nie mag doen. Nadat hy besef het dat aangejaag het, het hy besluit om dit aan te meld. Maak nie saak wat sy verskoning is, as ‘n senior persoon van die samelewing behoort hy te weet wat is reg en verkeerd.

Henk ·

Die raskaart sal altyd die regverdiging wees vir swart rassistiese kriminele dade

lizl ·

Dis duidelik dat hy lieg, en omdat hy swart is en sy wit is, het hy gedink hy kan maak wat hy wil, en noudat hy in die moeilikheid is… word die holrug geryde rasse kaart uitgehaal. Hy het geen bewyse van dit, sy het egter bewyse ! Kom ons kyk hoe gaan die saak gehanteer word. Ek sal aandring op `n groot boete wat hy haar moet betaal .

Saak het 3 kante ·

Jou kan – my kant – DIE WAARHEID.
Ek glo daar steek waarheid in sy verslag. Dis mos n swanger vrou se eerste verskoning “ek is hoog swanger, my hormone maak my mislik”
Ek is ook n vrou en (het)gehou van baklei. Wil altyd die laaste sê sê.
Miskien het sy TE veel TE hard baklei.
Ek glo ook dat dir man vir seker nie die situasie probeer ontlond het nie… ipv om verskoning vra en aanbeweeg en hy aanhou krap aan n plofbare situasie.
Nee ek was nie daar nie, en nee so ook nie ander wat hier kommentaar lewer nie…
Mense moet ophou om rasisme te huil elke keer as iets gebeur. Mense moet ook ophou om ander rasse en kuture sleg te sê….

Al2 het verkeerd opgetree, glo ek.
Al2 moes dit anders hanteer.
…maar so leer mens mos maar op die harde manier

TDW ·

Genugtig saak het 3 kante, het jy gesien hoe slaan hy haar? Sjoe! Al het sy vir hom gesê hy is die duiwel is daar werklik geen regverdiging van sy gedrag nie. Genugtig! Watse onsin praat jy?

Al ·

En sy twee seuns is sy getuies? Geloofwaardig? Ag nee wat, hy keer vir sy wickets – sy lekker paycheck is weg!

A ·

Hulle gebruik net die k woord wat hulle kwansuis genoem is en dit regverdig hul optrede. Sy gaan aangekla word en hy gaan nog ‘n medalje kry vir sy optrede

corne ·

Ja en varke kan vlieg. Hoekom nou eweskielik n klag le nadat die storie op lappe gekom het?As hy sy leunverklikker toets slaag sal ek se 2jaar tronkstraf vir aanranding en as baba iets oorkom moord sluit toe

ANEL ·

Ja nee nou word die rassisme kaart gespeel, vergeet van die incompetent. Hy weet wat hy gedoen het, so dis nou maklik om te sê dat sy hom die “K” woord genoem het. Dit is hulle almal se verskoning. Dit gaan nie hieroor omdat hy verkeerd is en hulle maak net soos hulle wil nie, iemand anders moet altyd die blaam vir hulle vat. Ongelukkig sal hy vry kom omdat hy swart is en sy wit. Dis ons Suid-Afrika……………………….

SêNet71 ·

Die bewyse is daar … Romeo oh Romeo het die hoogs swanger vrou fisies aangerand en daar is geen bewyse dat sy hom gevloek het of gedreig het nie. Uit die beeldmateriaal kan jy duidelik sien dat sy die vent probeer vermy het. Aan julle wat so hard probeer om polities korrek te wees … julle maak my naar! Feite is feite. Die skuldige is dus …. liewe Romeo.

Tienie ·

Ja wat as jy ‘n blanke is en jy kom in ‘n argument of onderonsie met ‘n anderskleurige kan jy verseker wees jy gaan beskuldig word dat jy die ‘K’ woord gebruik het sodat dit sy optrede kan regverdig want hulle word geglo en jy is die misdadiger.

Reguit ·

Maar net nóg een van duisende skitterende voorbeelde dat geforseerde rasse-integrasie en vermenging nie werk nie. Die vervalle en valse Linkse ideologie van sogenaamde “gelykheid”. Die sogenaamde “reënboogland” is ‘n nagmerrie.

Cor ·

Hoelank gaan ons nog die saga aanhoor. Los die twee dat hulle dit in die hof met n onpartydige aanklaer en regter gaan uitsorteer. Altwee is nou engeltjies sonder vlerkies. Plaas n wag voor jou mond en as hy wil toilet toe gaan byt op jou tande en kyk ander pad, so nie is jy die vark in die verhaal.

Maro ·

Laat sy vrou, as hy een het, ook in die hof getuig. Dit is beslus nie die eerste vrou wat hy slaan nie. Gaan seker ook nie die laaste een wees nie. As iemand sy ego bietjie skend, dan slaan hy dit reg.

Danie ·

Wel as ek nou na die meeste kommentaar lees dink ek sit die meeste die pot mis.ń Kant het altyd twee stories en nie een van ons was daar gewees om te weet wat die waarheid is nie.

Oom Kalahari ·

Paar swakkelinge wat hul eie manse vir die wolwe sal gooi. Kan my nie indink hoe ‘n hoogs swanger vrou ‘n man van sy grootte sal wil gaan aanvat of uitdagend wees nie. Hy speel net ‘n raskaart vir wegkom kans en is ‘n vroueslaner wat so optree. Daar was menigte opsies van ordentlike optrede as aanranding met doel om ernstig te beseer en poging tot moord. Shame dit maak van hom ‘n groot hero.

Elizabeth ·

Liewe genade, sien ek nou in my geestesoog hierdie katgeveg met al die kommentaar. :)

Haar woord teen sy woord. Hulle moet maar prokureurs kry en die saak gaan uit baklei in die hof.

Tienie ·

James wie sê sy het die woord gebruik – hy ja , dit is net om sy optrede te probeer regverdig wat volgens my nie regverdig kan word nie want ‘n man lig nie sy hande vir ‘n vrou nie en glad nie vir ‘n swanger vrku nie‼️

fantabulous ·

Die aanranding op ‘n swanger vrou is onaanvaarbaar maak nie saak wat die Ras is nie. “Woman Abuse”. Hy wil net weer Ras in die storie inbring omdat hulle daarmee wegkomm. Wat maak die seerste ‘n woord of fisiese aanranding en die kans om jou baba te verloor. Dit is hy se en sy se maar ek glo Fisiese aanranding. Is erger en in die geval .et die doel om ernstig te beseer. Sy is swanger ! Ek het die video gesien en sy het ingekom verby hom waarop hy op haar afgestorm het. Hy het heeltyd deur toe geloop en gekyk waar sy is. Hy kon lankal afgekoel het. Hy wou haar en haar baba beseer !!!!!!

Gerrit Dercksen ·

Die belediging is net n bewering ,die aanranding n feit . Die klein swanger vrou was alleen , die groot meneer en twee seuns en sy drywer . Die wie groot meneer se kant insien is sy soort . Ware man sou verskoning maak selfs al was sy moeilik .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.