Sakeman sterf in aanval

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn sakeman Vrydag in ʼn voertuig doodgeskiet is.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 07:00 in Rockville in Soweto plaasgevind.

“Die eienaar van ʼn taxi-onderneming en sy vennoot het in ʼn patrollievoertuig naby die Makheta-supermark gesit, toe ʼn onbekende aantal verdagtes hulle genader en op hulle losgebrand het,” het Makhubele gesê.

Die man is op die toneel dood en sy vennoot is in ʼn kritieke maar stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die motief vir die aanval is onbekend en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die naam van die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liesl D ·

Ek verstaan nie die berig nie. Sakeman en sy vennoot sit in n patrollievoertuig…soos in n polisievoertuig? Dit klink vreemd

Michael ·

Geen vrees meer vir die wetstoepassers of hulle wette nie,die wetteloosheid dui aan die onvermoë van die sogenaamde leiers wat nie eers hulself kan lei nie

Yster ·

Nou verstaan ek nie. Is dit n polisie patrollievoertuig. Of ry taxi eienaaars ook patrollievoertuie. Of kan enige persoon sy eie patrollievoertuig hê.

Gert ·

Dit is ‘n taxi beheerliggaam voertuig wat monitor dat slegs geregistreerde taxi’s in ‘n sekere area operasioneel is. Hulle is wel baie intimiderend en is in meeste gevalle gewapen.

Strussbob ·

Iemand se man en pappa wat dood is. Mens se rug is oop sonder n dad. So skreiend sinneloos.

AL ·

Seker n beplande sluipmoord. Die taxi eienaar maak seker meer geld as die ander.
Ons almal moet saamstaan teen geweldsmisdaad.

Flintstone ·

Nuusberig is misleidend.As vorige vulstasie eienaar is ek deeglik bewus van die oorlog wat onder taxiverenigings en eienaars woed.Het myself al by geleentheid in die middel van so n skietvoorval bevind.Daar is ‘n permanente wedywering vir winsgewende roedtes en gereeld vind dit ook uiting wanneer busbestuurders en taxidrywers om ‘n spesifieke roete wedywer.Wanneer ‘n buitestaander dan ook nog sy opwagting maak word die wapens vinnig uitgeruk om so ‘n individu te tem.Hierdie is maar ‘n klein blik op die onderwereld van die taximafia,waar groepe invloedryke taxi- en buseienaars meeding om winsgewende roetes.Hierdie individue is bo die wet verhef,daarom dat jy weinig of nooit eens hulle name in die media sal vind nie.

Anton ·

En wééreens is die foto by die berig van ‘n “wít hand” wat die skoot aftrek… want dit sal nooit PC wees as dit ‘n “hand van kleur” is nie…!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.