Sakeman sterf maande ná wrede plaasaanval

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

Piet Els (86) is Dinsdag in ʼn hospitaal dood amper vier maande nadat hy en sy vriendin wreed op sy plaas buite Kimberley in die Noord-Kaap aangeval is.

Els en Rikkie Alsemgeest (68), albei bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie op Els se plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval. Vier aanvallers het die paar gedreig en aangerand voordat hulle hul hande en voete vasgebind het. Hulle is vir ure aangerand en gemartel en onder meer met ʼn strykyster gebrand.

Die verdagtes het die kluis met ʼn hoeksnyer oopgesny en met ʼn groot hoeveelheid waardevolle items, ʼn jaggeweer en ʼn wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate op die R31 naby Phutanang buite Kimberley opgespoor.

Niel Alsemgeest, Rikkie se seun, het aan Maroela Media bevestig Els is Dinsdagoggend vroeg oorlede. Volgens hom was Els sedert die aanval in die hospitaal en is van die hoësorgeenheid na die waakeenheid oorgeplaas. Hy is ook in isolasie behandel. Volgens Alsemgeest het Els se toestand die afgelope paar weke versleg en het sy organe begin ingee.

“Hy het die afgelope twee tot drie weke erg gely. Dit is maar baie rof vir my ma, maar dit is ʼn verligting dat hy nie meer ly nie.”

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig die drie verdagtes wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, is verlede maand in die Kimberley-landdroshof borgtog geweier.

Hulle staan tereg op aanklagte van huisbraak, roof met verswarende omstandighede, verkragting en oortreding van die immigrasiewet. Die beskuldigdes mag weens die aanklag van verkragting nie geïdentifiseer word voor hulle gepleit het nie.

Alsemgeest het gesê sy ma is seksueel aangerand en die klag van verkragting spruit hieruit voort. Sy het toestemming gegee dat sy geïdentifiseer mag word.

Die beskuldigdes sal intussen Woensdag weer in die hof verskyn waar die aanklagte teen hulle moontlik verander kan word ná Els se afsterwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Rea ·

Ag nee…… oom Piet ek het voor jou groot geword! Eks so jammer om te hoor! ?

Theresa ·

Innige simpatie met al die familie en vriende. So jammer. Mag die moordenaars spoedig gevonnis word. Die onwettige mense doen baie skade in hierdie land. Hul mag nie vrygelaat word nie.

Nestus Venter ·

Allerhande aanklagte, maar nie poging tot moord nie? Nie manslag nie?

PIPPIE LANGKOUS ·

Kan ek ook nie verstaan nie!!! Wat ‘n klomp snert gaan deesdae aan in hierdie piesang republiek van ons!!!

Liberaal ·

Hoe gaan ons liberales nou probeer om dit toe te smeer? Seker deur om nie hieroor te berig in die massamedia nie, hierdie tegniek werk tog goe, wat dink jy Max?

Gesiggie ·

My innige Simpatie aan die Familie en geliefdes… ek hoop dat die Moordenaars hul dag dubbel en dwars sal kry… n dierbare mens se lewe is geneem… Suid-Afrika … wat gaan ons doen omtrent die Plaas aanvalle en Moorde??? Wie gaan ons Red.. Ons moet net aanhou Bid…. God sal intree

Ad ·

Agnee dis so hartseer en die uwe minister Sisulu beweer alles hierdie is onwaarhede??????????? Rus in vrede oom

Eish ·

Die liggaam is nie gebou om op 86 sulke trauma te hanteer nie.
Dit moet op goeie herhinneringe stadig en saggies verdof.

Johan. H. ·

Stem saam met jou, Liberaal,,, Hoekom moet enige iemand hoegenaamd vermoor word,, Swart of wit??

Catherine ·

Waarom dink julle is meeste van ons kinders in die buiteland? Glad nie meer n plesier om hier te bly nie. Well done afri forum…tell the world the truth!

Annie ·

86 of 68 wat was oom Piet se regte ouderdom Maroela?????????????????

Tania Heyns ·

Dagsê Annie

Dankie vir jou kommentaar. Piet Els is in die ouderdom van 86 oorlede. Sy vriendin, Rikkie Alsemgeest, is 68 jaar oud. Ons hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Deon Koegelenberg ·

Dis erg . Hierdie land is in n staat van stadige uitmoor van die wit mense so jammer dis alles so onnodig . Bring die doodstraf terug

Karen van Zyl ·

Wees baie versigtig waarvoor jy vra, as die doodstraf terug kom is dit ons wat gaan boet.

Muffin ·

Hoop moord word bygevoeg op klagstaat. Kan nie insien hoekom nie.

Veer ·

Oom Piet was n man van formaat en almal in die omgewing het hom geken. Hy laat n groot leemte, rus sag oom.. jou legacy leef voort.

Wouter ·

Toe ek vanmiddag my kantoor skuif sien ek tafel waarop ek en hy beide gebie het toe ek as jong man in kby gebly het. Ek vra hom om my kans te gee want ek kan nie baie betaal nie. Hy jaag prys op en betaal toe die helfte en ek die ander helfte. Ek kry die tafel. Sy rede: want dit was vir goeie doel, dbv kry opbrengs van boedel. Nou die skok van sy afsterwe. So wreed. My ouers en skoon ouers boer ook, vrees die dag wat hulle aangeval en gemartel word.

Daan ·

Sisulu …. hie word nog ‘n stuk hout in die vuur in gedruk ….. En Afri forum wel gedaan, laat niemand toe en verdra niemand se nonsens, planne of se dreigemente wat julle wil stop of knelter.

Mrs H ·

Wat my sal by bly van oom Piet, is hoe hy elke liewe aand en oggend, op sy kniee saam met sy kinders, bybel gelees het voor hul bed, en hardop, opreg en met nederigge liefde gebid het. My hart is seer en ek dink aan julle seuns. Sterkte en mag God julle ekstra styf vashou in n baie rou tyd.

Joe ·

Al die politieke partye stuur medelye met die dood van mense in ‘n oorlog land soos Israel, maar geen party oor die plaasmoorde in ons land. Dit word mos as alledaags beskou!?

Theresa B ·

Dit maak my siek om elke oggend van al die wreede aanvalle en moorde te lees. Die mensies bereik ‘n wonderlike ouderdom in hulle lewens, net om so wreed te sterf. Ek is so jammer vir oom Piet se familie en vriende. Ek bid dat die Here sal ingryp in ons land.
Die doodstraf moet terugkom. Dis al hoe hierdie boosheid sal afneem.

Dup ·

Nadat ek vanoggend vir Kallie op RSG gehoor het, gaan ek my bydrae vir Afriforum drasties verhoog.

FM ·

Afriforum gee feite. Volgens Sisulu is dit nie waar nie. Het sy feite? Nee nee. Sy spoel haar mond uit oor Israel, maar oor witmense wat uitgemoor en gemartel word sê sy niks.ASB ASB sluit aan by Afriforum om hul hande te sterk. Hulle gee net feite weer. Ek is n trotse lid.RIV oom Piet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.