Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met Schalk van der Merwe se onlangse ontvoering, is vandeesweek vrygelaat nadat Van der Merwe die saak teruggetrek het.
Van der Merwe (33) is verlede Donderdag voor sy werkswinkel in Butterworth deur ʼn groep gewapende mans in sy motor gedwing. Hy is twee dae later deur lede van die polisie in Ngqamakhwe naby Butterworth gevind waar hy in die strate van die Mtebele- informele nedersetting rondgeloop het.
Maroela Media het vroeër berig ’n 30-jarige man is kort daarna vir ondervraging ingeneem en later in hegtenis geneem in verband met die ontvoering.
Luxolo Tyali, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Vrydag gesê die verdagte is egter intussen vrygelaat nadat die klaer in die saak ’n verklaring afgelê het om die saak te onttrek.
Die saak is dus nie op die hofrol geplaas nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Now why on earth would you do that?
Glad you are safe, but something just ain’t right with this whole story.
Vermorsing van kosbare tyd, jy kan nie net sommer ‘n klagte terug trek, die klaer kan dalk van meineed aangekla word.
Hier is beslis ‘n slang in die gras.
Hmm… suspisieus
Iets is mos nou nie lekker met hiérdie storie nie! Soveel tyd en geld gemors net om die klag te laat terugtrek.
Hy word dalk afgepers met die dood, want iets is duidelik nie reg in hierdie storie nie