Sakeman van KZN in huis vermoor

Die owerhede vanoggend op die moordtoneel. (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ’n saak van moord, poging tot moord en huisroof nadat ’n 35-jarige sakeman Saterdag vroegoggend in sy huis in Tongaat, noord van Durban, met ’n skerp voorwerp doodgesteek is.

Ashver Sukwa  se 65-jarige pa het ook ernstige steekwonde in die voorval opgedoen en is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n groep onbekende mans het Sukwa en sy pa omstreeks 05:45 in hul huis in Saib Place in Greylands oorval.

“Die huis is geplunder. Die kluise is leeggemaak en huishoudelike items is gesteel.”

Volgens die nooddiens Reaction Unit South Africa is Sukwa meer as 30 keer met ’n voorwerp gesteek voordat hy in ’n laken toegedraai is. Sy pa is minstens vier keer gesteek en in ’n koelkamer in die huis ingedwing.

Pa en seun het glo ’n groente-en-vrugte-onderneming vanuit die huis bedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Jislaaik tog! En die kleur van moordenaars in Suid Afrika? malema sal dit nie glo nie!

Blomme ·

Ai.. Moet mens begin gewoond raak aan dié Suid Afrika? Regtig nie meer in jou huis veilig nie.. Kan net dink hoe die prentjie vir mense in ander lande moet lyk… Hul kyk na ń riller fliek.. Of word hierdie tipe nuus nie buitelands versprei? Sterkte aan die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.