Sakeman vas ná hy glo ‘dief’ op plaas skiet

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 70-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man op ʼn plaas in die Modjadjiskloof-gebied in Limpopo geskiet het.

Brig. Motlafelo Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het glo die 22-jarige man van diefstal verdink en hom na bewering in die been geskiet. Die verdagte het intussen ook ʼn saak van diefstal teen die beweerde slagoffer aanhangig gemaak.

Mojapelo kon nie die naam van die verdagte bevestig nie aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie. Maroela Media verneem die verdagte is Michael Tolou, die man wat die EFF gedreig het om self in hegtenis te neem sou die polisie hom nie vastrek nie. Daar is vroeër berig Tolou is ʼn boer, maar daar is intussen verneem hy is ʼn sakeman.

Maroela Media het vroeër berig Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê Simon Mmetli het op 4 Januarie op ʼn plaas hout aangedra toe hy glo deur Tolou geskiet is. Volgens Ndlozi is Mmetli op 12 Januarie na die Mankweng-hospitaal oorgeplaas en sou hy geopereer word om die koeël uit sy been te haal, maar is die operasie uitgestel weens sy lae bloedvlakke. Hy werk glo as ʼn skoonmaker by ʼn plaaslike laerskool.

Mojapelo het vroeër gesê die verdagte het Mmetli daarvan beskuldig dat hy hout van ʼn bloekomboom wou steel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DS ·

EFF praat…. Polisie luister…. was die polisie maar net so vinnig met die arrestasie van die moordenaars van die plaasmoorde en ander misdade ook

Willem ·

So as die eff se spring dan spring almal BELAGLIK MAN danword die vrae gevra hoekom gaan dit soos dit gaan

zoom zooom ·

Lees nerens dat Zuma en Guptas gevang is. Hoekom doen EFF niks omtrent dit nie

Winston ·

Dit is nou soos dit maar gaan in SA. Baie maklik om arrestasie uit te voer voordat die ondersoek afgehandel is. Hang af van jou ras….

Griki ·

Mens skiét nie iemand wat hout steel nie. Dis mos nou belaglik en moeilikheid soek. Buitendien, die beskuldigde het gesé die man WOU hout van ‘n bloekomboom steel. Dit maak in elk geval nie sin nie, tensy dit droë takke is wat onder die boom gelê het.

H.A. ·

Nou gaan toi-toi by die hof. Gaan in honderde en stig brande en beskadig alles. Dit werk glad nie meer om te bla-bla nie. Hulle wil daad sien nie bla-bla nie. So bly ons maar ‘sitting ducks’ .

Jean ·

EFF Rule alreeds die land. die ANC is vrekbang vir hulle so ook die DA en al die ander partye. Almal bewe as ‘n swak ondersteunde EFF mannetjie sy mond oopmaak of witmense dreig. Hulle besluit wie moet in hegtenis geneem word en wie nie. Hoeveel van hulle het eers matriek geslaag wat nog te se enige regskennis? Hou op om ander mense se GROND te betree en hulle goed te STEEL dan sal mense nie nodig he om hulleself te beskerm nie. Ek sien ‘n baie kommerwekkende trend hier . EFF PRAAT EN DIE POLISIE EN REGTERS luister! Dit gaan alles oor ras, as die boer ‘n wit OORTREDER geskiet het was daar GEEN ophef van gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.