Sakeman vas oor ‘bedrog’ van R74 mil.

hof-hamer

Argieffoto.

Guillaume Johannes Malherbe (57) het Vrydag vlugtig in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn in verband met beweerde bedrog en die oortreding van die Wet op Banke. Die beweerde bedrog beloop sowat R74 miljoen.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê Malherbe het glo sy eiendomsontwikkelingsmaatskappy gebruik om niksvermoedende kliënte om die bos te lei deur hulle te oortuig om geld in sy maatskappy te belê en vir hulle maandelikse opbrengste te belowe.

Malherbe het glo sowat 263 beleggers reg oor Suid-Afrika in dié wip gevang. Feni het gesê hy het aan hulle vertel hulle sou aandele in die vorm van eiendomsontwikkelings ontvang. “Hy het na bewering nie al hierdie eiendomme besit nie,” het Feni gesê.

Volgens Feni is die kwessie by die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in Port Elizabeth aangemeld. “[Malherbe] is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy homself aan die Valke oorgegee het,” het Feni gesê.

Malherbe is op ʼn waarskuwing vrygelaat en moet op 11 Oktober weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sakkie ·

Dat hy vervolg word is reg. Wanneer sal mense egter leer om nie hul hard verdiende geld aan sogenaamde rykdomskeppers toe te vertrou nie. Bly by erkende mpye wanneer jy geld gaan belê en wees tevrede met markopbrengste.

Piep Pompies ·

Bloot gierigheid aan die albei kante, beleggers wat ten spyte van hul ervaring dink daar bestaan hoë rente in beleggings. Dan die king pin, gewoonlik iemand wat nooit die verantwoordelikheid van verkeerde optrede sederd sy kinderjare aanvaar het nie, wat met sy seepgesmeerde mond skuim praat wat na die eerste was vedwyn.

Siemsallabiem ·

Wanneer gaan MM ‘n bietjie ondersoek instel na die “FlyE-card” wat nou so wyd en syd “verkoop” word? Dis weer een van daai……jy betaal niks, as jy vier mense kry, wat elkeen vier mense kry, wat elkeen vier mense kry, wat elkeen vier mense kry om die kaar te “koop”!! By navraag is die “verduideliking” as volg: Hierdie is NIE ‘n piramide skema nie, dit is ‘n onderstebo Y, en NIEMAND word verplig om ander mense te betrek nie……daar word maar net ‘n insentief voorsien AS jy vier ander persone wil oorreed. Nadat jy die kaart gekoop het, betaal jy blykbaar ‘n maandelikse bedrag, wat dan omskep word in “afslag op “dreamtrip” vakansies”…….maar jy moet maar self sien daar kom as jou vakansie geboek is. As jy 50% afslag kry op ‘n vakansie in Miami Florida, is die vliegtuigkaartjies nog steeds R34 000,00 retoer vir twee mense…..Ek hoop die mense slaap wakker!!!

neels ·

Ek stem saam net gierigheid, daar is nie so iets soos vinnige geld maak nie. Nou lees ek hy is op waarskuwing vry gelaat, so hulle het nog nie n waterdigte saak teen hom nie en vra ook nie sy paspoort nie. Sodoende gaan hy seker ook verdwyn met R74 miljoen wat seker klaar in die buiteland bele is .

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoe kry ENIGEEN dit reg om met so ‘n hoe bedrag te kan bedrog pleeg? Dit kan tog nie dom mense wees nie want watter dom mens kry dit reg om sulke hoe bedrae te kan opbou en spaar sodat hy dit willens en wetens net aan iemand kan gee om te kan bele?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.