ʼn 55-jarige sakeman is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo amptenare van City Power omkoopgeld aangebied het om nie die kragtoevoer na sy sakeonderneming af te sny nie. Die man skuld die kragvoorsiener glo nagenoeg R3,4 miljoen. Dié bedrag is vir uitstaande skuld van die afgelope drie jaar.
“Dit is nie duidelik hoe lank die man sy paneelklopperonderneming in Roodepoort bedryf het sonder om vir elektrisiteit te betaal nie,” sê Isaac Mangena, woordvoerder van City Power.
Die sakeman het glo elektrisiteit onwettig bekom om sy onderneming te bedryf.
“Die man het probeer om met City Power-amptenare te onderhandel om toegeeflik teenoor hom te wees. Hy het elk van die twee amptenare R10 000 aangebied, asook R5 000 aan die senior tegnikus wat die krag sou afsny.”
ʼn Spesiale operasie is van stapel gestuur en die man is in hegtenis geneem nadat hy die amptenare glo R10 000 betaal het. Hy het glo ook onderneem om die balans later die dag te betaal.
“Sy inhegtenisneming moet as ʼn waarskuwing dien vir ander om nie amptenare om te koop nie en eerder hul kragrekeninge te betaal.”
Volgens Mpho Moerane, die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir omgewing en infrastruktuur, kon hierdie man bekostig om sy kragrekening te betaal.
“Hy is nie behoeftig nie. Hy verdien genoeg geld uit sy onderneming en hy huur nog boonop 48 kamers teen R2 000 per kamer uit,” sê Moerane.
Die man is deur lede van die Valke na die Roodepoort-polisiestasie geneem. Hy word van korrupsie en omkopery aangekla.
Goed so – hoop sy straf gaan hard wees. Regtig genoeg gehad van die klomp skelms.
Hy kry genoeg geld.Wanneer is genoeg ,genoeg.
Name and shame.
Mense met geld, lewe te hoog… Hoop die sleutel van sy sel word weggegooi…
Hoekom het city power 3 jaar gewag voor hulle opgetreë het.Hoeveel inwoners betaal nie hulle krag nie.Hoe het hy elektrisiteit onwettig bekom.Ag Maryna as hulle nou die selsleutel wggooi hoe gaan die ander “inwoners” kos kry.Dink tog voor jy praat.
Kan nie sien wat het kos te doen met sy sel sleutel nie…..
Net eenvoudig gierigheid. Laat hom les opse.
Dit is juis die rykes wat probeer voordeel trek ten koste van ander. Hoeveel rykes wat skoolgeld kan betaal trek voordeel uit die staatskis? Baie van hulle is so suinig wie hul werknemers n belaglike salaris betaal terwyl hulle swem in die geld. Dit is tyd dat die belasting stelsel hersien word, die ANC wil dit nie doen onrede hulle eie mense nou “ryk” is as gevolg van korrupsie, maar dit gaan gebeur, binnekort!