Sakeman vas wat fonds glo uit miljoene bedrieg

ʼn Sakeman verskyn Donderdag in die Pretoriase handelshof op aanklagte van bedrog, geldwassery en korrupsie van meer as R52 miljoen.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die geld was bestem vir die Nasionale Fonds vir Munisipale Werkers (NFMW) in die Tshwane-metroraad.

“Die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits wat in die Tshwane-metroraad ontplooi is, het Woensdag ʼn spesiale operasie uitgevoer en die verdagte in hegtenis geneem nadat hy na bewering op 30 Augustus die geld uit die Tshwane-metroraad se bankrekening gesteel het,” het Mulaudzi gesê.

“Die span het onverpoosd gewerk nadat hulle die saak op 3 September ontvang het en verlede maand is deursoek-en-beslagleggingsoperasies op die verdagte se sakeperseel en huis gedoen. Daar is op verskeie rekenaars, selfone en debietkaarte beslag gelê. Die items bevat oorweldigende bewyse wat daarop dui dat die verdagte deel was van ʼn groot misdaadsindikaat wat nasionaal en internasionaal bedrywig is.”

Mulaudzi het gesê die ondersoek het gewys die geld is glo deur verskeie ondernemings en bankrekeninge van familielede van die verdagte gestuur. Die verskillende rekeninge word in Suid-Afrika en die buiteland gehou.

Die Valke het reeds beslag gelê op, of geld in verskeie rekeninge laat bevries.

“Meer inhegtenisnemings gaan volg soos die ondersoekspan met sy werk vorder.”

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die inhegtenisneming verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Neels ·

Foxy dit is n nasionale beroepssport wat ontwikkel en verbeter is deur die koruptenaare wat in beheer is van die land se ekonomie

Diefie ·

Foxi dit is ‘n heerlike beroep. As die ou tronkstraf kry, kan hy maar weet, volgende Kersfees kry hy ‘n groot present van die president. Hy kan maar huis toe gaan. Dan kan hy ‘n besigheid begin met die naam: Take all.

Arak ·

Dankbaar vir die arrestasie, mag reg en geregtigheid nou seëvier in die howe…

Anneke ·

En dan wonder ons hoekom ons aftree gelde nie groei na wense nie?

MarieM ·

Stem 100% saam, want die geld kan nie oorbetaal word aan die NFMW

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.