Sakeman verdwyn in raaiselagtige omstandighede

Leon Serfontein

Leon Serfontein. Foto: Verskaf

ʼn Soektog is van stapel gestuur na Leon Serfontein (30), eienaar van ʼn tuinontwerp-onderneming in Pretoria, wat Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede verdwyn het.

Daniel du Bruyn (24), Serfontein se vriend, het Donderdag aan Maroela Media gesê Serfontein is Dinsdag die laaste keer om 09:00 by ʼn kitsbank by Moreleta Plaza in die ooste van Pretoria gesien.

“Ons woon binne loopafstand van die winkelsentrum af. Ek het die oggend 08:41 die laaste keer met hom telefonies gepraat voordat hy na die sentrum gestap het om geld te onttrek om lone te betaal,” het Du Bruyn gesê.

Du Bruyn het gesê volgens hul bankstaat is die laaste onttrekking omstreeks 09:00 gedoen. “ʼn Veiligheidsbeampte by die bank het bevestig dat hy Leon gesien het en dat hy daar geld getrek het voordat hy te voet weg is.”

Volgens kringtelevisiebeeldmateriaal wil dit voorkom of twee mans hom daarna agtervolg het. Serfontein het geeneen van hul twee motors se sleutels by hom gehad nie, net sy beursie en twee selfone. Die selfone is afgeskakel.

Du Bruyn het ʼn vermistepersone-saak by die Garsfontein-polisie aanhangig gemaak.

Serfontein het ʼn grys T-hemp, pers broek, en oranje Nike-tekkies aangehad toe hy die laaste keer gesien is.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat van Serfontein wyd op sosiale media te deel met die hoop dat iemand hom sal opspoor.

Mense wat hom gewaar of weet waar hy hom bevind, word versoek om die Garsfontein-polisie by 012 470 4200 of 082 778 9424 te bel, of die Pink Ladies by 072 214 7439.

Lees die opvolgberigPolisie las soektog af na vermiste Pta-man

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

DPJ ·

Omdat 2 mense hom gevolg het van diet OTM af. Is die moonlukheid sterk dat hulle hom gekaap het en beroof het. Skelms hou mense wat groot bedrae trek baie fyn dop. Dit is altyd beter om te minste 2 te wees as daar groot bedrae getrek word. Een moet dan die omgewing baie fyn dop hou vir moontlike skelems.

m ·

Ai dit klink nie goed as hy nou weer agtervolg is nie. Ek hoop regtig hierdie storie gaan ‘n gelukkige einde he. mens moet ma baie versigtig wees met geld trek want daar is altyd aasvoels wat loer by hierdie tellers. Sterkte aan sy familie want hierdie onsekerheid is nie lekker nie.

Theresa B ·

Jy moenie lone trek by ‘n OTM nie. Almal weet wanneer dit lone tyd is en daar word baie onder mekaar gepraat. Hierdie spul weet wie trek wanneer waar lone. Besighede moet op ander wyses met lone te werk gaan. Ek hoop en bid hy is veilig.

Le Roux Strydom ·

Ek stem saam , ek hoop werklik hy is veilig ,waneer gaan die mense besef dat jy die heletyd paraat moet wees , hoeveel keer moet mense gewaarsku word oor die gevaar van OTM’s en waarom lone trek by ‘n OTM en dit nog alleen ook, slaan my werklik dronk!

Hannelie ·

Ek stem saam jou Theresa B. Mens moet eerder nie lone trek by ‘n OTM ne. Tensy die otm binne ‘n winkelsentrum is. Bly maar gevaarlik, die skelms het nie net 2 oë nie, hul oë sit orals van skelmgeid. Ek bid dat hy ongedeerd gekry word.

Mercy ·

Ek verstaan nie hoekom die polisie nie dadelik n interduk kry om toegang tot sy selfoon te kry nie. Daar is ten-to-one reeds n simswop gedoen wat hulle kan trace en die toring optel van waar af die sein kom. Ons land het die tegnologie en kennis om misdaad baie vinnig op te los, maar dit word nie gedoen nie. 3 dae weg … my logika se vir my iets.

ekke ·

Ek het nie ‘n goeie gevoel hieroor nie. Dink aan sy mense.

ekke ·

Het nie ‘n goeie gevoel hieroor nie. Sterkte aan sy mense.

Theresa ·

As Leon se familie en vriende ons kommentaar lees, weet asb dat ons regtig baie aan jul dink en bid vir sy veilige terugkom. Ons omgewing het vreeslik “verswak” deur rondsitters, rondlopers en onwettige gras en bosbewoners wat net uitgelos word om die plek iets haagliks te maak. Dis nie eers meer lekker om hier te bly nie. Vuil straathoeke, Nie net meer ons ordentlike winkels nie, maar hordes informele verkopers wat ook deel het in misdaad aanmoediging. Ek wil juis ook weet wie kan mens kontak om die swart dame wat haar kinders (seker so 5 en dalk 7j oud) gebruik op die robothoeke by Checkers en Spar om grasbesems te verkoop, aan te spreek oor kinderarbeid. Of kyk mens net anderpad??
Hoop ons word gereeld op datum gebring met die soeke na Leon.

charmaine ·

As jy n besigheid het waar jy lone trek, hoekom by die kitsbank?
Hoekom nie binne n bank gaan om lone te trek nie? My kommentaar sal seker gelees word as negatief, maar ietsie is nie lekker hier nie. Hoekom het die vriend nie saam geloop nie?

Elmarie ·

Soms trek ek ook ons lone by die kitsbank, net omdat die bankostes baie laer is as om die lone oor die toonbank te gaan trek, veral as jy ‘n besigheidsrekening het, die bankkostes op ‘n besigheidsrekening is baie hoog. Die beste is maar om eft betalings te maak, maar ja, ongelukkig het nie al die werkers altyd bankrekenings nie. Sterkte

Yvonne ·

Ai, Charmaine! Kan jy nie maar net die bespiegelings vir die Polisie los nie? En het dit nog nie by jou opgekom dat sy familie dalk jou kommentaar lees nie? Dink jy nie dit gaan baie seermaak nie?

tania ·

So jammer dat so iets moes gebeur, maar ek bid die gesin sterte toe en God se hand oor daardie jong man sodat hy ongedeerd huis toe sal kom.

Karen ·

NIEMAND kan meer verskoning gebruik dat nie n rekeing het nie. Cash send sy lone vir hom/haar via sel, Spar, Checkers, Shoprite, Pep ens. Geen harde kontant op jou nodig nie, net n ref nommer vir die een wat geld moet kry gee en waarna toe hy moet gaan om dit te kry. En die wat sê dis veilig om binne bank te trek, wees gewaarsku…my oom het ook sy lone binne die bank getrek en was agtervolg van binne die bank af tot by sy huis waar hulle hom, vrou en kinders vas gebind het en mishandel het. Toe hy klag by bank gaan maak het, het hulle die teller net na n ander tak geskuif….fishy much? Sterkte aan die familie. Bid en glo dat hy veilig is

Louise ·

Mag ons eerder LEWE spreek. Mag die jongman ongedeërd gevind word, soos Daniël in Leeukuil gevind is. Against all odds. Mag almal na aan hom nie moed opgee. Sterkte!

Charne ·

Dit is onwettig om lone kontant te betaal. Belasting en UIF moet afgetrek word.

Thelsa ·

Mense – Ek kan nie MEER beklemtoon dat lone nie kontant betaal moet word nie. Elektroniese transaksies bly goedkoper en veiliger. In die lig van die huidige toestand van ons gemeenskap moet werkgewers aandring dat werknemers rekeninge oopmaak voordat hulle in diens geneem word. Jou risiko iis baaaaaiiiieeee minder. Dan is jy ten misnte verseker dat die werknemer ge-RICA is ook en jy al die adresbesonderhede ook kan bekom.

m ·

Mens moet ma net begin paraat wees. As jy groot hoeveelhede geld moet trek doen dit binne in die bank en sorg dat jy nie alleen is nie. Daar is soveel mense wat rondsit en staan en jy kan ma niemand vertrou nie. Ek hoop regtig hierdie man word veilig gevind. Ons moet begin besef ons bly in ‘n misdaad nes…… Sterkte aan die familie in hierdie onsekere tyd.

Elaine van Tonder ·

Ons bly net om die hoek van waar Leon bly in Garsfontein. Die hele Garfsontein X10 behoort aan n Garscom Groep. Ons is op die uitkyk en is saam met sy familie ek glo en vertrou dat daar goeie nuus gaan wees met al ons gebede

lien ·

Mens kan en in my geval het dit n MOET geword dat elke werker, of hy tuin of huiswerker is “n poskantoor of spaarrekening oopmaak. Elkeen is gehelp met bystand om dit te gedoen het, so doen ek met “Internet-banking” almal se inbetalings en geen risiko van rowery n kwessie nie. Dis my mening en bydrae om dalk net nog n roof die hok te slaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.