Sakeman was alleen toe vliegtuig val

Jaco Jansen van Rensburg en sy vrou, Michelle. Foto: Facebook

Jaco Jansen van Rensburg en sy vrou, Michelle. Foto: Facebook

Die polisie in Limpopo het Donderdag bevestig dat Jaco Jansen van Rensburg die enigste insittende was in die ligte vliegtuig wat Woensdag in die Rooiberg-gebied buite Bela-Bela neergestort het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vliegtuig het op die Renosterkloof-plaas neergestort nadat dit 11:00 by die Zebula-wild-en-gholflandgoed opgestyg het. Die RV10-vliegtuig was onderweg na Vaalwater, maar het nooit daar opgedaag nie.

Ngoepe het gesê Jansen van Rensburg se familie het omstreeks 17:00 bekommerd begin raak toe daar geen teken van hom was nie en het die saak by die polisie aangemeld. “ʼn Soektog is van stapel gestuur en die wrak van die vliegtuig met sy [Jansen van Rensburg se] liggaam daarin is op die plaas gevind,” het hy gesê “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.”

Daar was vroeër Donderdagoggend aanvanklik verwarring of Jansen van Rensburg wel ʼn passasier saam met hom gehad het of nie. Jansen van Rensburg was ʼn sakeman wat ook op die Zebula-landgoed gewoon het.

Die ongeluk word deur die polisie en die burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Nadat die nuus van Jansen van Rensburg se dood Donderdag bekend geword het, is verskeie huldeblyke aan hom op sosiale media gedeel. Jansen van Rensburg is beskryf as ʼn wonderlike pa, ʼn goeie vriend en iemand wat altyd bereid was om ander te ondersteun.

Hy laat sy vrou, Michelle, en drie kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ramon ·

Geagte maroela media.
Julle berig lees dat Van Rensburg in n helikopter geval het en dan n vliegtiug.
Kom ek help.Dis n vliegtiug RV10 en nie n helikopter nie

Mariné Lourens ·

Dagsê Ramon

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig soos vroeër ook berig is. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Hendrik ·

Was hy in n vliegtuig of helikopter verstaan nie die berig

Mariné Lourens ·

Dagsê Hendrik

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig soos vroeër ook berig is. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Marietjie ·

Was hy nou in ‘n helikopter of vliegtuig…berig verwarrend

Mariné Lourens ·

Dagsê Marietjie

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig soos vroeër ook berig is. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Anoniem ·

Hi Maroela

Ek is regtig nie n persoon wat foute uitwys nie, ek wil jul net inlig dat hy die enigste insittende was in dievliegtuig en nie in nhellikopter soos in berig staan nie. En laaste die wrak van vliegtuig nie hellikopter.Ek glo julle sal dit gou wysig en dan sommer my kommentaar afhaal.

Mariné Lourens ·

Dagsê Anoniem

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig soos vroeër ook berig is. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Raven ·

Lyk my daar is ook verwarring of dit ‘n helikopter of vliegtuig was?

Mariné Lourens ·

Dagsê Raven

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Mariné Lourens ·

Dagsê Annemie

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit was inderdaad ‘n ligte vliegtuig soos vroeër ook berig is. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Rocky Bell ·

Wat eintlik hier van belang is, is dat ‘n persoon sy lewe verloor het en nie of dit ‘n vliegtuig of helikopter was waarin hy sy lewe verloor het. Het self drie familielede en twee persoonlike vriende in vliegongelukke verloor. Bly maar altyd tragies.

Anoniem ·

Genade mense, maar jul is omtrent fout soekerig. Wat maak dit tog ook nou saak of dit ‘n vliegtuig of helikopter is. Dis dieselfde “poeding” net die sous verskil. Sjoe die mense het regtig niks beters om te doen as om te sit en kyk waar is ‘n ou foutjie of spelfoutjie ens. Dis hoekom ons land so in sy kanon in is.

Regtig Anoniem??? ·

Wil nou nie snaaks wees nie maar daar is ‘n REUSE verskil tussen ‘n helikopter en ‘n vliegtuig. En as jy enigsins belanggestel het in lugvaart sal jy nie graag so’n fout wou sien nie. EN ASB man, dit is ‘n MEDIAHUIS wat moet REG SPEL en REGTE BERIGGEWING doen, so ONS HET DIE REG OM TE KLA, as JY nie die verskil in ‘n helikopter en vliegtuig ken nie, stel ek voor JY weerhou jou van enige kommentaar. Ons land is JUIS in sy kanon OMDAT mense nie die verskil tussen REG en VERKEERD ken nie aka Helikopter en Vliegtuig. Want as jy bv ‘n vliegtuig vlieenier is kan jy NIE noodwendig ook ‘n HELIKOPTER vlieg nie, verstaan jy nou dat dit ‘n verskil maak hmmm?

Tiger ·

Dis irrelevant watse tipe vliegtuig die man mee verongeluk het.Ek en my man betuig ons innige simpatie met die oorledene se vrou,kindertjies en al sy ander familie en vriende .Mag ons Almagtige Vader jul vertroos en berusting bring in jul tyd van rou.Dis baie hartseer om van so tragedie te verneem.Ons voel saam met julle.

Dit is relevant ·

Nee dis nie irrelevant nie, want as hy ‘n vliegtuig vlieenier was, was hy nie noodwendig gemagtig om in ‘n helikopter te vlieg nie, so JA DIT MAAK SAAK!!

Nico ·

Die berigskrywers kan net deurgee wat hulle ontvang. Geen oneer aan die oorledene nie.

weesWys ·

Ai, twee sulke pragtige mense… Ons huil saam met jou en jul kinders, Michelle. Baie sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.