
Fatima Patel. Foto: Twitter
Die Nasionale Vervolgingsgesag het in die hof aangevoer dat daar in die geheim reisdokumente vir Patel gereël is om landuit te vlug en sy verhoor te ontduik.
Patel doen aansoek om op borgtog vrygelaat te word nadat hy glo sy vrou, Fatima, op 10 April in hul huis in Nirvana, Polokwane, doodgeskiet het.
Die hof het gehoor dat Patel familielede in Indië en Brittanje het. Hy het egter reeds sy paspoort by die polisie ingehandig. Landdros Mohamed Shaik moet nog uitspraak lewer op adv. Stephanie Fourie, namens Patel, se aansoek dat die klagstaat aan hulle oorhandig moet word om vir die borgaansoek en verhoor voor te berei.
Staatsaanklaer Mark von Dronik het gesê die staat staan die aansoek teen. Hy het aan die hof gesê intelligensiebeamptes het verneem dat reisdokumente vir Patel gereël word en dat hy landuit gaan vlug indien hy op borgtog vrygelaat word.
Shaik het die saak tot 12 Mei uitgestel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Borgaansoek??? Dis belaglik. Die man hoort agter tralies.
ek bly al my hele lewe in pburg (polokwane) het n voeltji gehoor dat hy n afair het
In vandag se tyd is :’n Trousertifikaat, gelyk aan ‘n doodsertifikaat!