Sakeman wat glo vrou vermoor het, ‘wil landuit vlug’

Fatima Patel. Foto: Twitter

Fatima Patel. Foto: Twitter

Die Polokwane-landdroshof het Donderdag gehoor dat Rameez Patel, wat aangekla word van die moord op sy vrou, glo landuit wil vlug.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het in die hof aangevoer dat daar in die geheim reisdokumente vir Patel gereël is om landuit te vlug en sy verhoor te ontduik.

Patel doen aansoek om op borgtog vrygelaat te word nadat hy glo sy vrou, Fatima, op 10 April in hul huis in Nirvana, Polokwane, doodgeskiet het.

Die hof het gehoor dat Patel familielede in Indië en Brittanje het. Hy het egter reeds sy paspoort by die polisie ingehandig. Landdros Mohamed Shaik moet nog uitspraak lewer op adv. Stephanie Fourie, namens Patel, se aansoek dat die klagstaat aan hulle oorhandig moet word om vir die borgaansoek en verhoor voor te berei.

Staatsaanklaer Mark von Dronik het gesê die staat staan die aansoek teen. Hy het aan die hof gesê intelligensiebeamptes het verneem dat reisdokumente vir Patel gereël word en dat hy landuit gaan vlug indien hy op borgtog vrygelaat word.

Shaik het die saak tot 12 Mei uitgestel.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

nig ·

Glo my, hy het sekerlik ander paspoorte – onde rmeer Indiese een. AS hy borg kry is hy WEG!

anon ·

ek bly al my hele lewe in pburg (polokwane) het n voeltji gehoor dat hy n afair het

Eish! ·

In vandag se tyd is :’n Trousertifikaat, gelyk aan ‘n doodsertifikaat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.