Sakeman wat glo vrou vermoor terug in hof

Fatima Patel. Foto: Twitter

Fatima Patel. Foto: Twitter

Rameez Patel (28), die sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou vermoor het, sal Maandag in die Polokwane-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Patel se vrou, Fatima (29), is op 10 April aangerand en doodgeskiet in die egpaar se huurwoonstel in Nirvana, Polokwane. Sy is met ʼn stomp voorwerp geslaan. Patel is ses dae later vir die moord in hegtenis geneem. Hy ontken dat hy enige aandeel in sy vrou se moord gehad het en het gesê sy is tydens ʼn huisbraak doodgemaak.

Patel het om borgtog aansoek gedoen en gesê hy is sielkundig en emosioneel deur sy vrou se dood geraak en wil graag sy kinders sien.

Tydens sy vorige borgtogverskyning verlede Woensdag is ʼn ter plaatse ondersoek by Patel se huis gedoen, glo om vas te stel of enigiemand met die perseel se hek gepeuter het om toegang te verkry.

Konst. David Nkuna, die ondersoekbeampte, het vroeër aan die hof gesê Patel het ná sy vrou se moord by sy oom se huis gaan bad en skoon klere aangetrek.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.