Sakeman wat glo vrou vermoor vas vir nóg ʼn moord

Rameex en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez Patel (28), die sakeman van Polokwane wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Fatima, in April vermoor het, is Vrydag weens nóg ʼn moordaanklag in hegtenis geneem.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Patel, wat tans uit is op borgtog van R250 000, is vroeër die dag by sy werkplek in hegtenis geneem weens die moord op Tony Adams van Westenburg in 2013.

“Daar word vermoed dat Adams destyds Patel se erf onwettig betree het. Adams is glo met ʼn hokkiestok doodgeslaan en sy liggaam is by die parkeerterrein van ʼn winkelsentrum gestort,” het Otto gesê.

Patel sal na verwagting Maandag weer in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Fatima is op 10 April aangerand en doodgeskiet in die egpaar se huurwoonstel in Nirvana, Polokwane. Sy is met ʼn stomp voorwerp geslaan. Patel is ses dae later vir die moord in hegtenis geneem. Hy ontken enige aandeel in sy vrou se moord en het gesê sy is tydens ʼn huisbraak doodgemaak.

Patel het om borgtog aansoek gedoen en gesê hy is sielkundig en emosioneel deur sy vrou se dood geraak en wil graag sy kinders sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

polokwane inwoner ·

nou toe nou se dit van dag nr 1 hy ok sy vrou vermoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.