Sakeman wat saak wou laat ‘verdwyn’ wéér vas

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Jong sakeman van Middelburg in Mpumalanga is weer in hegtenis geneem nadat hy ook verlede jaar in hegtenis geneem en op borgtog vrygelaat is.

Die 25-jarige man is Donderdag in hegtenis geneem op bewering dat hy gepoog het om ʼn senior polisiebeampte om te koop, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Hy sal na verwagting Vrydag in die Middelburg-landdroshof verskyn. Volgens Mulaudzi het die verdagte glo R50 000 betaal in ʼn poging om sy motor wat geskut is, terug te kry. Hy het toe glo ook ʼn verdere R70 000 betaal vir sy saak se dossier om te verdwyn.

“Prosedures is reeds aan die gang waarvolgens die verdagte die R120 000 en die luukse voertuig wat die hy tydens die beweerde misdaad gebruik het, sal verbeur.”

Die sakeman is aanvanklik in September verlede jaar in Nelspruit in hegtenis geneem waarna hy van bedrog, korrupsie en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen aangekla is. Hy is op borgtog van R200 000 vrygelaat.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof vir hul flink optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lollapot ·

Ek wonder wie hierdie ‘jong sakeman’ is, dat sy naam nie gepubliseer kan word nie?

Santjie ·

Met die borg bedrag sowel as die ander 2 bedrae is dit volgens my somme, ‘n redelike groot bedrag, wat ek eerder vir myself wou wou hou as om dit vir iemand anders te gee. Bly eerder eerlik en dan het jy nie nodig om jou “swaar” verdiende geld met vir iemand te gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.