Sakeman weer in hof ná moord op ma

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez Patel, wat aangekla word van die moord op sy ma, se borgtogaansoek gaan Woensdag in die Polokwane-landdroshof in Limpopo voort.

Patel het op 2 Oktober vlugtig in die hof verskyn voor die saak uitgestel is. Patel word reeds verhoor word vir die moord op sy vrou, Fatima (28), in 2015.

Hy is op 30 September in hegtenis geneem in verband met die moord op sy ma, Mahejeen Banu Patel (51), by haar huis in Polokwane verlede maand. Patel se ma was in haar huis in Nirvana toe ʼn gewapende verdagte op haar en haar huishulp losgebrand het.

Mahejeen is gewond en na ʼn hospitaal gehaas waar sy ʼn paar uur later gesterf het. Haar huishulp is ongedeerd. Niks is uit Mahejeen se huis geroof nie en die polisie het gesê die motief vir die aanval is onbekend.

Rameez ontken dat hy enige aandeel in sy vrou se moord gehad het en beweer sy is tydens ʼn huisbraak vermoor.

Rameez se pa, Feroz Patel (54), is in Augustus 2016 in die Ladine-nywerheidsgebied in Polokwane in sy motor doodgeskiet. Die polisie het destyds gesê Feroz is deur vier mans in ʼn grys Volkswagen agtervolg waarna ʼn jaagtog ontstaan het. Feroz het beheer oor sy motor verloor en teen ʼn heining gebots. Die verdagtes het uit hul motor gespring en hom doodgeskiet voordat hulle ʼn sak uit sy kattebak gehaal en verdwyn het. Niemand is nog in verband met dié moord in hegtenis geneem nie.

Lees alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ragel de Wet ·

Ja nee. Maak jou pa dood vir sy geld en kry niks. Nou is dit ma se beurt vir die geld wat jy gedink het jy gaan kry en nooit gekry het. NOU sal jy dit mos kry. O ja en as ‘n bonus maak my vrou dood vir so geldtjie om my deur te dra .

Ragel de Wet ·

Ag ek bedoel vrou se geld is uitgemors en toe moes hy pa se geld kry . Hy moet in aanhouding BLY.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.